Projek KuberWereld - Nuusbrief - April 2016

Published: Mon, 04/18/16

Projek KuberWêreld
Bereik die Ongeëvangeliseerde Wêreld met die Evangelie deur die Internet

April 2016
Nuusbrief
Foto opskrif: "Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel." Psa 81:12. "Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; .." Psa 37:5.

Maandelikse Verslag:
Maart 2016

Hierdie afgelope
maand se resultate ...
Hierdie maand se oorgawes kom van:
Nepal, Ethiopië, Pakistan, VSA, Uganda, Bangladesh, Senegal, Sudan,  Nepal (Indië).

Gebedsversoeke kom ook van:
Filippyne, Afghanistan, Eritreë, Indië (Filippyne), Egipte (Somalië).

Vir volledige resultate besoek die Analiseblad.
Vir meer inligting oor Projek KuberWêreld, besoek ons webblad.

Besoek gerus ook ons Bronne Bladsy.
(Indien u enige gebroke skakels op enige van ons webblaaie vind, sal ons dit waardeer as u ons laat weet.)
Al die eer aan die Here!

So lyk die statistieke vir Maart ...
Ons het verlede maand vir u gewys hoe lyk die statistieke wanneer ons advertensies vir ‘n volle maand onafgebroke op die internet hardloop. Ons fondse het ons toegelaat om gedurende Maart vir slegs sewe dae aktief te wees, en ons moes ongelukkig weer die ‘stop’ knoppie druk. Hierbo is die grafiek vir Maartmaand. Die boonste syfer is die aantal klikke op ons webblad.  Die groot middelste gedeelte wys die aantal eerste besoeke, en die onderste grafiek wys die aantal terugkerende besoeke. Soos u kan sien is die veldtog op 7 Maart gestop.
Wanneer gaan Jesus weer kom?
Terwyl Christene wêreldwyd opgewonde is oor die naderende koms van ons Here Jesus en wêreldgebeure dophou om Jesus se wederkoms te probeer voorspel, is slegs ‘n minderheid opgewonde oor die belangrikste teken van Sy wederkoms: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.” Mat 24:14. 
Israelse tegnologie maak dit moontlik om die hele wêreld met die Evangelie te bereik  ...
Hier volg enkele uittreksels uit ‘n artikel wat op 28 Februarie 2016 in The Times Of Israel verskyn het.

“Satellite pioneer SkyFi’s Vision: Worldwide internet access.”

“More reliable than underwater cables, easily expandable, and capable of almost limitless communication – that’s the promise of a new nano satellite-based network being developed by Israeli satellite start-up SkyFi.

“Not only will we be able to develop a worldwide Internet, we will be able to enable any type of communication between two points – telephone, digital, and even television – with the satellite network we are planning to put in space,” said Raz Itzhaki Tamir, co-founder and CEO of SkyFi. ...

Though the Internet reaches around the world, there still some 4 billion people who are not online because they live in rural areas where there are no connections, either wired or wireless. Providing access to those areas has become an important goal for both Google and Facebook, both of which are spending hundreds of millions on systems that will bring Internet access to far-flung areas via drone or balloons. ...

“We are planning to launch 60 nano-satellites that will cover the entire planet, working together in constellation that will offload tasks to each other as needed,” said Tamir. “Each satellite will cost a million dollars, so 60 nano-satellites will cost the same as one full-sized satellite, with the advantage of being able to spread them around the globe and connect them in a network that can work together.” ...

In addition, said Tamir, the communications technology used by SkyFi’s nano-sats will provide much faster connectivity than existing satellites.
“Current nano-sats can provide communication speed of two megabits per second,” said Tamir. “We’re a lot faster – about a gigabit per second.”

That is fast enough to enable video transmission, which require a lot of bandwidth – meaning that for the first time, an international, worldwide television satellite system would be feasible with the SkyFi system. ...” (Beklemtoning my eie.)

Hoe om Jesus se visie en passie vir ‘n verlore wêreld te kry
Ons het die afgelope twee maande die eerste twee stappe behandel. Die eerste was, ‘n Geesvervulde Lewe. Die tweede was, ‘n Liefde vir die Woord. Die derde stap is:

3. ‘n Lewende gebedslewe.

