Projek KuberWereld - Desember Nuusbrief

Published: Thu, 12/10/15

Image
 Totale aantal name op ons gebedslys: 4,203

Totale oorgawes: 1,881


Klik hier om die Nuusbrief in PDF formaat af te laai.
Projek KuberWêreld
Desember Nuusbrief

Bereik die Ongeëvangeliseerde Wêreld met die Evangelie deur die Internet
Maandelikse Verslag: November 2015

Hierdie afgelope
maand se resultate:

Aantal gebedsversoeke: 38

Aantal oorgawes: 18

Aantal besoeke op ons webblaaie: 5,736
Ons November begroting het ons toegelaat om 10 uit 30 dae betaalde advertensies te plaas.

 Hierdie maand se oorgawes kom van:
Nepal, Ethiopië, Pakistan,  Somalië, Filippyne, Eritrië, Maleisië, Uganda en Nederland.

Gebedsversoeke kom ook van:
Bhutan, Afghanistan, Sudan en Irak

Al die eer aan die Here!


Vir volledige resultate besoek die Analiseblad.
Vir meer inligting oor Projek KuberWêreld, besoek ons webblad.

Besoek gerus ook ons Bronne Bladsy.

(Indien u enige gebroke skakels op enige van ons webblaaie
vind,sal ons dit waardeer as u ons laat weet.)

Ons is opgewonde oor
die maand van Desember
Alhoewel ons moeg is, het ons ‘n spesiale rede om opgewonde te wees gedurende Desember. Vir die eerste keer hierdie jaar het ons genoeg fondse vir die maand om die internet veldtog ononderbroke te laat loop. Danksy ‘n groot donasie van ‘n anonieme donateur — en natuurlik ook elkeen van u en u gemeentes se bydraes — kan ons vir die volgende afsienbare tyd die internet veldtog ononderbroke laat loop. Ons gee al die dank en eer aan die Here hiervoor!

Die internet veldtog gaan dus regdeur Desember voluit hardloop — al gaan ons ook rus. Sommige van u wonder dalk nou hoe werk dit? Wel, laat ek dit so verduidelik—internetsending werk amper soos om ’n vliegtuig te loods. Dit verg enorme voorbereiding, vernuf en intense konsentrasie om die vliegtuig te laat opstyg en in die regte rigting te stuur. Maar wanneer die vliegtuig eers op koers is en die regte hoogte bereik het, vlieg dit lang afstande op “auto pilot”. Die loods kan dan ‘n bietjie ontspan en ‘n koffietjie drink. So werk dit ook met die internetbediening.
Hoekom is dit so moeilik om Chistene en kerke by wêreldsending betrokke te kry?
Alhoewel ons dankbaar is vir die handjievol individue en gemeentes wat ons visie vir die onbereikte wêreld deel, spook hierdie vraag maar altyd: Waarom staan soveel Christene, kerke en gemeentes apaties teenoor Jesus se Groot Opdrag om die HELE wêreld met die Evangelie te bereik? Waarom is dit nie elke Christen, kerk en gemeente se eerste en hoogste prioriteit nie? Waarom misluk ons om die Kerk van Jesus in die breë te mobiliseer om as ‘n eerste prioriteit elke volk, stam en taal met die Evangelie te bereik?

Laat ons eerlik wees, die grootste enkele struikelblok in die bereiking van die wêreld met die Evangelie is ‘n gebrek aan fondse. Die hele taak van wêreldsending is in die hande van ‘n klein persentasie toegewyde Christene en gemeentes met ‘n wêreldsendingvisie. 2000 Jaar na Jesus se eerste koms bestee die Kerk wêreldwyd steeds slegs 0.036% van Christeninkomste op die ongeëvangeliseerde wêreld.

Het u geweet dat as evangeliese Christene wêreldwyd slegs ‘n addisionele 1% van hulle inkomste vir sending aan die onbereikte wêreld sou skenk, ‘n addisionele R83 biljoen per maand vir wêreldsending beskikbaar sal word, wat ‘n bedrag van R11 miljoen Rand per maand beskikbaar sou stel vir die planting van  gemeentes, met die Bybel in hulle eie taal—visueel, oudio en gedruk—vir elkeen van die ongeveer 7000 mensegroepe in die wêreld wat nog onbereik is.

As hierdie fondse beskikbaar was sou die Kerk, met behulp van die moderne tegnologie, die hele wêreld kon bereik met die Evangelie binne die volgende tien jaar! As alle evangeliese Christene in Suid Afrika ‘n addisionele 1% van hulle inkomste vir bereiking van die onbereikte wêreld sou skenk, sou ons alleen minstens 135 onbereikte groepe met die Evangelie kon bereik met die hulp van die Here!

Waarom doen ons dit dan nie? Hierdie is ‘n vraag waarmee ek die afgelope paar jaar worstel nadat die Here my en Nansie geroep het vir hierdie taak. Hoe kan ons dit regkry om die Kerk van Jesus te oortuig dat haar hoogste prioriteit en eerste en belangrikste taak is om die Evangelie beskikbaar te stel aan elke volk, stam en taal? Ten spyte van Godsmanne soos Dr Oswald Smith en andere se lering, en bedieninge soos World Thrust, OM, Operation World en vele ander, worstel die Kerk nog met dieselfde probleem — ons en ons eie behoeftes eerste!
‘n Liggie skakel aan ...
Ek het onlangs ‘n artikel in The Times Of Israel gelees wat ‘n liggie vir my laat opgaan het oor die gebrek aan betrokkenheid van Christene by wêreldsending. ‘n Lid van die Israelse regering, Anat Berko, wat ‘n kriminoloog is, het voor haar politieke betrokkenheid navorsing gedoen oor wat die Moslem aanvallers, selfmoord bomaanvallers en terroriste beweeg om hulle eie lewens op te offer vir sulke bloedvergieting, geweld en doodslag. Ek haal vir u enkele gedeeltes aan:

Berko says the attackers are committing these acts for the sake of “glory,” both on social media and in Palestinian society, and like all teenagers, they compete over who can be the biggest hero. The terrorists do not think death is the end, but fully believe they will enter paradise, “where they will meet 72 virgins, drink until they’re intoxicated and have lots of sex.”

