Projek KuberWereld - Nuusbrief: Januarie 2016

Published: Thu, 01/14/16

Image
Projek KuberWêreld
Bereik die Ongeëvangeliseerde Wêreld met die Evangelie deur die Internet

Januarie 2016
Nuusbrief
Maandelikse Verslag: Desember 2015

Hierdie afgelope
maand se resultate ...
Hierdie maand se oorgawes kom van:
Nepal, Ethiopië, Pakistan, Somalië, Uganda, Afghanistan, Bangladesh, Bhutan, Soedan en Algerië.

Gebedsversoeke kom ook van:
Australië, Saudi Arabië, Samoa, VSA, Oman, Qatar, Burma, Indië, Eritreë, Senegal en Kuba.

Vir volledige resultate besoek die Analiseblad.
Vir meer inligting oor Projek KuberWêreld, besoek ons webblad.

Besoek gerus ook ons Bronne Bladsy.

(Indien u enige gebroke skakels op enige van ons webblaaie vind, sal ons dit waardeer as u ons laat weet.)
Al die eer aan die Here!
Broodjies en vissies in Jesus se hand ...
Dit is met diepe dankbaarheid en ootmoed teenoor die Here dat ons terugkyk op nog ‘n jaar wat verby is. Ons dank die Here vir Sy genade en dat Hy gewone mense soos ons gebruik om deel te wees van die insameling van die oes ter voorbereiding van Sy wederkoms. Die rede waarom ek dit so stel, is omdat dit impliseer dat Hy elkeen van Sy kinders op een of ander wyse kan en wil gebruik om te help om die wêreld met die Evangelie te bereik, en Sy bruid te versamel uit die nasies. Hy vra niks wat ons nie het of nie kan doen nie. Al wat Hy vra is ons beskikbaarheid.

Ek wil graag die statistieke van verlede jaar met u deel, maar terwyl ek hier skryf gaan my gedagtes onvermydelik na ‘n boodskap van Ds Danie Van Rensburg jare gelede oor Jesus se vermeerdering van die broodjies en vissies. Net soos die seuntjie sy toebroodjies en vissies vir Jesus gegee het, vra die Here Jesus dat ons dit wat ons is en het aan hom sal gee en toewy vir Sy gebruik. Dan gebeur iets wonderlik: Jesus neem dit, Jesus seën en heilig dit, Jesus breek dit, en Jesus vermeerder dit om die skares te voed.

Is jou broodjies en vissies al op die altaar vir Jesus? (Rom 12:1,2) Nie? Dan sal dit slegs vyf broodjies en twee vissies bly — en jy alleen sal eet — en weer honger word!
Ons dank die Here vir die oes van 2015
Gedurende 2015 het ons die voorreg gehad om minstens 94,689 mense met die kosbare Evangelie van Jesus Christus te kon bereik, waarvan die meerderheid in die  mees ongeëvangeliseerde lande van die wêreld woon. Facebook stel hierdie syfer baie hoër, maar ons verkies om konserwatief te wees in ons statistieke om so na as moontlik aan die werklike prentjie te kom. Ons tel slegs eerste besoeke volgens die tellers wat ons self op ons webblaaie geïnstalleer het.

‘n Totaal van 573 persone het hulle name op ons gebedslys geplaas, waarvan 384 aangedui het dat hulle ‘n oorgawe aan Jesus Christus as hulle Verlosser gemaak het. Alhoewel hierdie syfers heelwat laer is as 2014, dank ons die Here vir elke siel wat by Jesus uitgekom het! Miskien is dit nodig om te verduidelik waarom die statistieke laer is as in 2014.

1. Ons koste om een persoon met die Evangelie te bereik deur die internet het gestyg van 81c in 2014 tot R1.06 in 2015. Ons het dus minder mense in 2015 bereik omdat ons begroting nie met dieselfde persentasie toegeneem het nie. ‘n Belangrike rede vir die stygende kostes is die R/$ wisselkoers. 

2. Ook die advertensiekostes het gestyg. Aan die begin van 2015 het ons gemiddeld $0.02 per klik op ons webblaaie in sekere lande betaal. Dit is nou op na $0.03 vir dieselfde teikengebied, wat ‘n 50% styging in advertensiekostes verteenwoordig.

3. Die bekeringskoers (“coversion rate”) het afgeneem. Die bekeringskoers is die persentasie van persone wat ons webblaaie besoek, wat reageer op die boodskap en ‘n oorgawe maak. Hierdie persentasie het gedaal van gemiddeld 0.55% na gemiddeld 0.33%. ‘n Kombinasie van faktore is hiervoor verantwoordelik, wat hoofsaaklik webblad ontwikkeling- en internet bemarkingsfaktore behels. Ons het ’n behoefte aan vaardige persone wat ons op hierdie gebied kan bystaan.
Ten spyte van die uitdagings is die resultate steeds oorweldigend ...
 Projek KuberWêreld het met die hulp van die Here verlede jaar die bogenoemde resultate bereik met ‘n begroting van R100,376 vir die jaar — helfte die koste van een voltydse sendeling!  Vir elke R261 tot ons beskikking het ons met die hulp van die Here een siel na Jesus toe gelei in die ongeëvangeliseerde wêreld. Wat ‘n lonende belegging in die Koninkryk van God! Is u beleggings ook so lonend? Jesus verskaf die geheim in Mat 6:19-21: “Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”

