In Skotland, Oostenryk, Spanje, Nieu-Seeland en Duitsland bestaan daar tronke wat luukse akkommodasie aan hulle gevangenes verskaf, toegerus met TV’s in die kamers, sommige selfs met ‘n eie privaat badkamer en kombuis, en waar hulle hulself kan bekwaam in ‘n verskeidenheid van beroepe. In sommige
gevangenisse kan ‘n hele gesin saamwoon, soos by die huis.
Die enigste verskil tussen die inwoners van hierdie tronke en die mense daarbuite, is dat hulle nie vry is nie — hulle is gevangenes.