|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Junie/Julie 2021 Nuusbrief
|
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus Christus
|
Op 7:9: "Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies
en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande" (Beklemtoning my eie)
|
Ons dank die Here vir antwoord op gebed: ons stel bekend die 'Swerm Tref-en-Trap' strategie!
|
Ons advertensies het 3.7 miljoen persone in die ongeëvangeliseerde wêreld bereik
gedurende die eerste vier maande van hierdie jaar voor Facebook ons advertensierekening gesluit het. Kan ons die Here vertrou om dit te verdubbel voor die einde van jaar met 'n geslote advertensierekening?
Sedertdien het ons dringend die Here se leiding vir die pad vorentoe gesoek. Baie dankie aan elkeen wat saamgebid het. Met hierdie nuusbrief wil ek dan graag ons nuwe 'Swerm Tref-en-Trap' strategie bekendstel. Die Swerm-strategie behels dat in plaas van een sentrale advertensierekening (wat deur Facebook gesluit is), ons 'n hele swerm klein advertensierekeninge gebruik om die onbereikte wêreld te teiken. Dit impliseer natuurlik dat ons 'n 'swerm'
Christene moet mobiliseer om betrokke te raak. Dit is my gebed dat die Here elkeen wat hierdie epos lees, se hart sal aanraak om betrokke te raak.
"Slegs 10% van kerklidmate deel die Evangelie van Jesus Christus"
Ek het onlangs gelees dat iemand die bostaande stelling maak. Dit is ons oortuiging dat dit die Here se wil is dat ELKE kind van die Here op een of ander manier moet betrokke wees by die uitdra van die Evangelie, nie alleen in my eie omgewing nie maar tot aan die uiteindes van die
aarde. Dit is nie die taak van slegs 'n paar voltydse geroepenes of sendingaksies nie.
Die dinamika van hierdie visie is dat die digitale tegnologie dit vir elke Christen moontlik maak. Ons glo dat die digitale eeu, en in besonder die tyd waarin
ons tans leef, deur God bestem is om Sy Kerk se afspraak met die nasies te volbring en dat Hy elke gemeente en Christen oproep tot betrokkenheid! As jy ('n kind van die Here is en) 'n selfoon en internetsein het, is jy deel van God se wêreldsendingplan. Ek glo dat dit deel van die Here se
roeping vir Projek KuberWêreld is om hierdie visie oor te dra aan die Kerk van Jesus Christus. Die Here het hierdie doelwit weer opnuut op my hart kom druk en ek wil graag dit wat die Here aan my openbaar het met u deel.
|
Alleen sal ons dit nooit regkry om die Kerk van Jesus Christus te mobiliseer tot betrokkenheid nie, maar as ons saamstaan en elkeen een of twee andere mobiliseer om betrokke te raak, kan ons dit doen!
Sal u en u gemeente deel van die 'swerm' word om die wêreld met die Evangelie van Jesus Christus te help bereik?
| |
Die Tref-en-Trap-strategie
|
Die tweede been van ons strategie behels 'n 'Tref-en-Trap' strategie. Dit beteken eenvoudig dat in plaas daarvan dat
een persoon dieselfde ongeëvangeliseerde teikenveld aanmekaar teiken, 'n aantal persone verskillende teikenvelde periodiek teiken. Elke deelnemer se uitreikveldtog moet dus slegs een of twee dae per maand loop met 'n klein begroting gelyk aan 'n paar brode en vissies. Dit sal die risiko van 'n vloedgolf negatiewe reaksies wat daartoe lei dat Facebook iemand se rekening sluit, verminder of uitskakel.
Die doeltreffendheid van ons strategie lê opgesluit in die swerm-strategie in teenstelling met 'n atoombom-strategie. Maar die Here gebruik nie 'drones' nie -- Hy gebruik Sy kinders. Daarom is dit so belangrik om elkeen se medewerking te verkry. Op die webblad wat ek hieronder
bekendstel, word in besonderhede verduidelik hoe elkeen betrokke kan word by wêrelduitreiking.
Ek het die afgelope aantal weke baie tyd spandeer om die Projek KuberWêreld webblad op te gradeer. Die webblad self dra die boodskap en visie van my hart die beste oor. Hieronder gaan ek die nuwe webblad met u deel. Besoek asseblief die skakels om die volledige boodskap te kry.
