Projek KuberWereld - Nuusbrief: Oktober (vir Sept) 2015

Published: Mon, 10/19/15

Image
 Totale aantal name op ons gebedslys: 4,131

Totale oorgawes: 1,849


Klik hier om die Nuusbrief in PDF formaat af te laai.
Projek KuberWêreld
Bereik die Ongeëvangeliseerde Wêreld met die Evangelie deur die Internet

Maandelikse Verslag: September 2015

Hierdie afgelope
maand se resultate:

Aantal gebedsversoeke: 25

Aantal oorgawes: 18

Aantal besoeke op ons webblaaie: 6,427

 Hierdie maand se oorgawes kom van:

Nepal, Afghanistan, Ethiopië, Pakistan, Sudan, Suid-Sudan, Bangladesh, Malawi,
Saudi Arabië, Kongo, Maleisië, Verenigde Arabiese Emiritate en Mosambiek.


Gebedsversoeke kom ook van:

Myanmar, Somalië, Sierra Leone en VSA.

Al die eer aan die Here!


Vir volledige resultate besoek die Analiseblad.
Vir meer inligting oor Projek KuberWêreld, besoek ons webblad.

Besoek gerus ook ons Bronne Bladsy.

(Indien u enige gebroke skakels op enige van ons webblaaie
vind,sal ons dit waardeer as u ons laat weet.)

Die fokus op Nepal
Daar word berig dat die vervolging van Christene in Nepal besig is om geweldig toe te neem. Nepal is een van die lande vanwaar ons die meeste bekerings kry. Daar is  380 persone van Nepal op ons gebedslys waarvan 329 ‘n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het. Dit blyk dat hierdie mense nou ons gebede meer as ooit nodig het. Hieronder volg ‘n uittreksel uit ‘n berig op Prophecy News Watch:

“Nepal seems to be the latest hotspot for intensified attacks against Christians and their faith. Nepal’s 31 million-strong population is predominantly Hindu, at about 81%. Christians make up a mere 1.4% of the entire population. A group of Hindu extremists from the Morcha Nepal, or ‘Morcha’ radical group, is now reportedly using leaflets to warn all foreign Christian missionaries to leave Nepal. 

This demand follows a series of church bomb attacks in recent weeks. The attacks did not kill or injure but did cause significant damage to property. Incidents of Bible burning by Hindu youth, designed to heighten fear in Christians, have also been reported. Christians are being blamed for "corrupting the country," while a new Constitution bans people from converting others to their faith.

All Christian organizations and institutions are also considered ‘fair game’. Despite several arrests, the Morcha have yet to stop threatening Christian missionaries to leave the country. Rather, they have proceeded to declare Nepal a ‘Christian-free’ Hindu nation. They have narrowed down their options to Christians in three grim choices:

1. Leave Nepal immediately;
2. Reconvert to Hinduism;
3. Refuse to leave or convert, and die.

The threats have so far seemingly not shaken the faith of Christian believers, of whom sources report that, "Christians continue their mission of dialogue and proclamation of the Gospel of charity toward all."

Naturally, concerns have been raised about religious freedom in Nepal and the concurrent threat of religious fundamentalism that threatens to kill off the remnants of the Church in Nepal. Christian groups such as Mission Network News (MNN) and Christian Solidarity Worldwide (CSW) suggested that Christians around the world pray for the government of Nepal; for the wisdom of Nepal's leaders; for the people of Nepal; and especially for Nepalese Christians as they continue to practice their faith under such difficult circumstances.

Presbyterian (PCUSA) mission spokesman Hunter Farrell stated that, whereas there was much concern for the safety of indigenous believers in Christ, the PCUSA’s efforts can still continue through them. He anticipated the growth of the underground church in a similar manner as occurred during the ‘hidden years’ of China’s nascent persecuted church.

So what should the Christian viewpoint be in these challenging and distressing circumstances? Jesus Christ told His followers to expect persecution, but that He would be with the Church through it all, and that the gates of hell would not prevail against it. In addition to the warnings of upcoming persecution, He also offered strength and encouragement with such words as these:

Blessed are ye, when men shall revile you, and persecute you, and shall say all manner of evil against you falsely, for My sake. ...(Matthew 5:11, 12).”

My Moslem “gebedsvriend” ...
Ek het nog ‘n Moslem “gebedsvriend” bygekry.  Ek vermoed dat ek al ‘n hele paar Moslem “gebedsvriende” het. Die geestelike stryd waarin ek myself van tyd tot tyd bevind is getuienis hiervan. Die Woord leer mos dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose magte in die lug. (Ef 6) Maar loof die Here, ons leef steeds in oorwinning deur die bloed van die Lam en die woord van ons getuienis. (Op 12:11)

My rekenaar word ook gereeld met virusse vanuit die Moslemwêreld geteiken.  Of dit hiermee verband hou weet ek nie, maar my rekenaar moes hierdie maand skoongemaak en oorgelaai word om van korrupte leêrs ontslae te raak. Ek dank die Here dat alles nou weer normaal funksioneer na weke van ontwrigting, waartydens ons selfs gevrees het dat ek al my data (jare se skryfwerk en webblaaie) kon verloor. Die Here het egter oorheers—loof die Here!

