So stuur Operasie Een Ding die Evangelie die wêreld in met behulp van digitale media Operasie Een Ding Nuusbrief Nov/Des
2025
"Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle
ook." Joh 20:21. |
|
|
OPERASIE EEN DING Operation One Thing NPC Maatskappy Sonder Winsbejag Reg Nr 2025 / 695780 / 08 Stigterslede: Ds Johan Grobler, Dr Frik Potgieter,
Elmer Grobler Mobiliseer die Kerk om die hele wêreld met die Evangelie te help bereik met behulp van digitale media Projek KuberWêreld en Scripture Educational Programs is projekte van Operasie Een Ding in samewerking met gemeentes en bedieninge Eposadres: opperoto@gmail.com Foonnommer: 068 956 1680 |
Hierdie maand se nuus in 'n neutedop
- Operasie Een Ding open 'n nuwe Facebookblad met 'n uitreikblad na die mins-geëvangeliseerde wêreld
- YouTube is besig om die mees dominante platform te word om die Evangelie die wêreld in te dra.
- Ons stuur die Evangelie 1,370,378 keer die wêreld in gedurende 2025 en 2,860,520 keer in totaal op YouTube -- aan die Here al die eer!.
- Ons Evangelie-uitreikvideos op YouTube het 494,586 (net kort van 'n half miljoen) besoeke in die mins-geëvangeliseerde wêreld
ontvang gedurende Oktober, waarvan 80,621 die 'Help Me Find God' webblaaie besoek het.
- Wat beteken hierdie feite vir jou en my?
- God se ‘besigheidsplan’ vir die Kerk.
- Deur die onderstaande videos op jou sosiale media te deel, is jy 'n instrument in God se hand om die wêreld te help bereik met die Evangelie.
- So klim jy saam met Operasie Een Ding op die vlug na die uiteindes van die aarde.
|
Operasie Een Ding open 'n nuwe Facebookblad met 'n uitreikblad na die mins-geëvangeliseerde wêreld |
Bid asseblief spesiaal vir die Facebook uitreikprogram aangesien daar dele is van die wêreld wat ons nie met YouTube kan bereik nie. Besoek gerus ons Facebookblaaie en deel van die skakels ook op jou eie Facebookblad. |
YouTube is besig om die mees dominante platform te word om die Evangelie die wêreld in te dra |
|
|
Die YouTube platform is tans besig om te ontwikkel in die grootste en mees dominante platform om met die wêreld te kommunikeer. YouTube was tradisioneel slegs bekend vir die stroming van videos, maar is
met rasseskrede besig om te ontwikkel in 'n multi-platform kommunikasie medium. |
Behalwe dat YouTube besig is om die televisiemark sowel as die filmbedryf te oorheers, is hy ook in die proses om ander applikasies bekend te stel wat dit moontlik maak om met die wêreld te kommunikeer. Met ander woorde, mens kan nou sommige funksies wat uniek was tot toepassings soos
Facebook en ander sosiale media platforms, op YouTube beoefen. Hierdie is 'n welkome verwikkeling, veral na die beperkinge wat Facebook op Projek KuberWêreld se advertensie rekening geplaas het. Tesame met Google en sy ander platforms kan ons nou ons boodskap na 'n veel groter gehoor uitstuur as wat tot onlangs die geval was. Hierdie is die primêre rede vir die geweldige toename in ons statistieke die afgelope paar maande. |
Tot op datum kon ons die Evangelie 1,370,378 keer die wêreld instuur in 2025 en 2,860,520 keer in totaal deur betaalde promosies op YouTube -- aan die Here al die eer! |
Ons prys die Here dat ons Evangelie-uitreikvideos op YouTube 494,586 (net kort van 'n half miljoen) besoeke in die mins-geëvangeliseerde wêreld ontvang het gedurende Oktober, waarvan 80,621 die 'Help Me Find God' webblaaie besoek het! |
Wat beteken hierdie feite vir jou en my? |
|
|
Dit beteken dat ons koste om een persoon met die Evangelie te bereik veel minder is as wat ons aanvanklik bereken het en dat elke Eendinger se R100 veel meer as 400 mense per maand met die Evangelie bereik!
Liewe Eendinger – jou lidmaatskapsfooi van R100 per maand bereik tussen 400 en 1,000 siele per maand met die Evangelie! Mag die Here jou ryklik seën vir jou betrokkenheid. Dit is ons gebed dat die Here elke Eendinger se finansies sal seën ter wille van die bereiking van die nasies met die
Evangelie! |
God se ‘besigheidsplan’ vir die Kerk |
... God se ‘besigheidsplan’ vir die Kerk word in die Bybel geopenbaar te midde van vier sleutelgebeure, tewete, die skepping, die sondeval, die eerste koms van Jesus
Christus, en die tweede koms van Jesus Christus:
God is besig om ‘n nageslag en familie vir Homself, en ‘n bruid vir Sy Seun te verwek na Sy beeld — deur hulle te versamel uit elke volk, stam en taal in die wêreld deur die Evangelie van bekering,
wedergeboorte en die inwonende, lewewekkende Heilige Gees; Sy beeld wat verlore gegaan het met die sondeval in hulle lewens te herstel deur heiligmakende dissipelskap; hulle toe te rus en te gebruik as Sy getuies en instrumente hier op aarde om Jesus Christus se Groot Opdrag aan die nasies te volbring; met die doel om hulle met die wederkoms van Christus en die bruilof van die Lam met Hom te verenig in ‘n ewige liefdesverhouding -- om in ewigheid saam met Hom te heers en regeer oor die
skepping. |
Deur die onderstaande videos op jou sosiale media te deel, is jy 'n instrument in God se hand om die wêreld te help bereik met die Evangelie |
Klim vandag saam met Operasie Een Ding op die vlug na die uiteindes van die aarde |
Sal jy saam met ons op die Operasie Een Ding vlug klim na die uiteindes van die aarde? Sal jy deur gebed, lidmaatskap, mobilisering, digitale uitreiking, of finansiële ondersteuning betrokke raak by hierdie groot visie? Volg die 'Bereik Die Wêreld' skakel hierbo vir meer inligting. |
Baie dankie Baie dankie aan elke persoon of gemeente wat op een of ander manier vir Operasie Een Ding help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie ook aan elke Eendinger wat betrokke is in gebedsondersteuning en mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler Namens die Operasie Een Ding span
|
|
|