So bereik Operasie Een Ding die wêreld met die Evangelie gedurende Maart 2026 Operasie Een Ding Nuusbrief Mrt/Apr 2026
Op 5:9,10: "Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls
oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers." |
|
|
OPERASIE EEN DING Operation One Thing NPC Maatskappy Sonder Winsbejag Reg Nr 2025 / 695780 / 08 Stigterslede: Ds Johan Grobler, Dr Frik Potgieter,
Elmer Grobler Mobiliseer die Kerk om die hele wêreld met die Evangelie te help bereik met behulp van digitale media Projek KuberWêreld en Scripture Educational Programs is projekte van Operasie Een Ding in samewerking met gemeentes en bedieninge Eposadres: admin@one1thing.com Kantoor Foonnr: 068 956 1680 Navrae, kontak- en bankbesonderhede |
Hierdie maand se nuus in 'n neutedop
- Ons YouTube-kanaal steek die 5 miljoen kyke-merk verby gedurende Maart 2026 -- aan die Here al die eer.
- Ons het gedurende Maart die Evangelie gestuur na die onderstaande lande deur die vier videos hieronder en
het 128,600 unieke persone met die Evangelie bereik.
- Die fundamentele doel en plan van God met die Kerk en elke Christen.
- Ses dinge waarmee God nie besig is nie.
- Wat is Operasie Een Ding se potensiaal?
- So klim jy saam met Operasie Een Ding op die vlug na die uiteindes van die aarde.
|
Ons YouTube-kanaal steek die 5 miljoen kyke-merk verby gedurende Maart 2026 -- aan die Here al die eer! |
Let wel: Hierdie is nie 'unieke kykers' nie -- dit is die aantal 'kyke', wat veel meer is as die aantal unieke kykers. Die aantal kyke is egter wel 'n indikasie van 'kyker-betrokkenheid'. Die aantal
unieke kykers vir die kanaal in totaal is ongelukkig nie beskikbaar nie. In die statistieke vir die maand hieronder doen ons verslag van die aantal 'unieke kykers' per video.
|
Ons het gedurende Maart die Evangelie gestuur na die onderstaande lande deur die vier videos hieronder en het 128,600 unieke persone met die Evangelie bereik |
'Four Criteria To Know Who God Is And Where To Find Him', is een van ons oudste videos en het sedert publikasie 970,903 besoeke geregistreer waarvan 391,300 unieke kykers is. Die video lei die kyker na
die Bybel as die Woord van God (sonder enige verwysing na ander godsdienste se geskrifte), en eindig met 'n skakel na die YouVersion Bible App wat afgelaai kan word op die kyker se foon. Die video het 37,700 unieke kykers bereik gedurende Maart. Die promosie het ook 'n skakel geplaas na die 'Help Me Find God' webblad wat 35,670 klikke gedurende Maart geregistreer het.
"The truth is there is an unfulfilled void in every human being's life that can only be filled by God", is die tema van hierdie video en verduidelik dat God se plan vir die mens in Jesus Christus tot
vervulling kom. Die video sluit af met 'n uitdaging aan die kyker om sy of haar lewe met God reg te maak. Hierdie video het sedert publikasie 465,132 kyke geregistreer waarvan 152,100 unieke kykers is. Gedurende Maart hierdie jaar het hierdie video 36,500 unieke kykers bereik. Die promosie het ook 'n skakel geplaas na die 'Finding Purpose In The Mess' webblad wat 26,601 klikke gedurende Maart geregistreer het.
Die 'Finding Purpose In The Mess' webblad het in totaal 50 053 klikke gedurende Maart geregistreer.
|
Die 'Help Me Find God' webblad het 35,670 klikke gedurende Maart geregistreer.
'Finding Purpose And Meaning In A Broken World', is ons oudste video en het sedert publikasie 257,273 besoeke geregistreer waarvan 83,600 unieke kykers is. Weens beperkte fondse kon die video slegs nou en dan gepromofeer
word. Dit is die rede waarom 23,800 van die genoemde unieke kykers eers gedurende Maart hierdie jaar bereik is. Hierdie video bevat 'n basiese aanbieding van die Evangelie wat ons ook in verskeie ander videos gebruik. Verskeie skakels na ander bronne word ook in die beskrywing onder die video verskaf. Die promosie het ook 'n skakel geplaas na die 'Finding Purpose In The Mess' webblad wat 23,452 klikke geregistreer het.
The Secret Of A Happy Marriage, verduidelik dat die huwelik God se doel en plan met die skepping verteenwoordig om vir Hom 'n nageslag na Sy beeld te verwek. Alhoewel die video die geheim van ‘n
gelukkige huwelik openbaar, is die hooffokus om die kyker te konfronteer met die Evangelie. Hierdie video het sedert publikasie 326,496 kyke geregistreer waarvan 72,800 unieke kykers is. Gedurende Maart hierdie jaar het hierdie video 30,600 unieke kykers bereik. Die promosie het ook 'n skakel geplaas na die 'The Secret Of God's Purpose' webblad wat 25,979 klikke in Maart geregistreer het.
