|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Julie/Augustus 2021 Nuusbrief
|
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus Christus
|
2 Tim 4:3: "want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor."
|
Nadat ons verlede maand se nuusbrief uitgestuur het, het ons ontdek dat Facebook nie alleen ons advertensierekening gesluit het nie, maar ook al Projek KuberWêreld se webblaaie op Facebook Ad Manager geblokkeer het. Die gevolg was dat niemand ‘n PKW uitreikblad op Facebook kon 'boost' nie omdat Facebook alle advertensies wat skakel na ‘n PKW uitreikblad afgekeur het.
|
|
In Desember 2016 het ek 'n artikel geskryf met die titel, 'Die 10/41 Venster'. In die artikel het ek verduidelik dat die betekenis van die 1 in 41 'n tydsvenster is wat EEN geleentheid voorstel om die onbereikte wêreld met die Evangelie te bereik en het die artikel met die
volgende paragrafie afgesluit:
|
"... Ons het min, min tyd! Daar is 'n tydsvenster betrokke! Hierdie tydsperiode wat aan die Kerk gegee word om hierdie doel te bereik sal tot 'n einde kom wanneer die Antichris sy verskyning gaan maak en die deur vir
die Evangelie oor die digitale media gaan toeklap! ..."
Min het ek geweet dat die deure vir die Evangelie oor die digitale media so gou sou begin toegaan. Saam met ander digitale en sosiale media bedieninge ervaar ons dat die deure besig is om een na die ander toe te klap. Hier is 'n boodskap van Ds Chris Visser van Koninkryksfokus op Facebook, 25 Julie: "Maar weer vir gebed gevra... UITDAGING... Ons KoFie-project se Facebook advertensies is weer geblok. Lyk my die keer vir goed. Facebook wil nie verder daaroor korrespondeer nie.
Maar God maak altyd weer nuwe deure oop. Hy het nou al meer as 4 jaar dit laat werk. Wat is volgende?"
Die Here maak 'n ander deur oop!
|
Die Here het ‘n ander deur oopgemaak vir Projek KuberWêreld. Loof die Here! Baie dankie aan elkeen wat saamgebid het. Ons het ‘n nuwe PKW webblad gepubliseer wat (nog) nie deur FB geblokkeer is nie — prys die Here! Ons
het ook verlede maand ons 'Swerm-Tref-en-Trap' strategie bekendgestel wat ten doel het om sluiting van individuele advertensierekeninge deur Facebook te voorkom. (Ter wille van nuwe nuusbrieflesers herhaal ons die bekendstelling hieronder.)
|
Ons het ook die eerste resultate van ons nuwe ‘Swerm-Tref-en-Trap’ strategie ingekry vanuit Secunda. Danie Lourens het die ’Message Of Hope’ uitreikblad op FB 'geboost' na Ethiopië en 69,678 mense bereik met sy
advertensie oor vier dae, waarop daar 759 reaksies (“engagements”) was (dit is mense wat op die advertensie geklik of gereageer het op een of ander manier) — vir slegs R100! Met ander woorde, vir slegs R100 het hy 759 mense met die Evangelie van Jesus Christus bereik! Prys die Here! Wat 'n winsgewende belegging!
Daar is net een probleem — hy alleen kan nie die wêreld met die Evangelie bereik nie! Ons het ‘n Swerm nodig! Is jy al deel van die swerm?
| |
Dink net hoeveel mense jy met die Evangelie kan bereik met slegs R100 per maand — en die vreugde om deel te wees van ‘n Evangelie-uitreikprojek na die wêreld! Al wat jy nodig het is ’n
Facebookblad, ’n bankkaart en ‘n rapsie van jou vrye tyd. Dink net watter impak ons kan maak in die wêreld as 'n hele span van ons uitreik met die Evangelie.
|
Jaar Tot Datum Totale
Aantal persone bereik met advertensies: 3,776,946
Aantal persone bereik met die Evangelie ('engagements'): 195,008
Aantal soekendes wat meer as een keer terugkeer na die uitreikblad: 2,170
|
Ons stel bekend die 'Swerm-Tref-en-Trap' strategie!
Ter wille van nuwe intekenaars herhaal ons dele van verlede maand se nuusbrief waarin ons die Swerm-Tref-en-Trap strategie verduidelik het en die nuwe Projek KuberWêreld webblad bekend gestel het. Let ook asseblief daarop dat die skakels van die PKW webblad in verlede maand se nuusbrief nou verander het. U moet asseblief nie die vorige nuusbrief se
skakels gebruik om 'n skakelflits te deel of te 'boost' op Facebook nie. Facebook sal alle sodanige advertensies afkeur. Gebruik slegs die skakels in hierdie nuusbrief! Vir veligheid moet u sommer verlede maand se nuusbrief uitvee op u eposprogram.
|
Alleen sal ons dit nooit regkry om die wêreld te bereik met die Evangelie nie, maar as ons saamstaan en elkeen van ons een of twee andere mobiliseer om betrokke te raak, kan ons dit doen!
