|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Februarie/Maart 2021 Nuusbrief
|
|
Wees gegroet in die
oorwinnende Naam van Jesus Christus!
|
"Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek
slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie."
1 Kor 6:24-27.
|
Aan die Here al die eer vir die resultate van die Februarie-uitreik
|
Februarie 2021 se resultate is soos volg:
- 1,255,421 Persone is deur Facebook getel wat hierdie maand deur ons advertensies bereik is.
- 49,654 Reaksies is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies.
- 42,504 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie.
|
2021 Jaar tot datum lyk die prentjie soos volg:
- 1,517,689 Persone is deur Facebook getel wat jaar tot datum deur ons advertensies bereik is.
- 77,606 Reaksies is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies.
- 70,259 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie.
|
Vir die heel eerste keer bereik ons meer as 'n miljoen mense in een maand
Vir die heel eerste keer in ons bediening bereik ons
uitreikveldtog meer as 'n miljoen mense in een maand! Loof en prys die Here! Ons staan verwonderd wanneer ons sien wat die Here doen!
Baie dankie aan elkeen wat die afgelope maand vir Projek KuberWêreld gebid het. 'n Spesiale dankie ook aan ons finansiële ondersteuners wat dit vir ons help moontlik maak het! Aan die Here al die eer!
Die Here doen dit weer ...
Vir ‘n derde keer die afgelope jaar het ons advertensieklikke
die 40,000 merk oorskry. In ons Desember 2020 nuusbrief het ons berig dat ons gedurende September en Oktober buitengewone resultate beleef het, soos u op die grafiek hierbo kan sien. Wel, die Here het dit weer gedoen. Ons het ook gesê dat ons nog nie kon vasstel
watter faktore vir hierdie buitengewone resultate verantwoordelik was nie. Alhoewel ons weet dat die fondse tot ons beskikking en die grootte van ons advertensiebegroting sowel as die appél van die advertensie belangrike faktore is, het ons egter intussen
agtergekom dat ‘n verandering in die lande wat geteiken word ‘n verskil in die advertensiekoste per klik meebring. Met ander woorde, dit is goedkoper om advertensies in sekere lande te plaas as in ander. (Dit is insiggewend om te weet dat ons advertensiebegroting vir November, Januarie en Februarie presies dieselfde was.)
Ons wil egter nie dat die resultate die lande wat ons teiken
bepaal nie. Terwyl ons die Here dankbaar is vir die resultate, moet ons die Evangelie verkondig selfs in lande waar daar geen reaksies is nie — want miskien is daar een persoon wat die Evangelie moet hoor!
Wat egter bemoedigend is van Februarie se statistieke is dat
ons vir die eerste keer resultate vanuit Vietnam gekry het. Aan die Here al die eer! Die tien lande vanwaar die meeste reaksies in Februarie gekom het word hieronder aangedui. Die getalle agter elke land dui die rangorde aan waar die land verskyn op Geopende Deure se Wêreld Waglys. Dit is die top 50 lande waar Christene die meeste vervolg
word.
1 . Indië (10)
2 . Vietnam
(19)
3. Egipte
(16)
4. Pakistan
(5)
5 . Irak
(11)
6 . Bangladesh
(31)
7. Morokko
(27)
8. Nigerië (9)
9. Laos
(22)
10. Cambodia.
|
Die noodsaaklikheid van gebedsondersteuning
Prayer does not fit us for greater work: prayer is the greater work.
Oswald Cambers
Liewe vriende, ek kan die Here nie genoeg dank vir ons gebedsondersteuners nie. (Vergewe my maar dat ek dit so oor en oor sê.) Ek was nog nooit in my lewe so bewus van my afhanklikheid van God - en van ons gebedsondersteuners se gebedsondersteuning nie. Dit is nie vir my nodig om te sê dat ons in buitengewone tye leef nie - ons almal weet dit. Ons weet daar is baie mense sowel as sendelinge wat bitter swaarkry en worstel met moedeloosheid in hierdie tyd.
Wat egter ontstellend is, is dat sendingondersteuners al minder word. Ons nuusbrieflys groei nie meer nie - dit word al hoe kleiner soos mense 'unsubscribe'. Ek het rede om te glo hierdie is 'n algemene prentjie van wat besig is om te gebeur in die Kerk van Jesus Christus. Miskien sal ons skrik as ons weet hoeveel voorheen belydende Christene al ge-'unsubscribe' het van hulle
gemeente!
'n Ander insiggewende statistiek is dat slegs 25-32% van hulle wat ons eposse ontvang, dit oopmaak. As u hierdie nuusbrief tot hiertoe gelees het, baie dankie! Dit is 'n besondere prestasie! Mag die Here u ryklik seën en u gebruik in Sy diens! Bid asseblief vir Maartmaand se uitreik en vir Goddelike leiding met die voorbereiding daarvoor.
|
Baie dankie!
Baie dankie aan elke individu en gemeente wat vir Projek KuberWêreld bid en finansieel ondersteun. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|