|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Augustus/September 2021 Nuusbrief
|
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus Christus
|
Wie Moet Nog Hoor?
Mat 24:14: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom."
|
Ons loof en prys die Here vir elke stappie vorentoe, al het daar nog nie 'n deurbraak gekom nie. Gedurende Augustus het Danie Lourens ‘n Afrikaanse PKW uitreikblad met goeie resultate ‘geboost’ op Facebook. Sy advertensie is deur 6,229 persone gesien, terwyl daar 222 reaksies was — teen ‘n koste van
slegs R100. Dit bewys net weer die potensiaal van Projek KuberWêreld se digitale uitreikprogram op Facebook — plaaslik, sowel as wêreldwyd.
Facebook is egter alweer op ons spoor! Hulle het alweer ‘bloed’ geruik. Hulle is daarop uit om Projek KuberWêreld se Evangeliese uitreiking op
Facebook te stop. Toe Danie die ‘Help Me Find God’ uitreikblad wou 'boost', wou Facebook egter nie sy advertensie goedkeur nie. Nadat hulle my advertensierekening gesluit het, vermoed hulle nou dat ek ‘n nuwe Facebookblad onder ‘n vals naam (Danie se naam) oopgemaak het. Daarom is dit van kardinale belang dat ons ‘n span het wat uitreik. Daarom het ons die Swerm-Tref-en-Trap (STeT)
strategie ingestel wat dit baie moeiliker vir Facebook sal maak om ons uitreiking te stop.
Alhoewel daar heelwat besoekers op die PKW webblad was, het niemand anders egter nog aangemeld om deel te neem nie. Tensy ‘n aantal (10 of meer)
persone wat op Facebook is, aanmeld om deel te neem aan Projek KuberWêreld se STeT veldtog, sal Facebook ons advertensies bly blokkeer.
|
Wat is die alternatief?
Daar is baie ander sosiale media platforms, maar ons sal baie meer fondse nodig hê om dieselfde resultate op ander platforms te bereik. Facebook is
die grootste sosiale media platform in die wêreld met 2.74 biljoen aktiewe gebruikers, en daarom kan ons die hele wêreld (met uitsondering van China en ‘n paar ander lande) op hierdie een platform met 'n relatiewe klein begroting bereik. Alhoewel YouTube met 2.291 biljoen aktiewe gebruikers, baie naby aan Facebook kom, is YouTube minder effektief om die mins-geëvangeliseerde wêreld te bereik omdat hy fokus op 'n gesofistikeerde mark met baie data tot hulle beskikking.
Hieronder is 'n grafiek deur Statcounter, wat die statistieke aandui wat deur hulle op platforms getel word. Volgens Statcounter kom 74% van die
statistieke van Facebook, teenoor slegs 8% van Twitter en 4% van YouTube. (Terloops, hierdie statistieke verskil heeltemal van die aantal gebruikers per sosiale media. Dit dui die aksies aan wanneer iemand op 'n skakel klik wat vanaf die gemelde sosiale media platforms gevolg
is.)
Wat is dan die alternatief? Die alternatief is om addisionele finansiële ondersteuners te mobiliseer en van 'n verskeidenheid platforms gebruik te maak. Die vraag is nou, wat is die maklikste? Om 10 of meer STeT deelnemers, of baie meer finansiële ondersteuners te mobiliseer? Ek het gedink dat kinders van die Here wat op
Facebook is opgewonde sou wees en die geleentheid met albei hande sou aangryp om self ‘n digitale uitreikveldtog na die mins-geëvangeliseerde wêreld te loots, maar lyk my ek was verkeerd.
Ons stryd is nie ‘n menslike nie
Terwyl ek hieroor met die Here praat, besef ek skielik dat ek besig is om die stryd op ‘n menslike vlak te stry. Ek besef net weer opnuut dat ons stryd nie ‘n menslike is nie, maar ‘n geestelike stryd. (Ef 6.) Hierdie oorlog sal slegs in gebed gewen word.
Daarom, wat ek van jou vra is om saam met ons die Here se genadetroon vas te gryp vir ‘n deurbraak van die Heilige Gees! Sal jy asseblief saam met ons bid vir ‘n deurbraak van die Heilige Gees.— nie slegs in Projek KuberWêreld se bediening nie, maar in ons almal se lewens en bedieninge, insluitende die Kerk van Jesus Christus in die mins-geëvangeliseerde wêreld.
Bid asseblief vir die Afghaanse Christene
|
|
Soos almal reeds weet, was Afganistan voorbladnuus die afgelope paar weke. Amerika het op 31 Augustus die laaste vlug uit Kabul onderneem terwyl
daar Afghaanse Christene agtergebly het wat die dood in die gesig staar.
Oor die afgelope bykans tien jaar van Projek KuberWêreld se bediening was Afghanistan een van ons vrugbaarste uitreikvelde. Daar sal eendag in die
hemel baie Afghaners wees wat met Jesus Christus kennis gemaak het op ‘n PKW uitreikwebblad – waarvan sommige waarskynlik reeds met hulle lewens geboet het.
|
Hieronder is twee getuienisse wat ons in die verlede vanuit Afghanistan ontvang het en wat op een van ons webblaaie gepubliseer is. Elke keer
wanneer mens dit lees belas dit jou om vir die Christene daar te bid:
‘Mohammad A’ is a young man from Afghanistan. The only way he could be reached with the Gospel of Jesus, was through the internet. He came from
Islam to faith in Jesus Christ as his Saviour on the help-me-find-god website. (Wat sedertdien deur Facebook geblokkeer is.) ... Mohammad wrote to us as follows: "I got nothing (nobody) left with me. I can't even share the message of Jesus Christ with my family. My love for Jesus will kill me by my own people. They don't trust on Jesus like me. If I get exposed it will be the end of my life. So now you should
think about me how I can keep Bible with myself.”
‘Abel B’, also from Afghanistan wrote as follows: “Dear sir ... you know I am alone here in my counrty, with no church or christain people. If
you help me out to introduce me to the church or people that will be kind of you, so that I can support my spirit. ...”
Afghanistan – ons grootste teenstander
Afghanistan is ook die land vanwaar Projek KuberWêreld die meeste teenstand gekry het oor die jare. Ons het rede om te vermoed dat die Islamitiese ekstremiste van die Taliban die bron van die aggressiewe veldtog teen ons uitreikblaaie was wat daartoe gelei het dat Facebook aanvanklik ons webblaaie geblokkeer en later ons advertensierekening gesluit
het.
|
Baie dankie!
Hierdie bediening is afhanklik van die vrywillige finansiële ondersteuning van gemeentes en kinders van die Here wat ons visie deel. Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën!
Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
Projek KuberWêreld Wêreldwye Digitale Media Evangelie Bediening
Ons het 'n Visie
Ons het 'n Boodskap
Ons het 'n Plan
|
|
|