Hieronder is ’n boodskap wat ek onlangs van ‘n Moslem ontvang het wat sy naam op ons gebedslys geplaas het, maar nie ‘n oorgawe aan Jesus gemaak het nie. Hy reageer op ‘n opvolgboodskap wat hy van ons ontvang het met die opskrif, ‘Is There A God?’ Aan die einde van die epos groet ek altyd die persoon met die woorde, “Remember, we are praying for you .... Your prayer friend”, en my naam. Só probeer hy my nou tot Islam bekeer:

“Dear Elmer Grobler.  I know there is a God by name of Allah and there is not any God with out Allah. I am not alone I have God and he help me all the time. and Mohammad was the messenger of Allah like Jesus and Musah (Moses) and other messengers. Jesus was not a God he was a human like me and you but the deference point was that, which he was the messenger of Allah. I invite you to accept Islam and please study so hard to know what's fact.  Your Prayer Friend, Farid ...” (Beklemtoning my eie.)

Ai! As die Here maar die blinddoek van hierdie mense se geestesoë mag afruk! Terwyl ons eie Afrikaner kerkmense (met blinddoeke—met verwysing na huidige koerantberigte) geen verskoning het dat ons nie gehoor of geweet het nie, het baie Moslems nog nooit eenkeer die ware Evangelie gehoor nie! Tersefdertyd stroom derduisende vlugtelinge vanuit die Moslemwêreld na die weste waar hulle (tans nog) vryelik met die Evangelie bereik kan word — as ons maar net die standhoudende finansiële ondersteuning kan bekom om hulle te teiken!
Getuienisse van nuwe bekeerlinge
Girma van Ethiopië: “I spend more than a half hour everyday just in praying, So i have seen significant change in my life. I (had) different habits that is related to drug, currently I'm free of that so I would like to thank my glory God.”

Michael van Tanzanië: “Thanks for your message, honestly it has blessed me a lot and opened my mind, in past i did not believe the fact that faith can rescue man from the great depth of sin, but after receiving your text i have understood what great things faith can do in our life and in a struggle against evil.”

Zacchaeus van Malawi: “God bless you for offering prayer for me. I am fellowshipping with a living church and my life is changing.” 

Later skryf hy weer:  “THANK YOU SO MUCH FOR OFFERING ME A PRAYER. GOD IS REALLY CHANGING MY LIFE.  REGARDS, ZACCHAEUS.”
Baie dankie ...
Baie dankie aan elke gemeente en individu wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met hierdie bediening deur u gebeds- en finansiële ondersteuning. Dankie ook aan die nuwe donateurs. U weet wie u is. Mag die Here u ryklik seën.

Is jy en jou gemeente al betrokke?
Gebedspunte ...
  • Vir die redding van soekendes wat hul name op die gebedslys geplaas het.
  • Vir die geestelike groei, volharding en vrugbaarheid van elkeen wat ‘n oorgawe gemaak het.
  • Bid asseblief saam met ons vir genoegsame, gereelde en standhoudende fondse sodat ons nie die internet veldtogte hoef te onderbreek nie.
  • Bid vir hulle wat vervolg word vir hulle geloof in Jesus Christus!
  • Dat die Here ons sal help om bekeerlinge effektief te kan opvolg en dissipileer.
  • Vir die sendingvelde van die wêreld - in besonder vir die Onbereikte Wêreld – dat die Here ‘n pad sal maak vir die Evangelie na elke volk, stam en taal.
  • Dat gemeenteleiers en gemeentes toenemend ‘n wêreldsendingvisie sal kry en meer gemeentes betrokke sal raak.
Let wel, ons heg nie meer aanhangesels aan ons eposnuusbrief nie. Indien u steeds die 'jpg' met 'n opsomming van elke maand se resultate wil ontvang, laat ons asseblief weet, dan stuur ons dit vir u.

Liefdegroete in Jesus

Elmer en Nansie Grobler
Ons kontakbesonderhede is:
Slakkeposadres: Posbus 31014, Totiusdal, Pretoria. 0134
Selnommer: 072-2022-744

Volg asseblief die skakel na hierdie bladsy as u wil inskryf vir ons nuusbrief.

U kan gerus hierdie epos aanstuur vir iemand anders wat moontlik in Projek KuberWêreld kan belangstel. Indien iemand anders hierdie epos vir u aangestuur het, moet u asseblief inteken op die bladsy hierbo indien u hierdie nuusbrief in die toekoms wil ontvang. (Indien u nie internet toegang het nie, maar wel epos, stuur asb vir ons ‘n epos met u naam en eposadres by bogenoemde eposadres.)

Bankbesonderhede:
Rek Naam: Aksie 1:8,  ABSA (Montana)   Kode: 632005   Reknr:  5260146779. Meld asb Projek KuberWêreld (en u naam of gemeente) as verwysing. Bv: PKW-(P Botha). In geval van ‘n elektroniese inbetaling, stuur asb 'n bewys van inbetaling na 0722022744.

U kan ook met behulp van u krediet- of debietkaart ‘n bydrae op die internet maak op hierdie bladsy.