Projek KuberWereld - Nuusbrief - Mei 2016

Published: Mon, 05/16/16

Projek KuberWêreld
Bereik die Ongeëvangeliseerde Wêreld met die Evangelie deur die Internet

Mei 2016
Nuusbrief
Foto opskrif:
"The challenge to fulfilling Christ's
 Great Commission: lack of passion."
"Dealing with believers' lack of passion for the lost. ... The single greatest challenge is reviving that passion for the lost. ... “ Dr Nina Gunter.

Maandelikse Verslag:
April 2016

Hierdie afgelope
maand se resultate ...
Hierdie maand se oorgawes kom van:
Nepal, Ethiopië, Pakistan, VSA, Uganda, Bangladesh, Senegal, Sudan,  Nepal (Indië).

Gebedsversoeke kom ook van:
Filippyne, Afghanistan, Eritreë, Indië (Filippyne), Egipte (Somalië).

Vir volledige resultate besoek die Analiseblad.
Vir meer inligting oor Projek KuberWêreld, besoek ons webblad.

Besoek gerus ook ons Bronne Bladsy.
(Indien u enige gebroke skakels op enige van ons webblaaie vind, sal ons dit waardeer as u ons laat weet.)

U kan die nuusbriewe in PDF formaat hier aflaai.
Al die eer aan die Here!

Unieke feite omtrent
die Bybel as God se Woord
Die Bybel is geskryf oor ‘n periode van tussen 1400 en 1800 jaar, deur meer as 40 verskillende skrywers, bevat 66 boeke, 1,189 hoofstukke, 31,240 verse (sommige tel 31,101) en 783,137 woorde — en bestaan uit een samehorige boodskap, beginnende met die skepping in Genesis 1 en eindig met die voleinding van die wêreld in Openbaring 22 — met elke boek en hoofstuk wat ‘n essensiële deel van die gesamentlike geheel vorm — sonder ‘n enkele weerspreking in konteks.

Wat dink jy is die kanse dat ‘n menslike boek geskryf deur 40 verskillende skrywers oor ‘n periode van 1800 jaar so ‘n resultaat kan oplewer? Die kanse is NUL!

Die volgende is syfers van die hoogste boekverkope in die wêreld:

·    130,000,000 kopieë - Chicken Soup for the Soul reeks (1997) Canfield/Hansen
·    140,000,000 kopieë - The Hobbit (1937) JRR Tolkien
·    150,000,000 kopieë - The Lord of the Rings (1955) JRR Tolkien
·    450,000,000 kopieë - Harry Potter reeks (1997-)  JK Rowling
· 6,001,500,000 kopieë - Die Bybel (1500 BC-100 AD)  40 skrywers


Gedeeltes van die Bybel is reeds vertaal in 2,932 tale van die wêreld. Daar bestaan tans aktiewe vertalingsprojekte in 2,267 tale en Bybelvertalers beplan om teen 2025 ‘n aktiewe vertalingsprojek in elk van die wêreld se 7080 tale in plek te hê.

Die interessantheid van bogenoemde feite is dat die Bybel binnekort die eerste en enigste boek in die wêreld sal wees wat in elke taal van die wêreld vertaal sal wees! Dit sal die weg baan vir die Evangelie na die Onbereikte Wêreld — na elke volk, stam en taal! Ek wil deel wees van hierdie unieke gebeurtenis in die geskiedenis van die wêreld, die Bybel en die Evangelie! Wat van jou?
Hoe om Jesus se visie en passie vir ‘n verlore wêreld te kry (Vervolg van vorige maand.)
Ons het die afgelope drie maande die eerste drie stappe behandel. Die eerste was, ‘n Geesvervulde Lewe; die tweede was, ‘n Liefde vir die Woord; die derde was, ‘n Lewende Gebedslewe. Die vierde is:

4. ‘n Openbaring van die geheelboodskap van die Bybel.

Dit is van absolute belang dat, bo en behalwe intensiewe studie van sekere gedeeltes of onderwerpe, ons die Bybel van voor tot agter sal deurlees op ‘n gereelde basis. Dit is van absolute belang om ‘n geheelbeeld van die Bybelboodskap te kry as ek wil dat die Heilige Gees my in die volle waarheid van die Woord sal lei!

Die gevaar is dat ons die Bybel kan lees vanuit ‘n bepaalde perspektief of deur ‘n gekleurde bril. Sommige lees die Bybel soos ’n mens vis eet — jy lees die lekker gedeeltes maar die grate spoeg jy uit. Ek het onlangs die voorreg gehad (wat ek nie dikwels het nie) om saam met my gesin snoek te eet. Shoe! Dis lekker. Maar oooh die grate! Daar bestaan ‘n groot gevaar om die Bybel te lees soos jy snoek eet.

