Wie sit agter KI -- God of Satan?
Die antwoord is -- dit hang af wie dit gebruik! Maar daar is net EEN Skepper -- en ons weet Wie dit is! Hierdie is my indruk van, en opinie omtrent Kunsmatige Intelligensie: Toe die Here sien dat die Kerk nie die Groot Opdrag betyds uitgevoer gaan kry voor Sy wederkoms nie, gee Hy vir ons spesiale instrumente om die taak te turbostoot. Hy openbaar iets van Sy bonatuurlik krag om Sy hemelse doel en plan tot vervulling te bring, naamlik, om die Groot Opdrag te voltooi
en die Evangelie na elke volk, stam en taal uit te dra, sodat Jesus Christus kan terugkom om Sy bruid te kom haal.
Eers was dit die internet en opkoms van digitale tegnologie -- nou is dit Kunsmatige Intelligensie. Die mens dink dit is
hy wat so slim is, terwyl hy gladnie God se hand in hierdie dinge raaksien nie. Die hoofdoel van digitale tegnologie en KI is die uitvoering van die Groot Opdrag en God se doel en plan met die wêreld -- en alle ander gebruike is sekondêr hieraan.
Die groot gevaar van KI is misleiding. Kinders van die Here het die onderskeiding van die Heilige Gees broodnodig! Enige iemand wat dit op 'n onverantwoordelike wyse, of as 'n plaasvervanger vir die Woord van God en die werk van die Heilige Gees gebruik, sal tot verantwoording voor God geroep word!