|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
September 2020 Nuusbrief
|
|
Wees gegroet in die
aloorwinnende Naam van Jesus Christus!
|
1 Kor 16:9: “Want ‘n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.” Op
3:7: "Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:"
|
Aan die Here al die eer vir die resultate van die Augustus-uitreik
|
Augustus 2020 se resultate is soos volg:
- 241,525 Persone is deur Facebook getel wat hierdie maand deur ons advertensies bereik is
- 16,033 Persone is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies
- 13,575 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie
|
2020 Jaar-tot-datum lyk die prentjie so:
- 1,909,344 Persone is deur Facebook getel wat jaar tot datum deur ons advertensies bereik
is
- 59,939 Persone is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies
- 53,681 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie
|
.
Ons is dankbaar teenoor die Here dat ons hierdie jaar reeds naby aan 2 miljoen mense kon bereik met die Evangelie van
Jesus Christus. Aan Hom al die eer! Daar was hierdie maand 707, en jaar tot datum 3,077 besoekers wat 'n tweede of meer kere teruggekeer het na ons uitreikblaaie. Hierdie persone verteenwoordig die soekendes. Bid asseblief spesiaal vir hulle.
Baie dankie aan elkeen wat die afgelope maand vir Projek KuberWêreld gebid het!
|
Facebook stop ons advertensie — na 8,758
klikke!
Ons het in Augustus rekord resultate beleef as gevolg van 'n kombinasie van faktore -- ten spyte daarvan dat Facebook ons 'Ultimate Vaccine'
advertensie (hieronder) gestop het na meer as 8,000 klikke. Volgens Facebook is ons skuldig aan “ads that withhold or exaggerate information to entice people to click the ad or bait users into interacting with the ad.” Ek pleit skuldig met groot plesier — as ek net die Evangelie met soekende siele kan deel! Deur die Here se genade het Facebook nie ons uitreikblad geblokkeer nie.
Drie faktore het 'n rol gespeel in hierdie maand se resultate, tewete, die advertensieboodskap, ons teikenveld en 'n
groter begroting. Omdat Facebook nie ons uitreikblaaie geblokkeer het nie, kon ons onmiddellik ‘n ander advertensie aktiveer. Hierdie is egter ‘n sprekende voorbeeld van die verskil in resultate wat verskillende advertensies teweegbring in dieselfde teikenveld met dieselfde begroting per advertensie. Die 'Ultimate Vaccine' advertensie het veel groter aandag getrek.
|
The Ultimate Vaccine
86,559 bereik met 8,578 klikke = 9,9% klikkoers
|
How To Find Happiness
71,984 bereik met 2,788 klikke = 3,9% klikkoers
|
Find Your
Purpose
82,982 bereik met 2,209 klikke = 2,7% klikkoers
|
Ons het jou mening nodig
...
Ons het in Augustus twee addisionele lande toegevoeg tot ons Afrika-teikenveld van 25 lande, tewete, Suid-Afrika en
die Filippyne (die enigste land buite Afrika). Het Suid-Afrika nog Evangelie nodig? "WATCH | Holy spirits! Gabola church celebrates lifting of booze ban with a few beers." Hulle stigter verkondig dat wanneer hulle onder die invloed van alkohol is, hulle onder die
invloed van die heilige gees is.
Die Filippyne word beskou as ‘n Christelike land, alhoewel 80% van die bevolking Rooms Katoliek is. Protestantisme
vorm slegs 11% van die bevolking. Die Filippyne het ‘n bevolking van ongeveer 109 miljoen mense.
Ek het egter agtergekom dat daar ‘n buitengewone honger na die Evangelie in die Filippyne bestaan. Die buitengewone
reaksie wat ons hierdie maand ervaar het, is hoofsaaklik te wyte aan die Filippyne. Ongeveer 56% of meer van die besoekers op ons uitreikblaaie in Augustus kom vanuit die Filippyne. Dit is egter ons doelwit om eerder die mins-geëvangeliseerde lande te teiken met die Evangelie. Ek vra graag jou mening in hierdie verband. Moet ons voortgaan om die Filippyne in te sluit by ons teikenveld?
As ons voortgaan om die Filippyne in te sluit, sal die gevolg wees dat ons advertensiekoste per klik daal en ons meer
mense met ons begroting met die Evangelie kan bereik. (Facebook se advertensiekoste per klik daal soos die persentasie klikke op ons advertensies styg.) Dit het egter ook tot gevolg dat Facebook meer advertensies plaas in die gebied waar die reaksie groter is. Met ander woorde, alhoewel ons statistieke verhoog, bereik ons nie regtig meer mense in die minder-geëvangeliseerde
wêreld nie.
Die alternatief is dat ons die Filippyne uitskakel, ons koste per advertensie gaan dan styg en die statistieke gaan
daal. Omdat ons met ’n beperkte begroting werk, gaan ons statistieke minder indrukwekkend wees — maar ons weet dat die Evangelie uitgaan na minder-geëvangeliseerde en minder-ontvanklike gehore.
Wat sou jy aanbeveel? Moet ons voortgaan om die Filippyne in te sluit, of moet ons hulle uitlaat? Laat ons weet hoe
jy hieroor dink. “Reply” net op hierdie epos met die woorde: “Gaan voort” of Laat uit”. Jy is welkom om uit te brei as jy wil.
|
Baie dankie!
Baie dankie aan elke individu en gemeente wat vir Projek KuberWêreld bid en finansieel ondersteun. Mag die Here julle ryklik seën! Indien jy of jou gemeente ‘n bydrae wil maak, kan jy die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|