Christene in Suid Afrika befonds Islam om hulle doel vir wêreldoorheersing te help verwesenlik!
Ek kry op Google die volgende inligting: "The South African Halaal industry is estimated to be worth around R45 billion, driven by high certification levels in the local market." Ongeveer 60% van alle supermark produkte in Suid Afrika dra die Halaal-merk: "The broader Halaal market is substantial, with up to 60% of products on South African supermarket shelves being certified."
(Terloops, ek het my ondersoek op die Grok KI model begin met die volgende vraag: "How much income is generated in South Africa for Islam through inclusion of the Halal sign on food products; and to whom or which organization is this money paid?". Ek het die volgende antwoord ontvang: "Grok was unable to finish replying. Please try again later or use a different model." Ek het 'n paar keer weer probeer, maar telkens dieselfde antwoord ontvang. Met ander woorde, Grok was nie gewillig om my vraag te beantwoord nie! Dit laat mens wonder ...)
Sê nou maar net ....
Sê nou maar net .... belydende Christene landwyd kan so 'n visie en verlange na Jesus Christus se wederkoms en die Bybelse ewigheid verkry
dat dit hulle lewensfokus word om die Groot Opdrag te help voltooi en die onbereikte wêreld met die Evangelie te help bereik!
Sê nou maar net ....
Sê nou maar net .... Operasie Een Ding kan slegs 2,500 Christene in Suid Afrika mobiliseer om elke R100 per maand by te dra om die Evangelie die wêreld in te stuur -- dan kan ons 5 miljoen mense per maand, of 60 miljoen mense per jaar regoor die wêreld met die Evangelie van Jesus Christus bereik met behulp van digitale en sosiale
media!
Operasie Een Ding maak dit moontlik vir elke Christen om doelgerig en vrugbaar by die uiteindes van die aarde betrokke te wees! Elke Eendinger se maandelikse bydrae van R100 lei tans tot die bereiking van minstens 200 mense met die Evangelie per maand, of
minstens 2,400 mense per jaar, in die mins-geëvangeliseerde wêreld!