Ons wil graag aan een en elkeen van u wat gedurende die afgelope jaar vir ons gebid het, finansieel ondersteun het, of net ons nuusbriewe gelees en ons bemoedig het, baie dankie sê. Terwyl ons aan God al die eer gee, erken ons ook dat u 'n spesiale aandeel het in die 3,543,703 mense in die mins-geevangeliseerde wereld wat gedurende 2020 met ons advertensies bereik is, die 161,219 soekende klikke op die skakels na ons Evangeliese uitreikblaaie -- en elke siel wat by Jesus Christus uitgekom het.
Ons bid u 'n geseënde Christusfees toe en mag die opgestane, verrese Jesus Christus u pad verlig en lei
gedurende 2021. Alhoewel ons nie weet wat 2021 vir ons inhou nie, weet ons WIE dit hou!
Kyk af na die Krip
Kyk op na die Kruis
Kyk boontoe na die wolke!
Ek gaan nou ook 'n bietjie rus en (spreekwoordelik) die rekenaar afskakel. So die Here wil sal ons weer einde Januarie/begin Februarie 2021 die volgende nuusbrief
uitstuur. Moet asseblief nie ophou om vir ons en Projek KuberWêreld te bid nie.