Beste
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus Christus!
|
|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Augustus 2020 Nuusbrief
|
Mat 24:12-14: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En
hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”
|
Aan die Here al
die eer vir die resultate van die Julie-uitreik
|
Julie 2020 se resultate is soos volg:
- 183,161 persone is hierdie maand deur ons advertensies bereik
- 5,210 persone het op een of ander wyse gereageer op ons advertensies
- 4,864 klikke is deur Facebook getel op ons advertensie wat skakel na ons Uitreikblad
|
2020 Jaar-tot-datum lyk die prentjie so:
- 1,667,819 is die reiksyfer van ons advertensies vir die jaar tot datum
- 43,906 reaksies op ons advertensies is deur facebook gerapporteer
- 40,106 klikke is deur Facebook getel op ons advertensie wat skakel na ons Uitreikblad
|
Ons is dankbaar teenoor die Here dat ons gedurende Julie 183,161 mense regoor Afrika kon bereik op Facebook met ons advertensieveldtog, waarvan 4,864 op ons advertensies geklik het. Vanaf
Januarie 2020 het ons advertensies 1,67 miljoen keer op Facebook profiele regoor Afrika vertoon en was daar 40,106 klikke op ons advertensies.
Daar was hierdie jaar tot datum 2,370 besoekers wat twee of meer kere teruggekeer het na die uitreikwebblad. Hierdie
persone verteenwoordig die soekendes. Bid asseblief spesiaal vir hulle.
Waarom is statistieke belangrik in Projek KuberWêreld se bediening?
Waarom rapporteer ons die getalle wat bereik word? Ek wil dit graag duidelik stel dat die rede NIE is om die indruk
te skep dat ons ‘n belangriker of meer effektiewe bediening het as ander nie! Die ENIGSTE rede is omdat, anders as hulle wat geroep is vir, byvoorbeeld, persoonlike of individuele sending en evangelisasie, dit Projek KuberWêreld se roeping en opdrag is om die ongeëvangeliseerde wêreld te help bereik met behulp van die digitale media — en die statistieke vertel vir ons of ons ons doel bereik of nie.
|
Wat is die rol van bemarking in internet
Evangelisasie?
|
Om hierdie vraag te beantwoord is dit belangrik om te verstaan waarom die resultate van ons veldtogte maand tot maand
verskil. Verskillende faktore beïnvloed die resultate van ons advertensieveldtogte. In verlede maand se nuusbrief het ons die invloed van teenkanting en negatiewe poste op ons Facebook uitreikblaaie bespreek.
'n Primêre faktor wat die resultate beïnvloed, is die
appél van die advertensies. Die boodskap en foto in die advertensie speel ‘n belangrike rol in die hoeveelheid persone wat daarop klik. Ons het byvoorbeeld in April en Mei buitengewone resultate gehad as gevolg van die emosionele appél van ons advertensies weens die
Coronavirus. Soos virus-voosheid begin toeneem het, het die aantal klikke op ons advertensies egter gedaal. Ons uitdaging is dus om voortdurend en konsekwent Facebook gebruikers se aandag te trek na ons advertensies.
‘n Ander belangrike faktor is Facebook se koste per klik. Die prys wat ons betaal vir advertensies hang eerstens af
van ons doelwit — of dit “Reach” of “Link Clicks” is. Wanneer ons doelwit 'Reach' is, wil ons soveel as moontlik advertensieflitse tel. Dit help egter nie om baie advertensies te plaas as mense nie daarop klik nie. Ons doelwit is dus “Link Clicks” — naamlik, om soveel mense as moontlik te lei na ons uitreikblad toe. Die koste word dus bepaal deur die aantal klikke op die advertensie en nie die aantal plasings nie. Hoe meer klikke op die advertensie hoe goedkoper word die koste per klik. Dit werk
egter ook andersom — hoe goedkoper die koste per klik hoe meer mense kan ons bereik. Omdat ons met ‘n beperkte begroting werk, moet ons die advertensieveldtog stop wanneer ons begroting uitgeput is.