Indeed, in the meetings with prisoners described in the book, some go into great detail about what paradise is like.

“All the would-be shaheeds [martyrs] I spoke to described paradise in similar terms,” Berko wrote in the book. “As far as they were concerned, beyond meeting Allah, the prophet Muhammad, and other shaheeds, paradise was a place for the pleasures of the flesh. There were eternal virgins with transparent white skin, and there were no physiological needs. There was food, rivers of honey and alcohol. [One prisoner] added it would be a place where sexually inexperienced adolescents met virgins.”...

As for what female attackers can hope to get in paradise, it is often as basic as the right to marry for love. One prisoner, who tried but failed to carry out a suicide bombing, told Berko, “In paradise I will be like a queen and sit in my kingdom and marry anyone I want to. ...”

Berko says many young Palestinians live in communities with a tremendous amount of social pressure, prohibitions and shame. In paradise, they can experience all the things that are forbidden in real life.

“A few years ago I met a 15-year-old boy who had tried to be a suicide bomber. He told me that he is a virgin and had believed his first sexual experience would be in paradise. ...’”

Dit is duidelik dat hierdie Moslems gedryf word deur hulle verwagting van die ‘hemel’!

Is die bron van ons probleem nie dalk ook ‘n valse verwagting van die hemel nie?
Kan dit wees dat baie Christene so ‘n verdraaide beeld van die hemel het dat hulle heel tevrede is om primêr te leef vir die aardse? Ek dink so! Baie Christene dink dat almal gaan in die hemel gelyk wees — ’n mens gaan immers hemel toe op grond van  genade, nie verdienste nie! Dus, solank ek net weet dat ek eendag hemel toe gaan as ek sterf is alles OK en word ek hier en nou gedryf deur my aardse lewe en persoonlike behoeftes!

Watter skok wag daar nie eendag op die oorgrote meerderheid Christene in die hemel nie! 1 Kor 3:11-15 sê: “... En as iemand op dié fondament (van Jesus Christus) bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels — elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.” (Beklemtoning my eie)

My oorlede pa het dikwels hierdie woorde van ‘n onbekende outeur aangehaal en dit bly my altyd by: “Only one life, 'twill soon be past, Only what's done for Christ will last.” Dit is skrikwekkend om te sien hoeveel Christene, kerke en gemeentes in ons tyd besig is om met stoppels te bou!
Baie dankie ...
Baie dankie aan elke gemeente en individu vir u gebeds- en finansiële ondersteuning die afgelope jaar. Ons bid u elkeen toe ‘n geseënde Christusfees en ‘n vrugbare nuwe jaar terwyl u bou met kosbare stene in die Meester se diens!
Gebedspunte ...
  • Vir die redding van soekendes wat hul name op die gebedslys geplaas het.
  • Vir die geestelike groei, volharding en vrugbaarheid van elkeen wat ‘n oorgawe gemaak het.
  • Dank die Here saam met ons dat Hy genoegsame fondse ingestuur het om hierdie maand ononderbroke op die internet te kan wees.
  • Bid vir hulle wat vervolg word vir hulle geloof in Jesus Christus!
  • Dat die Here ons sal help om bekeerlinge effektief te kan opvolg en dissipileer.
  • Vir die sendingvelde van die wêreld - in besonder vir die Onbereikte Wêreld – dat die Here ‘n pad sal maak vir die Evangelie na elke volk, stam en taal.
  • Dat gemeenteleiers en gemeentes toenemend ‘n wêreldsendingvisie sal kry en meer gemeentes betrokke sal raak.
Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
Ons kontakbesonderhede is:
Slakkeposadres: Posbus 31014, Totiusdal, Pretoria. 0134
Selnommer: 072-2022-744

Volg asseblief die skakel na hierdie bladsy as u wil inskryf vir ons nuusbrief.

U kan gerus hierdie epos aanstuur vir iemand anders wat moontlik in Projek KuberWêreld kan belangstel. Indien iemand anders hierdie epos vir u aangestuur het, moet u asseblief inteken op die bladsy hierbo indien u hierdie nuusbrief in die toekoms wil ontvang. (Indien u nie internet toegang het nie, maar wel epos, stuur asb vir ons ‘n epos met u naam en eposadres by bogenoemde eposadres.)

Bankbesonderhede:
Rek Naam: Aksie 1:8,  ABSA (Montana)   Kode: 632005   Reknr:  5260146779. Meld asb Projek KuberWêreld (en u naam of gemeente) as verwysing. Bv: PKW-(P Botha). In geval van ‘n elektroniese inbetaling, stuur asb 'n bewys van inbetaling na 0722022744.

U kan ook met behulp van u krediet- of debietkaart ‘n bydrae op die internet maak op hierdie bladsy.