Beste
(Ons het hierdie maand ons nuusbrieflys verskuif na 'n ander diensverskaffer wat veroorsaak het dat 'n ou eposlys geïntegreer moes word. As jy hierdie nuusbrief verkeerdelik ontvang het en dit nie weer wil ontvang nie, volg asseblief die "unsubscribe" skakel onder.)
|
|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Julie 2020 Nuusbrief
|
|
Wees gegroet in die
aloorwinnende Naam van Jesus Christus!
|
In hierdie nuusbrief:
Waarmee is God besig is in die wêreld?
"Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus
Jesus.“ Fil 3:14.
|
Ons dank die Here vir die resultate van die
Junie-uitreik
|
Junie 2020 se resultate is soos volg:
- 209,574 Persone is hierdie maand deur ons advertensies bereik
- 5,952 Persone het op een of ander wyse gereageer op ons advertensies
- 4,771 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensie wat skakel na ons Uitreikblad
|
2020 Jaar-tot-datum lyk die prentjie so:
- 1,484,658 Persone is hierdie jaar tot datum deur ons advertensies bereik
- 38,696 Persone het op een of ander wyse gereageer op ons advertensies
- 35,242 Klikke is deur Facebook getel op ons advertensie wat skakel na ons Uitreikblad
|
Ons is dankbaar teenoor die Here dat ons gedurende Junie 209,574 mense regoor Afrika kon bereik op Facebook met ons advertensieveldtog.
Ons webteller wys dat, alhoewel minder persone gedurende Junie op ons advertensies geklik het, het 2,902 nuwe besoekers ons uitreikblad vir die eerste keer besoek. Ons loof en dank die Here ook vir 410 soekende persone wat die uitreikblad twee of meermale besoek het.
Vanaf Januarie 2020 het ons 1,484,658 mense op die internet bereik met ons advertensies terwyl daar 35,242 klikke
op die skakel na ons Evangelie uitreikblaaie was. Bid asseblief vir hierdie mense — veral vir hulle wat werklik soekend is. Baie dankie vir u voorbidding.
|
Ons is in ’n geestelike oorlog betrokke
|
|
Ek was hierdie afgelope maand weer intens bewus van die oorlog in die geesteswêreld. Persone wat die Evangelie van Jesus Christus vyandiggesind is, pos aanvallende boodskappe op ons
Facebookblad, waarvan die boodskap hiernaas een voorbeeld is.
|
Wat u hier sien is slegs 'n klein gedeelte van die boodskap. Die volledige boodskap is feitlik 'n bladsy lank. Hierdie teenstand teen die Evangelie het gevolge in die geestes- sowel as die fisiese wêreld, en beïnvloed
onder andere die resultate van ons uitreike. Dit is waarom u gebedsondersteuning so belangrik is! Ek is net dankbaar teenoor die Here dat Facebook nog nie weer ons uitreikblaaie geblokkeer het nie.
Wêreldsending is 'n geestelike oorlog. Satan wil met alle mag verhoed dat die onbereikte wêreld met die Evangelie bereik word omdat dit sy einde sal beteken. Gebedsondersteuning deur die kinders van die Here is 'n onmisbare element in die bereiking van die wêreld met die Evangelie!
Ek kan nie die belangrikheid van die rol van gebedsondersteuning oorbeklemtoon nie. In Exodus 17 lees ons die verhaal van Israel se oorlog teen die Amalekiete terwyl Aäron en Hur, Moses se arms op die berg omhoog gehou het. Moses, Aäron en Hur het die uitslag van die oorlog op die berg bepaal. Lees gerus die artikel: Die belangrikheid van 'n Aäron en Hur bediening.
|
Wat is die hooftaak waarmee God besig is in die wêreld?
In die artikel, ‘Die Wêreld van God se Passie’, het ons tot die gevolgtrekking gekom dat God met iets heel anders in die wêreld besig is as wat baie Christene dink!
|
|
God is besig om ‘n nageslag en familie vir Homself, en ‘n bruid vir Sy Seun te verwek na Sy beeld om die hemel te bevolk — deur hulle te
versamel uit elke volk, stam en taal in die wêreld; Sy beeld wat verlore gegaan het met die sondeval in hulle lewens te herstel; met die doel om met die wederkoms van Jesus Christus en die bruilof van die Lam met Hom te verenig te word om in ewigheid saam met Hom te regeer oor die skepping.
|
Ses dinge waarmee God nie besig is nie
Wanneer ons verstaan waarmee God besig is, kan ons maklik identifiseer waarmee God nie hoofsaaklik besig is nie:
1. God is nie hoofsaaklik besig om Sy Koninkryk in hierdie wêreld te vestig nie.
2. God is nie primêr besig om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak nie.
3. God is nie primêr besig om menslike lyding te verlig, en aardse voorspoed te bring nie.
4. God is nie primêr besig om ons eie plaaslike omgewing, stad en land te verchristelik en almal hier te red nie.
5. God is nie primêr besig om omgewings, gemeenskappe, dorpe, stede en lande vir Christus te verower nie.
6. God is ook nie primêr besig omherlewings te gee nie.
Waarmee is God dan hoofsaaklik besig? Soos ons reeds hierbo gesê het, God is besig om Sy Kerk en Bruid te versamel
uit elke volk, stam en taal in die wêreld - vir 'n ewigheidsdoel. Daarom moet elke Christen, kerk en gemeente 'n lewende wederkomsvisie en -verwagting hê.
Wat is die hooftaak waarmee 'n gemeente besig moet
wees?
Waarmee moet die Kerk haarself dan hoofsaaklik besig hou? Wat is die belangrikste taak van 'n gemeente? Die primêre taak van 'n gemeente is om die uiteindes van die aarde met die Evangelie te help bereik. Die hooftaak van 'n gemeente is om dissipels en sendelinge van Jesus Christus te maak, hulle te mobiliseer, toe te rus en soveel
as moontlik uit te stuur om die onbereikte wêreld met die Evangelie te help bereik.
Dr Oswald Smith verduidelik dit in die artikel, ‘Is the Evangelization of the World the Supreme Task of the Church?’. In sy boek, Passion For Souls, beskryf Oswald Smith die sendingherlewing wat plaasgevind het in die People’s Church van Toronto gedurende die eerste helfte van die vorige eeu.Hierdie gemeente van tussen 2,000 - 3,000 lidmate het meer as 600 sendelinge uitgestuur en onderhou.
Wat interessant is, is dat al die dinge wat ons hierbo gesê het waarmee God nie hoofsaaklik besig is nie, ook gerealiseer
het in hierdie gemeente — omdat hulle die passie van God se hart eerste gestel het.
Lees gerus die volledige artikel hier.
Baie dankie!
Baie dankie aan elke individu en gemeente wat vir Projek KuberWêreld bid en finansieel ondersteun. Mag die Here julle ryklik seën! Indien jy of jou gemeente ‘n bydrae wil maak, kan jy die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|