‘n Goddelike Doelwit, of 'n Gejaag na Wind? Operasie Een Ding Nuusbrief Des/Jan 2025
"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle
bygevoeg word." Mat 6:33. |
|
|
OPERASIE EEN DING Operation One Thing NPC Maatskappy Sonder Winsbejag Reg Nr 2025 / 695780 / 08 Stigterslede: Ds Johan Grobler, Dr Frik Potgieter,
Elmer Grobler Mobiliseer die Kerk om die hele wêreld met die Evangelie te help bereik met behulp van digitale media Projek KuberWêreld en Scripture Educational Programs is projekte van Operasie Een Ding in samewerking met gemeentes en bedieninge Eposadres: opperoto@gmail.com Kantoor Foonnr: 068 956 1680 Navrae, kontak- en bankbesonderhede |
Hierdie maand se nuus in 'n neutedop
- Ons stuur die Evangelie 2,019,277 keer die wêreld in gedurende 2025 en 3,509,416 keer in totaal op YouTube -- aan die Here al die eer!
- Ons Evangelie-uitreikvideos op YouTube ontvang 633,514 besoeke in
die mins-geëvangeliseerde wêreld gedurende Desember, met 87,586 besoeke op die 'Secret Of God's Purpose' webblaaie. Prys die Here! 'n Bondige opsomming van elke video.
- Hoeveel betaal YouTube ons vir al daai kyke? 'n Goddelike doelwit of 'n gejaag na wind?
- YouTube het so pas 'automatic dubbing' geaktiveer wat beteken dat die klankbaan op nuwe videos outomaties in verskillende tale geluister kan word.
- So klim jy saam met Operasie Een Ding op die vlug na die uiteindes van die aarde.
|
Ons kon die Evangelie 2,019,277 keer die wêreld instuur gedurende 2025 en 3,509,416 keer sover in totaal, deur betaalde promosies op YouTube -- aan die Here al die eer! |
Ons prys die Here dat ons Evangelie-uitreikvideos op YouTube 633,514 besoeke in die mins-geëvangeliseerde wêreld ontvang het gedurende Desember, waarvan 87,586 die 'Secret Of God's Purpose' webblaaie besoek het! |
(Korreksie: Die woord "Desember" in die opskrif hierbo het in verlede maand se nuusbrief gelees, "Oktober". Dit moes gelees het, "November". Die statistieke was wel korrek.) |
'The Heavenly Marriage' beskryf hoe die huwelik 'n spieëlbeeld is van God se verhouding met die mens. Jesus Christus is die Bruidegom en Sy kinders die Bruid. God se plan met die skepping is om 'n
nageslag vir God en Bruid vir Sy Seun te verwek uit elke volk, stam en taal. Jesus kom binnekort om Sy Bruid te kom haal! Is jy deel van die Bruid? Hierdie video het 195,095 kyke ontvang gedurende Desember en daar was 37,926 besoeke op die indeksbladsy van 'The Secret Of God's Purpose' webblad.
'Understanding God's Plan And Purpose In The Ages' verduidelik dat God se plan en doel met die skepping die fundamentele en sentrale boodskap van die Bybel is. Wanneer ons dit verstaan, kan ons God se
plan en doel vir elke mens op aarde verstaan. Hierdie video het 220,295 kyke ontvang gedurende Desember en daar was 34,958 besoeke op die indeksbladsy van 'The Secret Of God's Purpose' webblad.
Die geheim van oorwinning oor depressie is om in die middelpunt van God se doel en plan vir jou lewe te wees. Die video verduidelik God se drievoudige doel en plan vir elke mens en verwys die kyker na
die 'Secret Of God's Purpose' webblaaie om dieper te lees. Hierdie video het 218,048 kyke ontvang gedurende Desember en daar was 26,863 besoeke op die indeksbladsy van 'The Secret Of God's Purpose' webblad. |
'The Secret Of God's Purpose - Part 1' verduidelik die mens se behoefte aan God se doel en plan vir sy lewe en die Bybelse antwoord vir lewensvervulling, soos vervat in Mat 6:33: "Soek eers die Koninkryk
van God en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." Die video verduidelik verder God se drievoudige plan en doel vir elke mens, en die noodsaaklikheid dat elkeen van hierdie drie doelwitte, waarvan wedergeboorte die eerste is, in elke persoon se lewe sal verwesenlik.
