YouTube verdedig hierdie hoë kyke-statistiek soos volg:
High views + relatively low unique viewers = your
existing audience is very engaged and watches your stuff repeatedly. That's usually a positive signal, especially for channels with tutorial, music, or niche content.
Die aantal 'unieke kykers' of persone wat ons bereik is egter
vir ons die belangrike maatstaf en daarom gaan ons van nou af voorkeur aan hierdie resultaat gee. Ons wil nie hoë statistieke jaag nie, ons wil unieke kykers bereik. Unieke kykers is die statistiek waarop ons die koste bereken om een persoon met die Evangelie te bereik. Eendingers bereik tans een persoon met die Evangelie vir tussen R0.25 en R0.50. Verlede jaar was hierdie syfer, R0.26. Die nuutste syfer tot ons beskikking is R0.32 -- as gevolg van veranderings wat plaagevind
het.
Hierdie syfer word bereken deur ons totale maandelikse begroting te deel deur die 'unieke kykers' bereik. Die koste om een persoon met die Evangelie te bereik kan wissel van maand tot maand weens 'n verskeidenheid faktore, waarvan
ons administratiewe koste, die fondse tot ons beskikking om vir promosies aan te wend, en die populariteit van sekere videos bo ander die belangrikste faktore is. Of dit nou 25c of 50c is, bly dit steeds verreweg die mees ekonomiese manier om die wêreld met die Evangelie te bereik!
Eendingers het gedurende Februarie 90,400 unieke persone met die Evangelie van Jesus Christus bereik in die wêreld