So bereik Operasie Een Ding die mins-geëvangeliseerde wêreld met die Evangelie Operasie Een Ding Nuusbrief Okt/Nov 2025
"Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag
van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly ... en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. " Ef 6:13,15. |
|
|
OPERASIE EEN DING Operation One Thing NPC Maatskappy Sonder Winsbejag Reg Nr 2025 / 695780 / 08 Stigterslede: Ds Johan Grobler, Dr Frik Potgieter,
Elmer Grobler Mobiliseer die Kerk om die hele wêreld met die Evangelie te help bereik met behulp van digitale media Projek KuberWêreld en Scripture Educational Programs is projekte van Operasie Een Ding in samewerking met gemeentes en bedieninge Eposadres: opperoto@gmail.com Foonnommer: 068 956 1680 |
Hierdie maand se nuus in 'n neutedop
- Ons YouTube-kanaal steek die 2 miljoen kyke merk verby.
- Vir elke R100 wat tot ons beskikking was in Oktober het ons 429 persone met die Evangelie bereik in die mins-geëvangeliseerde wêreld op
YouTube.
- Ons Evangelie-uitreikvideos op YouTube het 102,178 kyke in die mins-geëvangeliseerde wêreld ontvang het in Oktober, waarvan 55,247 die 'Help Me Find God' webblaaie besoek het.
- Duisende in die mins-geëvangeliseerde wêreld het ons webblaaie
deur middel van Facebook besoek gedurende Oktober.
- Is internet en digitale media doeltreffend om die Evangelie na die onbereikte wêreld te neem?
- Waarom gebruik ons dieselfde videos en webblaaie oor en oor vir uitreike na die
mins-geëvangeliseerde wêreld?
- Die tyd is min! Hoe min?
- So klim jy saam met Operasie Een Ding op die vlug na die uiteindes van die aarde.
|
Ons YouTube-kanaal steek die 2 miljoen kyke merk verby -- aan die Here al die eer! |
Vir elke R100 wat tot ons beskikking was in Oktober het ons 429 persone met die Evangelie bereik in die mins-geëvangeliseerde wêreld op YouTube |
|
|
Op hierdie foto sien u die lande van die wêreld wat deur Operasie Een Ding geteiken word met die Evangelie. Elke Eendinger het 'n aandeel hierin. Vir elke R100 wat tot ons beskikking was in Oktober het ons minstens 429 persone met die Evangelie bereik in hierdie lande! Dankie aan elke
Eendinger wat ons met R100 per maand lidmaatskapsfooi ondersteun! |
Ons prys die Here dat ons Evangelie-uitreikvideos op YouTube 102,178 kyke in die mins-geëvangeliseerde wêreld ontvang het gedurende Oktober, waarvan 55,247 die 'Help Me Find God' webblaaie besoek
het! |
'Four Criteria To Know Who God Is' het 43,897 kyke gedurende Oktober in die mins-geëvangeliseerde lande ontvang, met 'n totaal van 532,159.
'Ten Reasons Why You Can Trust The Bible as God's Word' het 47,257 kyke ontvang gedurende Oktober in die mins-geëvangeliseerde lande, met 'n totaal van 346,019.
'Why God's World Is Not A Democracy' het 11,024 kyke ontvang gedurende Oktober in die mins-geëvangeliseerde lande, met 'n totaal van 169,947. |
Op die 'Four Criteria' en 'Ten Reasons' videos is daar 'n skakel wat kykers na ons 'Help Me Find God' webblad toe lei, waar soekende persone in meer besonderhede aan die Evangelie bekendgestel word. Op die 'Help Me Find God' webblad behandel ons twee onderwerpe. Deel 1 behandel die onderwerp, 'Where to look for, and learn about God'. Die twee videos hierbo fokus op hierdie onderwerp. In Deel 2 hieronder, behandel ons: 'How to enter into a personal
relationship with God'. In Deel 2 hieronder, behandel ons die volgende onderwerp: 'How to enter into a personal relationship with God'.