Ons het aan die begin van hierdie onderwerp gesê dat punt 2 en 3 is ‘n uitvloeisel van punt 1, en punt 1 is ‘n Geesvervulde Lewe. Honderde boeke (indien nie duisende nie) is reeds oor gebed geskrywe, en steeds bly ‘n lewende gebedslewe baie Christene ontwyk. Ek wil nie herhaal wat andere reeds geskryf het nie, behalwe om twee punte ten opsigte van my eie gebedsreis met jou te deel:

1. ‘n Lewende gebedslewe behels tweerrigting kommunikasie. Die mees opwindende aspek van gebed is nie dit wat ek vir God sê nie, maar dit wat Hy vir my sê. Natuurlik praat God deur Sy Woord, maar dit is in gebed waar God Sy Woord wat in my Intellek geberg is, tot openbaring bring in my gees. Ek maak ‘n punt daarvan om die Woord te bid en te bepeins — en God praat terug met my deur Sy Woord in my gees.

2. Ek het geleer om God se doel, plan en wil vir my eie lewe, my huisgesin en die wêreld te verstaan en dit te bid. Baie Christene se gebedslewe draai hoofsaaklik om hulleself en hulle persoonlike behoeftes. Iemand het gesê:

“If I want to pray effectively I have to pray into action God's purpose, plan and will for my own life and the world. It is totally ineffective if I pray something against the will of God. The entire Christian life is about executing the purpose, plan and will of God in and through my life, and unless my prayer-life reflects that, I am wasting my time praying. Can this be one of the reasons why our prayers have so little effect?”
Word vervolg.
Baie dankie ...
Baie dankie aan elke gemeente en individu vir u gebeds- en finansiële ondersteuning. Mag die Here u ryklik seën!
Gebedspunte ...
  • Vir die redding van soekendes wat hul name op die gebedslys geplaas het.
  • Vir die geestelike groei, volharding en vrugbaarheid van elkeen wat ‘n oorgawe gemaak het.
  • Bid asseblief saam met ons vir genoegsame, gereelde en standhoudende fondse sodat ons nie die internet veldtogte hoef te onderbreek nie.
  • Bid vir hulle wat vervolg word vir hulle geloof in Jesus Christus!
  • Dat die Here ons sal help om bekeerlinge effektief te kan opvolg en dissipileer.
  • Vir die sendingvelde van die wêreld - in besonder vir die Onbereikte Wêreld – dat die Here ‘n pad sal maak vir die Evangelie na elke volk, stam en taal.
  • Dat gemeenteleiers en gemeentes toenemend ‘n wêreldsendingvisie sal kry en meer gemeentes betrokke sal raak.
Die ‘jpg’ vir u gemeente se bulletin verskyn bo aan die epos onder die opskrif.

Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
Ons kontakbesonderhede is:
Slakkeposadres: Posbus 31014, Totiusdal, Pretoria. 0134
Selnommer: 072-2022-744

Volg asseblief die skakel na hierdie bladsy as u wil inskryf vir ons nuusbrief.

U kan gerus hierdie epos aanstuur vir iemand anders wat moontlik in Projek KuberWêreld kan belangstel. Indien iemand anders hierdie epos vir u aangestuur het, moet u asseblief inteken op die bladsy hierbo indien u hierdie nuusbrief in die toekoms wil ontvang. (Indien u nie internet toegang het nie, maar wel epos, stuur asb vir ons ‘n epos met u naam en eposadres by bogenoemde eposadres.)

Bankbesonderhede:
Rek Naam: Aksie 1:8,  ABSA (Montana)   Kode: 632005   Reknr:  5260146779. Meld asb Projek KuberWêreld (en u naam of gemeente) as verwysing. Bv: PKW-(P Botha). In geval van ‘n elektroniese inbetaling, stuur asb 'n bewys van inbetaling na 0722022744.

U kan ook met behulp van u krediet- of debietkaart ‘n bydrae op die internet maak op hierdie bladsy.