Google en YouTube is voortdurend besig om hulle algoritmes aan te pas om aan adverteerdes die 'beste moontlike resultate' op hulle promosieveldtogte te verskaf. Kunsmatige Intelligensie word ingespan
om die adverteerder se teikenmark so akkuraat moontlik te identifiseer.
Daar is egter een groot probleem! Hierdie besigheidsmodel is gebaseer op die aanname dat 'n adverteerder sy produk wil
bekendstel aan potensiële kopers. Met ander woorde, die beste gehoor om te teiken is hulle wat jou produk sal wil 'koop'. Met ander woorde, die aanname word gemaak dat 'n adverteerder sy advertensie wil laat sien deur hulle wat dit graag wil sien.
Ons doelwit is egter anders. Ons doelwit is om ons advertensies te laat sien deur hulle wat dit nie wil of kan sien nie! Ons doelwit is om die Evangelie bekend te stel aan hulle wat dit nog nie gehoor het nie, en/of dit nie wil hoor nie -- insluitend hulle wat dit nie mag hoor nie omdat hulle in lande woon wat geslote is vir die Evangelie. Google en YouTube se KI algoritmes is
toenemend besig om hierdie arbeidsvelde toe te sluit vir die Evangelie.
Ons moet dus die Here vertrou om voortdurend aan ons nuwe strategieë en metodes te gee om die Evangelie na
die mins-geëvangeliseerde wêreld te stuur! Bid asseblief saam met ons dat die Here vir ons sal lei en die regte deure sal oopmaak.