Gedurende Oktober was daar 55,247 besoeke op hierdie twee webblaaie. Prys die Here! |
Ons dank die Here ook vir duisende in die mins-geëvangeliseerde wêreld wat ons webblaaie deur middel van Facebook besoek het gedurende Oktober |
Ons kan hierdie maand ongelukkig nie betroubare syfers verskaf nie, maar ons is dankbaar teenoor die Here vir elke siel wat deur Facebook met die Evangelie bereik is. Die onderstaande webblaaie is gedurende Oktober op Facebook na die mins-geëvangeliseerde wêreld
gepromofeer. |
|
|
Baie dankie aan Nita Orsmond en haar bediening, S.T.A.D., wat ons help met uitreike op Facebook. Besoek gerus haar Facebookblad by hierdie skakel. Hierdie is die skakel na haar uitreikblad. |
Is internet en digitale media doeltreffend om die Evangelie na die onbereikte wêreld te neem? |
|
|
Hierdie berig is ‘n voorbeeld van die vrugbaarheid van digitale media om die ongeëvangeliseerde wêreld met die Evangelie te bereik. Die boodskappie op die foto hiernaas lees as volg: "Bhutan: Sandwiched between India and China, isolated by the Himalayas, Bhutan is a stunning mountainous kingdom with ancient Buddhist monastries and fortresses. Those who practice faiths other than Buddhism can lose their citizenship and government benefits. Praise God, albeit it small, the Church is growing. There are more active young Facebook users than the total youth population. In a country where physical access is very challenging, digital access is unprecedented!" Kort nadat Projek KuberWêreld vyftien jaar gelede met digitale uitreiking begin het, was een van die persone wat gereageer het op die Evangelie-uitreike op Facebook, 'n vrou van die Bhutaanse adelstand. |
Waarom gebruik ons dieselfde videos en webblaaie oor en oor vir uitreike na die mins-geëvangeliseerde wêreld? |
Die rede is omdat ons elke maand 'n nuwe gehoor bereik met 'n ou boodskap -- anders as in 'n gemeente waar dieselfde gehoor telkens bereik moet word met 'n nuwe boodskap. Dissipelskap behels telkens 'n nuwe boodskap aan dieselfde gehoor, terwyl Evangelisasie telkens dieselfde boodskap aan 'n nuwe gehoor behels. Meeste mense moet dieselfde boodskap etlike male hoor voor hulle daarop reageer! |
|
Ons het onlangs hierdie boodskappie ontvang van 'n Eendinger as beskrywing van die rede vir sy finansiële ondersteuning: 'Die tyd is min!' Hierdie is 'n profetiese uitspraak en ons ondersteun hier gedagte ten volle. Daar
is min tyd oor en die wederkoms van Jesus Christus is baie naby. Maar wat bedoel ons met, die tyd is min? Daar staan in 2 Tim 3:1: "Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom." Die deure vir die Evangelie is stadig
maar seker besig om toe te gaan reg oor die wêreld. Vervolging van Christene wêreldwyd is besig om drasties toe te neem, waarvan Nigeriê, China en Iran voorbeelde is. Indië het gedurende die afgelope maand sy deure vir digitale Christelike uitreiking toegemaak. Ons sien selfs kommerwekkende simptome in ons eie land, waarvan die beheer van kerke deur beoogde wetgewing 'n voorbeeld is. Hierdie situasie is egter besig baie naby aan Operasie Een Ding se eie bediening te kom. Behalwe dat Facebook 'n paar jaar gelede reeds Projek KuberWêreld se advertensie rekening gesluit het as gevolg van ons grootskaalse digitale uitreike na die nie-Christenwêreld, is YouTube ook nou besig om sensuur toe te pas.
Ons het gedurende Oktober die bostaande kennisgewing van Google/YouTube ontvang en ons promosies na sommige lande word nou gesensor. Ons vertolk die onderstaande boodskap (Active (limited)) as dat dit
beteken dat ons videos nie in sekere lande gepromofeer mag word nie, maar dat YouTube steeds ons videos 'beperk' promofeer. Behalwe vir Indië, weet ons egter nie op hierdie stadium verseker watter ander lande geaffekteer word nie.
Ten spyte van hierdie sensuur het ons nietemin 'n rekord aantal besoeke op ons YouTube-kanaal ontvang gedurende Oktober! Of was dit dalk as gevolg daarvan? Hoe dit ookal sy -- prys die
Here! Maar ...! DIE TYD IS MIN, daarom het ons kinders van die Here se ondersteuning soveel te meer NOU nodig!
Ons is absoluut afhanklik van u gebedsondersteuning. Bid asseblief vir Operasie Een Ding -- dat die Here die Een Ding visie in die harte van Sy kinders sal inbrand. Bid ook vir die redding van soekende siele wat met die Evangelieboodskap bereik is.
|
Klim vandag saam met Operasie Een Ding op die vlug na die uiteindes van die aarde |
Sal jy saam met ons op die Operasie Een Ding vlug klim na die uiteindes van die aarde? Sal jy deur gebed, lidmaatskap, mobilisering, digitale uitreiking, of finansiële ondersteuning betrokke raak by hierdie groot visie? Volg die 'Bereik Die Wêreld' skakel hierbo vir meer inligting. |
Baie dankie Baie dankie aan elke persoon of gemeente wat op een of ander manier vir Operasie Een Ding help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie ook aan elke Eendinger wat betrokke is in gebedsondersteuning en mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler Namens die Operasie Een Ding span
|
|
|