|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Desember 2020 Nuusbrief
|
|
Wees gegroet in die oorwinnende Naam van Jesus Christus!
|
Die wêreld verander, maar God nooit
“God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of
spreek en dit nie waar maak nie?” Num 23:19.
|
Aan die Here al die eer vir die resultate van die November-uitreik
|
November 2020 se resultate is soos volg:
- 334,514 Persone is deur Facebook getel wat hierdie maand deur ons advertensies bereik is
- 22,234 Reaksies is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies
- 21,765 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie
|
2020 Jaar-tot-datum lyk die prentjie so:
- 3,543,703 Persone is deur Facebook getel wat jaar tot datum deur ons advertensies bereik
is
- 173,123 Reaksie is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies
- 161,219 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie
|
Die hand van God en rol van gebed in ons resultate
Alhoewel ons gedurende hierdie jaar ‘n toenemende aantal mense deur ons advertensies bereik het, het ons gedurende
September en Oktober buitengewone resultate beleef soos u op die grafiek hierbo kan sien. Uit die aard van die saak is ons die Here innig dankbaar hiervoor, en weet ons dat die hand van God en gebed die primêre oorsaak was.
Ons probeer egter altyd vasstel watter onderliggende faktore ‘n rol gespeel het sodat ons dit kan herhaal indien
moontlik. Gewoonlik is die fondse tot ons beskikking die bepalende faktor. Hoe groter ons advertensiebegroting, hoe meer mense bereik ons met die Evangelie. Gedurende September en Oktober was daar egter ander faktore wat ’n rol gespeel het wat ons nog probeer identifiseer. Gedurende November het ons probeer om September en Oktober se resultate te ewenaar aangesien ons advertensiebegroting vir November dieselfde was, maar dit het toe nie so gebeur nie.
Gedurende Oktober het ons advertensies 718,000 mense bereik terwyl ons gedurende November slegs 334,500 mense bereik
het met dieselfde begroting. Wat sou die rede hiervoor wees? Dit is wel so dat September en Oktober se resultate buitengewoon hoog was, maar waarom? Watter faktore het ‘n rol gespeel? Wat ons wel weet is dat die persentasie reaksies op die aantal advertensieplasings in Oktober en November ongeveer dieselfde was. Daar moes dus ander redes gewees het waarom September en Oktober se resultate dubbel normaal was. Het Facebook gedurende September en Oktober
‘n ander formule gebruik om die advertensiekoste te bereken? Of was dit ‘n buitengewone ingryping van God? Gelukkig hoef ons nie al die antwoorde te ken nie -- al wat ons hoef te weet is dat u gebedsondersteuning die fundamentele faktor was!
God se skeppingsdoel vir die mens
Waarmee is God besig in die wêreld? God is besig om ‘n nageslag en familie vir Homself, en ‘n bruid vir Sy Seun te
verwek na Sy beeld om die hemel te bevolk — deur hulle te versamel uit elke volk, stam en taal in die wêreld; Sy beeld wat verlore gegaan het met die sondeval in hulle lewens te herstel; hulle toe te rus en te gebruik as Sy getuies hier op aarde; met die doel om hulle met die wederkoms van Jesus Christus en die bruilof van die Lam met Hom te verenig in ‘n ewige liefdesverhouding — om in ewigheid saam met Hom te regeer oor die skepping. Wil jy meer lees? Volg hierdie skakel: Ses Dinge Waarmee God nie Besig is nie.
God se drievoudige doel en plan vir die mens
God het ‘n drievoudige doel en plan vir elke mens op aarde. Hierdie drievoudige doel en plan behels die volgende:
Om ons kinders van God te maak.
Om Sy skeppingsdoel in ons te vervul deur ons deel te maak van God se nageslag, familie, hemelse bevolking en Koninkryk. Ons is dit nie van nature nie, want ons word in sonde ontvang en gebore. Daarom moet ons weer gebore
word om 'n kind van God te word. Wil jy meer lees? Volg hierdie skakel.
Om ons te bekwaam vir die hemel
Om die beeld van God in ons te herstel wat deur die sondeval vertroebel is en ons voor te berei en te bekwaam vir ons hemelse burgerskap, taak en leierskap in Sy Koninkryk -- om ons dissipels van Jesus Christus te
maak. Jesus wil ons leer en lei op die pad van Godskennis en heiligmaking. Hy wil ons leer wat dit beteken om 'n navolger van Jesus Christus te wees. Wil jy meer lees? Volg hierdie skakel.
Om ons te gebruik hier op aarde
Om ons toe te rus en te bekragtig om Sy instrument te wees deur Sy skeppingsdoel hier op aarde te help vervul en die Kerk van Jesus Christus voltallig te help maak uit elke nasie, volk, stam en taal, ter voorbereiding van Jesus Christus se wederkoms en die Bruilof van die Lam. Wil jy meer lees? Volg hierdie skakel.
|
'n Artikel wat my aandag aangegryp het hierdie afgelope maand is, The Myth of Calling, deur J D Greear. Die artikel is 'n uittreksel uit sy boek, What Are You Going to Do With Your LIfe? Ek haal 'n paragrafie uit die artikel aan.
"Many Christians believe that “calling” is a sacred experience reserved for a select few conferred through a mystical manifestation. They assume that if God wants something significant
from their lives, he’ll communicate it through some kind of burning bush, wet-fleece/dry-fleece dramatic sign. I call this the “Cheerios” method of discerning the will of God. If God has something significant for you, he’ll spell it out in your Cheerios. The little o’s will mysteriously form, “go to Nepal” or “be a pastor” or whatever. ... But here’s the truth: All Christians are called to ministry. Not necessarily to vocational ministry, but to leverage their lives for the
Great Commission."
|
Baie dankie!
Baie dankie aan elke individu en gemeente wat vir Projek KuberWêreld bid en finansieel ondersteun. Mag die Here julle ryklik seën! Indien jy of jou gemeente ‘n bydrae wil maak, kan jy die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|