'The Secret Of God's Purpose' webblad het 25,979 klikke gedurende Maart geregistreer. |
Die fundamentele doel en plan van God met die Kerk en elke Christen |
Die fundamentele doel en plan van God met die Kerk, is om 'n nageslag en bruid vir Sy Seun te verwek na Sy beeld, uit elke volk, stam en taal; wat met Hom verenig sal word met die
wederkoms van Jesus Christus; om saam met Hom te regeer oor die skepping in ewigheid. (Sien o.a. Op 5:9,10 hierbo.) Daarom is die uitvoering van Jesus Christus se Groot Opdrag God se primêre besigheidsplan vir die Kerk en elke
Christen. |
|
|
Is die Groot Opdrag en Kerk-wees twee verskillende dinge? Nee, die Groot Opdrag beteken slegs dat die Kerk se fokus van Kerk-wees op die eindes van die aarde gerig moet wees -- en nie slegs op myself, my gemeente en my eie omgewing
nie! |
Is die Groot Opdrag slegs vir sommige Christene wat 'n roeping vir sending het? Nee, die Groot Opdrag is elke kind van God se primêre roeping -- al het jy 'n slegs 'n plaaslike betrokkenheid! Operasie Een Ding maak dit moontlik vir elke Christen om doelgerig en vrugbaar by die uiteindes van die aarde betrokke te wees! Elke Eendinger se lidmaatskapsfooi van R100 lei tot die bereiking van meer as 200 mense met die Evangelie per maand in die mins-geëvangeliseerde
wêreld! |
Ses dinge waarmee God nie besig is nie |
|
|
God is besig met iets heel anders in die wêreld as wat baie Christene dink! Wanneer ons God se fundamentele doel en plan met die Kerk verstaan, kan ons maklik identifiseer waarmee God nie hoofsaaklik besig is nie. Dit lei onvermydelik na die vraag: Waarmee is óns hoofsaaklik besig? Lees gerus die artikel by hierdie skakel. |
Wat is Operasie Een Ding se potensiaal? |
|
|
Ons beskik tans oor 34 videos (sonder inbegrip van die webblaaie) wat gebruik kan word vir Evangelie uitreiking. Ons huidige begroting laat ons egter toe om slegs vier videos vir 10 dae per maand te promofeer. Met die huidige uitreikprogram bereik ons tans ongeveer 100,000 persone per maand met die
Evangelie. |
Ons koste om een persoon met die Evangelie te bereik is huidiglik gemiddeld R0,35. Indien ons dit sou kon bekostig om elke maand 30 videos vir ‘n volle maand te promofeer, kan ons na raming 5 miljoen mense per maand met die Evangelie bereik. Om dit te kan doen het ons ‘n beraamde
begroting van R250,000 per maand nodig. Wanneer ons hierdie punt bereik, sal die koste om een persoon met die Evangelie te bereik daal na R0,05. Om dit te kan bereik het ons 2,500 Eendingers nodig wat God se visie vir die wêreld deel en die Een Ding-visie ondersteun met R100 per maand.
Sal ons hierdie doel kan bereik? Sal jy asseblief saam met ons bid! |
So kan die Here JOU gebruik! |
|
|
Het jy 'n begeerte om deur die Here gebruik te word as Sy instrument? Hierdie video kan iemand se lewe verander! Kyk asseblief na hierdie video! Miskien het die Here 'n spesiale roeping vir jou in samewerking met Operasie Een Ding. Saam kan ons die wêreld bereik! Kom gesels met
ons! |
|
|
Sal jy asseblief sommer nou saam met ons bid vir die volgende: |
- Dat die Here ‘n pad sal maak vir die Evangelie na elke volk, stam en taal en vir Operasie Een Ding sal gebruik as Sy instrument om dit te help verwesenlik; en dat harte ontvanklik vir die Evangelie sal wees.
- Dat die Here vir Operasie Een Ding in Sy volmaakte wil, plan en doel vir ons roeping sal inlei sodat ons maksimaal vrugbaar in Sy diens mag wees.
- Dat ons die Een Ding visie effektief sal oordra aan andere; dat kinders van die Here saam met ons op die 'vlug' na die eindes van die aarde sal 'klim'; en dat die Here vir
ons die finansiële bronne sal oopsluit om al die geleenthede tot ons beskikking optimaal te kan benut.
- Vir elke persoon wat op een of ander manier betrokke is by Operasie Een Ding se bediening – vir krag, genade en Goddelike leiding in ons taak.
|
Baie, baie dankie vir jou gebedsondersteuning! |
Klim vandag saam met Operasie Een Ding op die 'vlug' na die uiteindes van die aarde |
Sal jy saam met ons op die Operasie Een Ding 'vlug' klim na die uiteindes van die aarde? Sal jy deur gebed, lidmaatskap, mobilisering, digitale uitreiking, of finansiële ondersteuning betrokke raak by hierdie groot visie? Volg die 'Bereik Die Wêreld' skakel hierbo vir meer inligting. |
Baie dankie Baie dankie aan elke persoon of gemeente wat op een of ander manier vir Operasie Een Ding help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie ook aan elke Eendinger wat betrokke is in gebedsondersteuning en mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler Namens die Een Ding span
|
|
|