(Nota: Om al ons webtuistes, uitreikblaaie en artikels op datum te hou is 'n uitdagende en
aaneenlopende taak. Daar is verskillende webtuistes met inligting wat skakel na mekaar. As u op 'n fout of gebroke, of verkeerde skakel afkom, vra ek by voorbaat verskoning. Ek probeer my bes om by te bly. Ek sal dit waardeer as u my sal in kennis stel van enige foute wat u opmerk.)
|
|
Projek KuberWêreld
Wêreldwye Digitale Media Evangelie Bediening
Ons het 'n Visie
Ons het 'n Boodskap
Ons het 'n Plan
Sal jy ons asseblief help om hierdie boodskap bekend te maak en hierdie bladsy op jou sosiale media deel. Dit is so maklik soos die druk van 'n knoppie.
|
|
Die Visie
Elke Christen 'n wêreldsendeling
Ons glo dat die digitale eeu, en in besonder die tyd waarin ons tans leef, deur God bestem is om Sy Kerk se afspraak met die nasies te volbring en dat Hy elke gemeente en Christen oproep tot wêreldbetrokkenheid!
|
|
Die Boodskap:
Vyf lewensveranderende Groot-Opdrag-Stellings wat elke Christen moet hoor.
Hier is die eerste een:
1. Jesus Christus roep die Kerk en elke Christen tot betrokkenheid by die voltooiïng van Sy Groot Opdrag — en as jy en jou gemeente nie is nie, is julle nog buite God se volledige wil en plan vir julle lewe!
|
|
Herlewing - Die Vermiste Skakel
Waarom kom daar nie herlewing in ons gemeente nie -- al bid ons daarvoor en preek ons daaroor? Wat het Jesus Christus se Groot Opdrag en herlewing met mekaar te doen? Is dit die beginpunt, die resultaat, of albei?
Waarom moet elke gemeente betrokke wees om die Evangelie na elke volk, stam en taal te help neem?
|
|
Vyftien artikels oor die plek en prioriteit van die voltooiïng van Jesus Christus se Groot Opdrag in die lewe van elke Christen en
gemeente, wat leraars kan gebruik in hulle prediking. Hier is een:
deur Dr Oswald Smith
|
|
Die Plan
Word 'n digitale wêreldsendeling wat help om die hele wêreld met die Evangelie te bereik -- met 'n skrapsie van jou tyd, die druk van 'n paar knoppies, en die koste van 'n paar brode en vissies!
Op hierdie bladsy wys ons vir jou stap vir stap hoe jy kan uitreik met die Evangelie na die mins-geëvangeliseerde wêreld deur advertensies op Facebook te plaas.
Registreer op hierdie bladsy as 'n Projek KuberWêreld wêreldsendeling!
|
|
Die Appél en Geloofstap
Sal jy jou jouself tot die Here se beskikking stel om die wêreld te help bereik met die Evangelie? Sal jy aansluit by die 'swerm'? Sal jy die pad saam met Projek
KuberWêreld stap op een of meer van die volgende maniere?
Gebedsondersteuning
Finansiële Ondersteuning
Word 'n PKW Wêreldsendeling
Help met mobilisering van andere
|
Spesiale nuus vir gemeentes
|
|
Die Projek KuberWêreld webblad het ook 'n Afrikaanse Uitreikplatform. Nou kan gemeentes met behulp van die Projek KuberWêreld webblad ook uitreik na hulle plaaslike omgewing en arbeidsveld. Gaan loer gerus bietjie op hierdie
bladsy.
Nog meer:
Ons is bereid om die Projek KuberWêreld webblad te verpersoonlik vir 'n gemeente wat die pad saam met ons wil stap. Dit beteken dat u gemeente 'n verpersoonlikde replika van die Projek KuberWêreld webblad ontvang waarop u eie kontakbesonderhede en eie boodskappe
op die webblad ingewerk word. Hierdie kan 'n belangrike bron vir gemeentegroei wees! Kontak my by die eposadres hieronder as u sou belangstel om oor hierdie opsie te gesels.
|
Baie dankie!
Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek
KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën!
Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|