'The Secret Of God's Purpose -- Part 2' verduidelik die geheim van die twee bronne van lewe, naamlik, fisiese lewe en geestelike lewe. Die video verduidelik verder die sondeval en sy implikasies. As
gevolg van die sondeval het die mens se geestelike lewe gesterf en word hy geestelik dood gebore. Daarom moet elke mens geestelik gebore word om geestelike lewe en sekerheid van redding te ontvang.
'The Secret Of God's Purpose -- Deel 3' verduidelik wat wedergeboorte is en hoe mens dit deelagtig kan word. Wedergeboorte kan slegs gebeur deur 'n bonatuurlike werking van God. Dit kan slegs gebeur deur die Kruiswerk
van Jesus Christus. Geen mate van goeie werke of verdienste kan wedergeboorte tot stand bring nie -- slegs 'n opregte geloof in Jesus Christus en Sy volbragte werk aan die Kruis kan dit bewerkstellig. |
Hoeveel betaal YouTube ons vir al daardie kyke? 'n Goddelike doelwit, of 'n gejaag na wind? |
|
|
Iemand vra onlangs vir my hierdie vraag: 'Betaal YouTube julle vir al daai kyke?' My antwoord was as volg: Goeie vraag! Nee, YouTube betaal ons nie – ons betaal YouTube. Om ‘n inkomste op YouTube te verdien moet mens baie ‘subscribers’ hê. Maar ons doelwit is nie om ‘subscribers’ te werf nie – ons doelwit is om ‘nuwe kykers’ te bereik. |
In plaas van elke keer ‘n nuwe video te publiseer na ‘n bestaande kykersmark, promofeer ons dieselfde videos na ‘n nuwe gehoor deur betaalde promosies. Die rede daarvoor is dat ons doelwit is om die Evangelie van Jesus Christus te stuur na die nie-Christelike wêreld wat nog die Evangelie
moet hoor. Dit is waarom ons Eendingers nodig het om die Evangelie te help uitstuur na die onbereikte wêreld! Is hierdie nie ‘n gejaag na wind nie? Lees gerus die artikel, ''n Gejaag Na Wind', by hierdie skakel. |
YouTube het so pas 'automatic dubbing' geaktiveer wat beteken dat die klankbaan op nuwe videos outomaties in verskillende tale geluister kan word |
Alhoewel hierdie funksie nog in 'n stadium van ontwikkeling is en nog 'n tydjie sal neem voor dit glad funksioneer, is dit 'n GROOT stap vorentoe vir die uitdra van die Evangelie na die hele wêreld!
Hierdie funksie is tans nog slegs van toepassing op videos van 1 minuut of minder, maar met die vooruitgang van Kunsmatige Intelligensie (ten spyte van al sy negatiewe potensiaal) sal dit nie lank neem voor hierdie funksie ten volle gebruik kan word (vir die Koninkryk van God) nie. Dink net daaraan -- ons kan nou kort Evangeliese videos die wêreld instuur wat outomaties in enige van die tale hiernaas gehoor en gelees kan word, wat op hul beurt skakel na ons Evangeliese webblaaie wat in enige van meer as 200 tale op Google gelees kan word!
Wat kort ons nog? Die enigste ding wat ons verhoed om onmiddellik van hierdie GROOT geleentheid gebruik te maak, is die gebrek aan fondse vir die produksie en instandhouding van videos, webblaaie en
bronne. Daarom doen ons 'n beroep op Christene om Operasie Een Ding te ondersteun met 'n maandelikse lidmaatskapfooi van R100. Ons het 1,000 of meer lede nodig om die geleenthede tot ons beskikking effektief te kan benut. Ons vertrou die Here hiervoor! As jy nog nie 'n Eendinger is nie, volg asseblief hierdie skakel om te registreer as 'n Eendinger. Ons dank die Here vir elke Eendinger wat dit vir ons
moontlik gemaak het om die resultate hierbo gedurende Desember te bereik! Ons bid vir julle! Ons bid ook vir julle finansies -- dat die Here julle sal instaatstel om getrou te bly! |
Klim vandag saam met Operasie Een Ding op die vlug na die uiteindes van die aarde |
Sal jy saam met ons op die Operasie Een Ding vlug klim na die uiteindes van die aarde? Sal jy deur gebed, lidmaatskap, mobilisering, digitale uitreiking, of finansiële ondersteuning betrokke raak by hierdie groot visie? Volg die 'Bereik Die Wêreld' skakel hierbo vir meer inligting. |
Baie dankie Baie dankie aan elke persoon of gemeente wat op een of ander manier vir Operasie Een Ding help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie ook aan elke Eendinger wat betrokke is in gebedsondersteuning en mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler Namens die Een Ding span
|
|
|