Om ’n geheelbeeld van die Bybelboodskap te kry kan geïllustreer word aan die hand van die verhaal van elektrisiteit. ’n Mens kan jou so verdiep in die geskiedenis en wetenskap van elektrisiteit dat jy nooit die volledige prentjie sien nie. Jy kan die opwekking van elektrisiteit bestudeer — en dis belangrik! Of jy kan die aanwending en installering van elektrisiteit bestudeer en elkeen van hierdie areas het weer ‘n magdom van toepassings en spesialiteitsrigtings — en almal is belangrik. Maar hoe lyk die geheelprentjie van elektrisiteit? Dit lyk soos die foto hier onder.
Hier sien jy ’n foto van die wêreld in die nag. Die helder kolletjies is ligte — die resultaat van elektrisiteit. Elektrisiteit is die teken van industriële ontwikkeling en ekonomiese vooruitgang.

Ons kan nou duidelik sien watter dele van die wêreld ekonomiese vooruitgang beleef en dan kom ‘n ander vraag by ons op waaraan ons nog nooit voorheen gedink het nie: Waarom het die hele wêreld nie toegang tot elektrisiteit nie? Was dit God se plan dat slegs sekere dele van die wêreld toegang tot elektrisiteit moes hê en ander nie? 

Was dit God se plan dat slegs sekere dele van die wêreld toegang tot die Bybel en die Evangelie moes hê en ander nie? Wanneer ek na die foto hierbo kyk, sien ek onvermydelik die donker gedeeltes as mensegroepe wat nog sonder God en sonder hoop in die wêreld is. Hieronder is ‘n kaart van die onbereikte wêreld.

My gedagtes skakel outomaties terug na die Woord: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh 3:16. “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” Mar 16:15.

Dit is waarom Projek KuberWêreld hoofsaaklik betrokke is by die Onbereikte Wêreld — want ons het God se prentjie gesien van ‘n wêreld met donker kolle!

Word vervolg.
Baie dankie ...
Baie dankie aan elke gemeente en individu wat reeds betrokke is, vir u gebeds- en finansiële ondersteuning. Mag die Here u ryklik seën!

Soos u op die voorblad gesien het kon ons slegs vir 6 dae aktief wees op die internet gedurende April weens beperkte finansies. As u of u gemeente nog nie finansieel betrokke is by die Onbereikte Wêreld nie, wil ons u aanmoedig om betrokke te raak. Dit is deel van elke Christen en gemeente se Bybelse mandaat.
Gebedspunte ...
  • Vir die redding van soekendes wat hul name op die gebedslys geplaas het.
  • Vir die geestelike groei, volharding en vrugbaarheid van elkeen wat ‘n oorgawe gemaak het.
  • Bid asseblief saam met ons vir genoegsame, gereelde en standhoudende fondse sodat ons nie die internet veldtogte hoef te onderbreek nie.
  • Bid vir hulle wat vervolg word vir hulle geloof in Jesus Christus!
  • Dat die Here ons sal help om bekeerlinge effektief te kan opvolg en dissipileer.
  • Vir die sendingvelde van die wêreld - in besonder vir die Onbereikte Wêreld – dat die Here ‘n pad sal maak vir die Evangelie na elke volk, stam en taal.
  • Dat gemeenteleiers en gemeentes toenemend ‘n wêreldsendingvisie sal kry en meer gemeentes betrokke sal raak.
Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
Ons kontakbesonderhede is:
Slakkeposadres: Posbus 31014, Totiusdal, Pretoria. 0134
Selnommer: 072-2022-744

Volg asseblief die skakel na hierdie bladsy as u wil inskryf vir ons nuusbrief.

U kan gerus hierdie epos aanstuur vir iemand anders wat moontlik in Projek KuberWêreld kan belangstel. Indien iemand anders hierdie epos vir u aangestuur het, moet u asseblief inteken op die bladsy hierbo indien u hierdie nuusbrief in die toekoms wil ontvang. (Indien u nie internet toegang het nie, maar wel epos, stuur asb vir ons ‘n epos met u naam en eposadres by bogenoemde eposadres.)

Bankbesonderhede:
Rek Naam: Aksie 1:8,  ABSA (Montana)   Kode: 632005   Reknr:  5260146779. Meld asb Projek KuberWêreld (en u naam of gemeente) as verwysing. Bv: PKW-(P Botha). In geval van ‘n elektroniese inbetaling, stuur asb 'n bewys van inbetaling na 0722022744.

U kan ook met behulp van u krediet- of debietkaart ‘n bydrae op die internet maak op hierdie bladsy.