Liewe vriende, ons het die afgelope maand twee nuwe mylpale bereik. Die eerste is dat ons vir die eerste keer sedert ons met hierdie bediening begin het in 2011, genoeg finansies gehad het om die internetveldtog vir drie maande
agtermekaar, vanaf Desember — behalwe vir ongeveer 4 dae in Desember — onafgebroke te laat funksioneer. Weereens, baie dankie aan almal wat dit vir ons finansieel moontlik gemaak het.
Gedurende die afgelope drie maande het ons R69,064.51 op advertensies bestee, 45,397 mense in die Ongeëvangeliseerde Wêreld bereik met die Evangelie, terwyl 334 soekende persone hulle name op ons gebedslys geplaas het, waarvan 156 ‘n geloofstap geneem het om Jesus Christus aan te neem as
hulle Verlosser. Dit beteken dat vir elke R1.52 wat ons op advertensies bestee het, het ons een persoon in die Ongeëvangeliseerde Wêreld met die Evangelie bereik.
Die tweede mylpaal wat bereik is, is dat die 2,000 merk verbygesteek is van persone wat ‘n geloofstap geneem het om Jesus Christus aan te neem as hulle Verlosser.
Natuurlik kry die Here alleen al die eer hiervoor. Ons, en u wat dit finansieel moontlik gemaak het, is maar net
instrumente in Sy hand waardeur die rykdom van God se genade na ‘n verlore wêreld kan vloei. Mag die Here ons getrou hou!