Die internet beskik oor ‘n enorme potensiaal waarvan ons nog nie eers die oppervlakte geskraap het nie! Die twee fotos hier onder illustreer die potensiaal van die internet om die geestelike oes te help insamel.
Wat is die grootste struikelblok om die hele wêreld met die Evangelie te bereik?
Ek het op Google die volgende frase ingetik: “what is the greatest challenge of world mission”. ‘n Aantal interessante webtuistes het my aandag getrek en meeste van hulle behandel ‘n aantal relevante punte. Een webblad het egter, wat my aanbetref, die spyker op die kop geslaan. Dit is die webtuiste van die Southern Nazarene University -- fulfilling the Great Commission, Howard Culbertson, emeritus professor of missions and world evangelism. Ek haal graag vir u aan:

The challenge to fulfilling Christ's Great Commission: lack of passion.

"Dealing with believers' lack of passion for the lost. People are so focused on themselves that they lack passion for the lost. The single greatest challenge is reviving that passion for the lost. Historically, the church has grown most when it ignited in people a desire to reach the lost. “ Dr Nina Gunter.

Becoming a Global Christian

 “If I truly seek to have the heart of Jesus, I will seek to think the way He thinks, not just about myself and my ministry, but about the world. I will seek to feel what He feels, to cry over what He cries over, to laugh about what He laughs about, to see what He sees, every day I live. I will not just sing songs in worship services about honoring Him in all I do. I will seek to prove my faith and commitment to the vision of Jesus with action (Jam 2:18).
     It is the vision of Jesus that calls me to wake up every day and think about the world. All too often the world is out of our vision as Christians; we do not regularly think about it. God sees the world, He thinks about the world, 24 hours a day, seven days a week. As global Christians, we should too.”    

 -- church planter Larry McKain in Falling in love with the Church, p. 245

Die grootste struikelblok om die hele wêreld met die Evangelie te bereik is die Kerk se gebrek aan Jesus se visie vir die wêreld en Sy passie vir mense se redding!
 Dit is ons (jy en ek) wat Jesus se visie en passie het, se verantwoordelikheid om dit oor te dra aan ons mede broers en susters in Jesus Christus. Dit is ‘n kwessie van perspektief! In ‘n volgende nuusbrief wil ek graag die onderwerp bespreek: Hoe kry ‘n mens Jesus se visie en passie vir die wêreld?
Baie dankie ...
Baie dankie aan elke gemeente en individu vir u gebeds- en finansiële ondersteuning die afgelope jaar.
Gebedspunte ...
  • Vir die redding van soekendes wat hul name op die gebedslys geplaas het.
  • Vir die geestelike groei, volharding en vrugbaarheid van elkeen wat ‘n oorgawe gemaak het.
  • Bid asseblief saam met ons vir genoegsame, gereelde en standhoudende fondse sodat ons nie die internet veldtogte hoef te onderbreek nie.
  • Bid vir hulle wat vervolg word vir hulle geloof in Jesus Christus!
  • Dat die Here ons sal help om bekeerlinge effektief te kan opvolg en dissipileer.
  • Vir die sendingvelde van die wêreld - in besonder vir die Onbereikte Wêreld – dat die Here ‘n pad sal maak vir die Evangelie na elke volk, stam en taal.
  • Dat gemeenteleiers en gemeentes toenemend ‘n wêreldsendingvisie sal kry en meer gemeentes betrokke sal raak.
Die ‘jpg’ vir u gemeente se bulletin verskyn bo aan die epos onder die opskrif.

Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
Ons kontakbesonderhede is:
Slakkeposadres: Posbus 31014, Totiusdal, Pretoria. 0134
Selnommer: 072-2022-744

Volg asseblief die skakel na hierdie bladsy as u wil inskryf vir ons nuusbrief.

U kan gerus hierdie epos aanstuur vir iemand anders wat moontlik in Projek KuberWêreld kan belangstel. Indien iemand anders hierdie epos vir u aangestuur het, moet u asseblief inteken op die bladsy hierbo indien u hierdie nuusbrief in die toekoms wil ontvang. (Indien u nie internet toegang het nie, maar wel epos, stuur asb vir ons ‘n epos met u naam en eposadres by bogenoemde eposadres.)

Bankbesonderhede:
Rek Naam: Aksie 1:8,  ABSA (Montana)   Kode: 632005   Reknr:  5260146779. Meld asb Projek KuberWêreld (en u naam of gemeente) as verwysing. Bv: PKW-(P Botha). In geval van ‘n elektroniese inbetaling, stuur asb 'n bewys van inbetaling na 0722022744.

U kan ook met behulp van u krediet- of debietkaart ‘n bydrae op die internet maak op hierdie bladsy.