|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Januarie/Februarie 2021 Nuusbrief
|
|
Wees gegroet in die
oorwinnende Naam van Jesus Christus!
|
Foto slegs ter illustrasie
Die Bruid van Jesus Christus sal met Sy wederkoms verteenwoordig word deur
elke nasie, volk, stam, en taal.
"Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het
gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; " Op 7:9.
|
Aan die Here al die eer vir die resultate van die Januarie-uitreik
|
Januarie 2021 se resultate is soos volg:
- 262,268 Persone is deur Facebook getel wat hierdie maand deur ons advertensies bereik is.
- 28,045 Reaksies is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies.
- 27,755 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie.
|
Baie dankie aan elkeen wat die afgelope maand vir Projek KuberWêreld gebid het. 'n Spesiale dankie ook aan ons finansiële ondersteuners wat dit vir ons help moontlik maak het! Aan die Here al die eer!
Daar is hierdie maand 1,334 terugkerende besoeke aangeteken, wat die meeste is wat ons die afgelope paar jaar in een
maand getel het. Hierdie persone verteenwoordig die soekendes. Die voortslepende virus-epidemie wêreldwyd skep vrugbare grond vir die saad van die Evangelie. Bid asseblief spesiaal vir die soekendes, dat hulle waarlik by Jesus Christus as Verlosser sal uitkom.
Ons teiken hoofsaaklik die 10/40-venster waar die wêreld se mins-geëvangeliseerde lande lê.
Die volgende lande is deur ons uitreik geteiken hierdie maand: Verenigde Arabiese Emiritate, Afghanistan, Bangladesh, Bhutan, Algerië, Egipte, Indonesië, Indië, Irak,
Jordanië, Japan, Cambodia, Laos, Libië, Morokko, Myanmar, Malaysië, Nepal, Oman, Pakistan, Saudi Arabië, Thailand, Turkye, Viëtnam and Jemen.
Die tien lande vanwaar ons die meeste reaksies gekry het was: Myanmar, Irak, Egipte, Indië, Turkye, Pakistan, Bangladesh, Algerië, Indonesië en Libië.
Van die volgende lande het ons geen reaksies ontvang nie: Verenigde Arabiese Emiritate, Afghanistan, Bhutan, Japan en
Malaysië.
99% Van die wêreld se aanlyn-bevolking kan ons Evangelie uitreik-boodskappe in hulle eie taal lees.
|
In my artikel, 'Jou Selfoon — God se Instrument!', maak ek die volgende stelling:
"Die tegnologiese revolusie van ons tyd en die ontwikkeling van die digitale tegnologie is deur God bestem om die HELE wêreld met die Evangelie te bereik ..." Google Translate is nog 'n voorbeeld hiervan. Google Translate is beskikbaar in 108 tale en dek 99% van die tale wat deur die wêreld se aanlyn-bevolking gepraat word.
Alhoewel Google Translate nie volmaak is nie en sekere tekortkominge het, maak dit nietemin vir elke persoon moontlik om die boodskap in sy eie taal te verstaan indien die persoon nie Engels magtig is nie.
| |
Om te kyk na die wêreld deur God se oë
Wanneer mens God se plan vir die wêreld verstaan, en verstaan waarmee God primêr in die
wêreld besig is, kan mens duidelik Sy hand in haas elke wêreldgebeurtenis insluitende die tegnologie, politiek en ekonomie raaksien. Ek verstom my om te luister hoe
baie Christene se wêreldbeskouing eintlik getuig van God se afwesigheid. Dikwels probeer ons om God se saak te verdedig in hierdie gevalle wêreld asof dit deur mense beheer word -- terwyl HY in volle beheer is. Die geskiedenis van hierdie wêreld word deur die vinger van God geskryf. Hier is 'n paar voorbeelde:
Covet-19 (en al die gesondheids- ekonomiese en politieke verwikkelinge daar rondom - insluitende die inperkings) -- is deur God beskik, 1) om die
Bybelse profesieë van Jesus se wederkoms in vervulling te bring, 2) om die Kerk van Jesus Christus te suiwer en voor
te berei vir Sy wederkoms; 3) om die ongeredde wêreld te roep om God te soek terwyl daar nog genadetyd is, 4) om die weg te baan vir die Evangelie na elke volk, stam en taal sodat Jesus Christus Sy bruid kan kom haal (dit is geen toeval dat die Kerk gedwing word om digitaal te oorleef nie), 5) om jou en my te leer om Hom onder alle omstandighede met ons lewens te vertrou en deur Bybelse oë
na die wêreld te kyk.
Die huidige tegnologiese, digitale en sosiale-media revolusie (die internet, 5G, Facebook, WhatsApp, YouTube, Google, Microsoft, Amazon en al die
verskillende toeps en digitale ontwikkelinge wat soos paddastoele opspring, audio, video en TV - en vele ander voorbeelde) -- is primêr deur God beskik,1) om die weg te baan vir die neem van die Evangelie na die uiteindes van die aarde, 2) om God se profetiese program vir die wêreld en die Kerk in vervulling te bring. Die voordele
wat die tegnologie vir menslike welstand en gerief bring is alles sekondêr.
Ek sou ook graag 'n paar voorbeelde wou noem van Evangeliese bedieninge wat na die wêreld deur God se oë kyk, soos Faith Comes By Hearing, Global Media Outreach, YouVersion en talle ander -- wat op die rug van die tegnologie en met doelgerigte planne soos Vision 2033 hard besig is met die uitvoering van God se plan vir die wêreld. Maar daaroor sal ek 'n boek moet skryf.
Die vraag is net -- is jy en ek deel van God se plan vir die wêreld, of leef ons dit mis? Is ons fokus op die uitdra van die Evangelie na die
eindes van die aarde? Is ons primêre begeerte na Jesus Christus se wederkoms en om dit te verhaas? Of is ons hoofsaaklik gefokus op ons eie fisiese en geestelike oorlewing en welstand? Lees gerus, 'Jou Selfoon — God se Instrument!', en pas die boodskap toe in die breëre konteks van ons moderne wêreld. Miskien moet ons hierdie boodskap so wyd as moontlik
deel!
As jongmens pas uit die skool, het ek op 'n dag vir my pa gevra: "Pa, wat is die belangrikste werk in die wêreld?" My pa se antwoord was: "Om die
Evangelie te verkondig." Ek het as jongmens teen hierdie antwoord gerebelleer en in opstand gekom teen God en my ouers. Maar 20 jaar later het ek finaal by die Kruis uitgekom en eers toe het ek my pa se antwoord verstaan. Ek is nou 34 jaar besig met die belangrikste werk in die wêreld (sonder 'n salaris, maar met my Vader se voorsiening).
|
Baie dankie!
Baie dankie aan elke individu en gemeente wat vir Projek KuberWêreld bid en finansieel ondersteun. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|