Beste
Ek vra om verskoning dat die nuusbrief wat Vrydag uitgestuur is 'n verkeerde skakel op die 'Finding Purpose And Meaning' advertensie hieronder bevat het. Dit is reggestel in hierdie epos.
|
|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
April/Mei 2021 Nuusbrief
|
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus Christus
|
Mat 24:9-14: "Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. ... En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n
getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom."
|
Aan die Here al die eer vir die resultate van die April-uitreik
|
April 2021 se resultate lyk soos volg:
- 1,506,679 Persone is deur Facebook getel wat hierdie maand deur ons advertensies bereik is.
- 54,051 Interaksies is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies.
- 38,307 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie.
|
2021 Jaar tot datum lyk die prentjie soos volg:
- 3,707,268 Persone is deur Facebook getel wat jaar tot datum deur ons advertensies bereik is.
- 194,249 Interaksies is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies.
- 120,017 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie.
|
Die volgende lande is hierdie afgelope maand deur ons advertensies geteiken: Verenigde Arabiese Emiritate, Afghanistan, Azerbaijan, Bangladesh, Bhutan, Algerië, Egipte, Indonesië, Indië, Irak, Jordanië, Kambodja, Laos, Libië, Morokko, Myanmar, Maleisië, Nigerië, Nepal, Oman, Philippyne, Pakistan, Saudi Arabië, Thailand, Tunisië, Turkye, Viëtnam en Jemen.
Die vyf lande vanwaar ons die meeste reaksies gekry het was: Bangladesh, Indië, Pakistan, Nigerië en Nepal.
Facebook deaktiveer ons advertensie-rekening
|
Vir meer as 'n jaar en 'n half het ons wonderlike resultate op Facebook beleef sonder dat ons webblaaie geblokkeer word. Ek het gedink dit is te goed om waar te wees. (Dit is nie 'n ongelowige
uitspraak nie -- slegs 'n uitspraak van bewondering vir dit wat die Here gedoen het.) Gedurende 2018/2019 het Facebook ons webblaaie gereeld geblokkeer wat groot ontwrigting in Projek KuberWêreld se bediening tot gevolg gehad het. Ek skryf die deurbraak wat ons beleef het die afgelope tyd hoofsaaklik toe aan die gebedsondersteuning van ons gebedsvriende. Weereens wil ek vir elkeen dankie sê wat vir ons bid en ondersteun, en u aanmoedig om daarin te volhard.
Nou het dit weer gebeur -- Facebook het ons advertensie-rekening gedeaktiveer op 27 April. Hulle sê dat een of meer van ons advertensies nie aan hulle beleid en standaard voldoen nie. Ek het onmiddellik teen hierdie besluit geappelleer, maar sonder sukses. Hulle hou voet by stuk dat ons advertensies hulle standaarde oortree. Hulle verduidelik egter gladnie
hoe en watter advertensies nie aan hulle beleid en standaard voldoen nie. Big Brother het gepraat en dis klaar. Ek het 'n sterk vermoede dat dit nie die advertensies is wat die probleem is nie, maar die Evangelieboodskap op ons uitreikblaaie. Aangesien hulle klaarblyklik nou nie sommer meer 'n webblad blokkeer nie, kry die advertensies die skuld.
Die foto hiernaas is die advertensie wat ons die afgelope paar maande met groot sukses gebruik het. Hieronder is die uitreikwebblad waarheen die advertensie skakel. Dit is my vermoede dat, soos
die vorige keer toe FB ons webblaaie geblokkeer het, hulle optrede gemotiveer word deur persone in die Moslem en Hindoe wêreld wat ons advertensies en webblaaie kritiseer en verkla as dat dit 'aanstootlike' inhoud sou bevat.
Ek vra asseblief u voorbidding vir ons beplanning en die Here se leiding vir die pad vorentoe. Ons glo dat waar die sielevyand 'n deur toemaak, die Here 'n ander deur sal oopmaak totdat die laaste deur toeklap en Jesus Christus terug kom. Jesus het immers aan die gemeente van Filadelfía gesê: "Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid
het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie ..." (Op 3:7) Ons vertel verder in volgende maand se nuusbrief.
Is die deure vir die Evangelie besig om toe te gaan?
Die volgende opskrifte in Christelike media hierdie jaar (wat maar 4 maande oud is) versterk hierdie gevoel:
Vriende, die uurglas vir die uitdra van die Evangelie is besig om leeg te loop. Die tydperk wat aan die Kerk gegun word om die Evangelie die hele wêreld in te dra sal weldra verstreke wees en wie weet hoeveel tyd ons nog het voor die deur vir die Evangelie oor die digitale media finaal toeklap? Die verkondiging van die Evangelie oor die digitale media word reeds toenemend as haatspraak
gebrandmerk. Die opkoms van die 'Cancel Culture' en 'Woke'
bewegings wat besig is om wêreldwyd soos 'n veldbrand te versprei, verskaf verdere momentum aan die gees van onverdraagsaamheid teenoor die Evangelie.
Baie dankie!
Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek
KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie vir elkeen wat betrokke is in gebedsondersteuning. Baie dankie aan elkeen wat finansieel betrokke is. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae
wil maak, kan u die bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|