|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Oktober 2020 Nuusbrief
|
|
Wees gegroet in die
aloorwinnende Naam van Jesus Christus!
|
Mat 24:14: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”
|
Aan die Here al die eer vir die resultate van die
September-uitreik
|
September 2020 se resultate is soos volg:
- 581,762 Persone is deur Facebook getel wat hierdie maand deur ons advertensies bereik is
- 45,336 Persone is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies
- 40,883 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie
|
2020 Jaar-tot-datum lyk die prentjie so:
- 2,491,106 Persone is deur Facebook getel wat jaar tot datum deur ons advertensies bereik
is
- 105,275 Persone is deur Facebook getel wat op een of ander wyse gereageer het op ons advertensies
- 94,564 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensies wat skakel na ons uitreikblaaie
|
.
Ons is dankbaar teenoor die Here dat ons hierdie jaar reeds bykans 2,5 miljoen mense kon bereik met die Evangelie van
Jesus Christus deur ons advertensies. Aan Hom al die eer! Daar was hierdie maand 638, en jaar tot datum 3,715 besoekers wat 'n tweede of meer kere teruggekeer het na ons uitreikblaaie. Hierdie persone verteenwoordig die soekendes. Bid asseblief spesiaal vir hulle.
Hieronder sien u die advertensies wat ons in September gebruik het, en as u op die skakels klik sal u herlei word na
die uitreik-webblaaie. Baie dankie aan elkeen wat die afgelope maand vir Projek KuberWêreld gebid
het!
|
Septembermaand se uitreikveldtog reik wêreldwyd uit!
In verlede maand se nuusbrief het ons vir insette van ons lesers gevra of ons die Filippyne moet insluit in ons
advertensieveldtog of nie. Slegs drie persone het gereageer en insette gelewer, maar aldrie het daarop gesinspeel dat ons so wyd as moontlik moet uitreik. In die verlede het Facebook ‘n maksimum van 25 lande toegelaat per veldtog. Ek was egter verbaas om te ontdek dat hulle nou ‘n “World Wide” opsie het. Facebook besluit dan self waar hulle die advertensie die beste kan aanwend binne die grense van die begroting.
Ek het gedink dat hulle nou seker meeste van die advertensies gaan plaas in reeds geëvangeliseerde lande waar die reaksie uit die aard van die saak hoër sal wees as in die mins-geëvangeliseerde lande. Tot my groot verbasing sien ek toe dat die reaksies kom vanuit
Indië, Pakistan, Myanmar, Bangladesh, Saudi Arabië, Egipte, Malaysia, Nepal en andere — almal Hindoe-, Boedistiese- en Moslemlande. Prys die Here! Dit was juis in hierdie lande dat Facebook in die verlede ons
uitreikwebblaaie geblokkeer het. Iets het gebeur! Ek glo dit is u gebedsondersteuning! Aan die Here al die eer! Op die kaart hieronder kan u sien vanwaar die meeste reaksies gekom het.
|
Die ‘Word Wide’ opsie beskik oor die potensiaal om 1,2
biljoen mense op Facebook alleen, te bereik
Kan Projek
KuberWêreld 'n biljoen mense bereik? Is dit 'n realistiese doelwit? Ek het hierdie vraag reeds 'n paar jaar gelede gevra en tot die volgende ingeligde gevolgtrekking gekom -- beslis ja! Dit is nie alleen realisties nie, maar waarskynlik as die Kerk van Jesus Christus die visie sou gryp en help uitvoer!
Daar is slegs EEN DING wat kan verhoed dat ons die doelwit bereik -- 'n gebrek aan visie vir die onbereikte wêreld en die voltooiing van Jesus Christus se Groot Opdrag deur die
Kerk in die algemeen. Mag die Here aan die Kerk 'n vars visie en ywer gee om die Evangelie te help neem na die uiteindes van die aarde.
Die 10/40-Venster verwys na die streek van die wêreld wat tussen die 10de en 40ste breedtegraad lê waarin die grootste deel van die ongeëvangeliseerde wêreld geleë is. Ek verduidelik die
betekenis van Die 10/41-Venster in hierdie artikel. In hierdie artikel praat ek van 'n addisionele venster, maar wat is die simboliek van die venster? Ek haal hier 'n paragrafie aan uit die artikel.
'n Venster skep die beeld van visie. As daar nie 'n venster is nie, is jou visie beperk -- dan sien jy net die dinge rondom jou raak. Sonder 'n venster is jou wêreldjie klein. Hoe hartseer is dit nie dat 'n groot deel van die Kerk in 'n wêreldjie van hul eie leef - sonder 'n venster! 'n Groot persentasie van die Kerk het geen visie vir die
Onbereikte Wêreld nie. Hulle wêreld het geen venster nie! Het jou wêreld 'n venster? Miskien is jou gordyne toegetrek! Die Here vra vandag vir jou om die gordyne voor die venster op die Onbereikte Wêreld in jou wêreld oop te trek!
Miskien is daar iemand of 'n gemeente binne jou invloedsfeer wat jy kan help mobiliseer om betrokke te raak by die ongeëvangeliseerde wêreld. Een manier om dit te doen is om
hierdie nuusbrief aan te stuur vir iemand anders wat die Here op jou hart lê. As jy hierdie nuusbrief vanaf iemand anders ontvang het, plaas jou naam by hierdie skakel op die eposlys om dit gereeld te ontvang, of epos ons by die onderstaande eposadres.
|
Baie dankie!
Baie dankie aan elke individu en gemeente wat vir Projek KuberWêreld bid en finansieel ondersteun. Mag die Here julle ryklik seën! Indien jy of jou gemeente ‘n bydrae wil maak, kan jy die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|