Jy sal opmerk dat dit nie die Invloei-Uitvloei beginsel is nie, maar wel die Uitvloei-Invloei beginsel. Hierdie gedagte kan bes geïllustreer word deur die Dooie See in Israel. Die Dooie See het geen lewe in hom nie omdat sy soutinhoud te hoog is. Die rede daarvoor is dat hy geen uitlaat het
nie.
Ons vind hierdie waarheid ook op geestelike terrein regdeur die Bybel. Die Heilige Gees sal nie woning maak in die hart van iemand wat nie sy sonde bely nie. Dis eers uitlaat, dan inlaat. Daarom is bekering 'n onontbeerlike element van reddende geloof. (Ek weet dat
sommige met my sal verskil met die 'geloof-alleen' argument. Maar die Uitvloei-Invloei beginsel doen geensins afbreek aan die 'geloof-alleen' waarheid nie -- dit onderskei slegs tussen 'positiewe denke' geloof en reddende geloof.)
Ons sien hierdie beginsel ook in Rom 10:9:
"As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; ..." Dit is 'n algemene feit dat 'n nuwe bekeerling eers die getuienis van die Heilige Gees ontvang nadat hy of sy 'n openbare belydenis van Jesus Christus se redding gemaak het. Eers die uitlaat, dan die inlaat.
Hierdie beginsel geld ook vir geestelike groei. 'n Christen wat nie getuig en uitreik na ongereddes nie, gaan geestelik dood. Dit is ook een van die belangrikste redes waarom sommige kerke en gemeentes geestelik dood is! 'n Gemeente wat net vir homself bestaan, gaan dood. Die Uitvloei-Invloei beginsel kan ook duidelik gesien word in Jesus Christus se Groot Opdrag: "... maar julle sal krag ontvang wanneer die
Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde." Die teken dat die krag van die Heilige Gees in iemand se lewe werksaam is, is die 'uitvloei' van sy en haar getuienis na die wêreld.
Liewe 'Christen', as jy nie 'n begeerte het om 'n getuie vir Jesus te wees en deur Hom as instrument gebruik te word om die Evangelie die wêreld te help indra nie -- is die 'soutinhoud' in jou lewe -- jou geestelike doodsheid -- so hoog dat jy vir God en Sy Koninkryk niks beteken nie!
Lees gerus ook die artikel, Wanneer Sal Herlewing Kom? by hierdie skakel.
Digitale sosiale media uitreiking is die eenvoudigste en mees effektiewe manier waarop elke Christen 'n lewende getuie vir Jesus Christus kan wees. Ons nooi jou hiermee uit na
deelname aan Projek KuberWêreld se digitale uitreik opleidingsprogram. Sien hierbo vir besonderhede.