Die koste-per-klik drumpel is nog 'n faktor. Wanneer die aantal klikke (Link Clicks) as ‘n persentasie van die aantal
plasings (Reach) onder ’n bepaalde drumpel val, verander die koste per klik van $0,01 en minder per klik na $0,02 en hoër. Wanneer dit gebeur is dit 'n aanduiding dat die koste van ons advertensies verdubbel het en moet ons die veldtog vroeër stop om te verhoed dat ons
begroting oorskry word.Omdat ons in Dollars betaal vir advertensies, speel die Rand/Dollar wisselkoers ook 'n rol.
Die rol van bemarking in internet en digitale Evangelisasie kan dus duidelik verstaan word. Dit is nie die Evangelie
wat ons bemark nie — ons verkondig die Evangelie. (Die aanslag van ons boodskap is egter ook belangrik -- maar hierdie is 'n onderwerp op sy eie.) Om soveel mense as moontlik te beweeg om die Evangelieboodskap te lees is egter ‘n bemarkingsfunksie — wat slegs effektief sal wees onder leiding en inspirasie van die Heilige Gees. Daarom is gebedsondersteuning ook hiervoor belangrik!
|
Wanneer sal die Hele Wêreld met die Evangelie bereik word?
Wanneer mens na die statistiek van onbereikte groepe in die wêreld kyk, lyk dit of die taak nog baie ver van afgehandel is. Hierdie is die een kant van die verhaal, maar ek wil vir jou die anderkant van die verhaal
vertel.
|
|
God is besig is met ’n wonderwerk onder die oë van die Kerk terwyl meeste Christene totaal onbewus is daarvan! Vir
die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld is dit nou moontlik om elke volk, stam en taal met die Evangelie te bereik met behulp van die moderne tegnologie — gedurende ons leeftyd! Ons leef in die tyd van die tegnologiese revolusie! Lees gerus die volledige
artikel hier.
Die Covet-19 virus epidemie werk in die besonder mee om die verspreiding van die Evangelie oor die
wêreld te versnel. Haas elke gemeente en sendingorganisasie is tans op een of ander wyse besig om gebruik te maak van digitale tegnologie om hulle boodskap uit te stuur. Dit is my mening dat een van die Here se doelwitte met die Covet-19 epidemie juis is om die Kerk te bevry van ons eie klein hoekie en aan ons ’n wêreldvisie te gee.
|
Die Groot Opdrag — watter drom slaan ons?
In verlede maand se nuusbrief het ons die onderwerp, ‘Wat is die hooftaak waarmee God
besig is in die wêreld?’, behandel. ‘n Artikel geskryf deur Greg Stier met die titel, The death of the ‘Great Commission’, het die afgelope maand my oog gevang.
|
|
In sy artikel sê hy onder andere dat in terme van ‘n opname wat in Amerika gedoen is, weet 51% van kergangers nie wat die Groot Opdrag is nie. Ek haal hier enkele gedeeltes van die artikel
aan.
“That’s like a doctor who doesn’t know what the word “medicine” means or a
soldier who has never heard of a gun before. In many ways it is unthinkable. ... I believe that the responsibility of people not being able to answer “What is the Great Commission?” falls squarely on the shoulders of the church leaders. If preachers and church leaders are not banging the drum that Jesus banged they may be playing in the wrong band. And if the leaders are confused about it then the people will be even more confused. As someone once said, “If there’s a mist in the pulpit there’s a
fog in the pew.”
Die vraag wat elke gemeente haarself moet afvra is: Is ons besig om dieselfde drom
te slaan wat Jesus geslaan het, of speel ons dalk in die verkeerde orkes? Lees gerus die volledige artikel hier.
Baie dankie!
Baie dankie aan elke individu en gemeente wat vir Projek KuberWêreld bid en finansieel ondersteun. Mag die Here julle ryklik seën! Indien jy of jou gemeente ‘n bydrae wil maak, kan jy die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|