Sal u en u gemeente deel van die 'swerm' word om die wêreld met die Evangelie van Jesus Christus te help bereik?
| |
Die Tref-en-Trap-strategie
|
Die tweede been van ons strategie behels 'n 'Tref-en-Trap' strategie. Dit beteken eenvoudig dat in plaas daarvan dat
een persoon dieselfde ongeëvangeliseerde teikenveld aanmekaar teiken, 'n aantal persone verskillende teikenvelde periodiek teiken. Elke deelnemer se uitreikveldtog moet dus slegs 'n paar dae per maand loop met 'n klein begroting gelyk aan 'n paar brode en vissies. Dit sal die risiko van 'n vloedgolf negatiewe reaksies wat daartoe lei dat Facebook iemand se rekening sluit, verminder of uitskakel.
Die doeltreffendheid van ons strategie lê opgesluit in die swerm-strategie in teenstelling met 'n atoombom-strategie. Maar die Here gebruik nie 'drones' nie -- Hy gebruik Sy kinders. Daarom is dit so belangrik om elkeen se medewerking te verkry. Op die webblad wat ek hieronder
bekendstel, word in besonderhede verduidelik hoe elkeen betrokke kan word by wêrelduitreiking.
Ek het die afgelope aantal weke baie tyd spandeer om die Projek KuberWêreld webblad op te gradeer. Die webblad self dra die boodskap en visie van my hart die beste oor. Hieronder gaan ek die nuwe webblad met u deel. Besoek asseblief die skakels om die volledige boodskap te kry.
(Nota: Die WhatsApp knoppie op die deelknoppies op die webblaaie, lei deesdae na 'n bladsy
wat 'n nuwe WhatsApp toep op jou foon wil installeer. Om hierdie lastigheid te verhoed, kopiëer slegs die skakel van die webblad wat jy wil deel en plak dit in jou WhatsApp boodskap.)
(Nota: Om al ons webtuistes, uitreikblaaie en artikels op datum te hou is 'n uitdagende en aaneenlopende taak. Daar is verskillende webblaaie met inligting wat skakel na mekaar. As u op 'n fout of gebroke, of verkeerde skakel afkom, vra ek by voorbaat
verskoning. Ek probeer my bes om by te bly. Ek sal dit waardeer as u my sal in kennis stel van enige foute wat u opmerk.)
|
|
Projek KuberWêreld
Wêreldwye Digitale Media Evangelie Bediening
Ons het 'n Visie
Ons het 'n Boodskap
Ons het 'n Plan
Sal jy ons asseblief help om hierdie boodskap bekend te maak en hierdie bladsy op jou sosiale media deel. Dit is so maklik soos die druk van 'n knoppie.
|
|
Die Visie
Elke Christen 'n wêreldsendeling
Ons glo dat die digitale eeu, en in besonder die tyd waarin ons tans leef, deur God bestem is om Sy Kerk se afspraak met die nasies te volbring en dat Hy elke gemeente en Christen oproep tot wêreldbetrokkenheid!
|
|
Die Boodskap:
Vyf lewensveranderende Groot-Opdrag-Stellings wat elke Christen moet hoor.
Hier is die eerste een:
1. Jesus Christus roep die Kerk en elke Christen tot betrokkenheid by die voltooiïng van Sy Groot Opdrag — en as jy en jou gemeente nie is nie, is julle nog buite God se volledige wil en plan!
|
|
Herlewing - Die Vermiste Skakel
Waarom kom daar nie herlewing in ons gemeente nie -- al bid ons daarvoor en preek ons daaroor? Wat het Jesus Christus se Groot Opdrag en herlewing met mekaar te doen? Is dit die beginpunt, die resultaat, of albei?
Waarom moet elke gemeente betrokke wees om die Evangelie na elke volk, stam en taal te help neem?
|
|
Vyftien artikels oor die plek en prioriteit van die voltooiïng van Jesus Christus se Groot Opdrag in die lewe van elke Christen en
gemeente, wat leraars kan gebruik in hulle prediking. Hier is een:
deur Dr Oswald Smith
|
|
Die Plan
Word 'n digitale wêreldsendeling wat help om die hele wêreld met die Evangelie te bereik -- met 'n skrapsie van jou tyd, die druk van 'n paar knoppies, en die koste van 'n paar brode en vissies!
Op hierdie bladsy wys ons vir jou stap vir stap hoe jy kan uitreik met die Evangelie na die mins-geëvangeliseerde wêreld deur advertensies op Facebook te plaas.
Registreer op hierdie bladsy as 'n Projek KuberWêreld wêreldsendeling!
|
|
Die Appél en Geloofstap
Sal jy jou jouself tot die Here se beskikking stel om die wêreld te help bereik met die Evangelie? Sal jy aansluit by die 'swerm'? Sal jy die pad saam met Projek
KuberWêreld stap op een of meer van die volgende maniere?
Gebedsondersteuning
Finansiële Ondersteuning
Word 'n PKW Wêreldsendeling
Help met mobilisering van andere
|
Jy kan ook in Afrikaans uitreik na jou eie omgewing en op jou sosiale media
Die Projek KuberWêreld webblad het ook 'n Afrikaanse Uitreikplatform. Gemeentes en individue kan met behulp van die Projek KuberWêreld webblad ook uitreik na hulle plaaslike omgewing en arbeidsveld. Gaan loer gerus bietjie op hierdie
bladsy.
|
Baie dankie!
Hierdie bediening is afhanklik van die vrywillige finansiële ondersteuning van gemeentes en kinders van die Here wat ons visie deel. Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën!
Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|