Ons is tans besig met die produksie van bogenoemde video. As jy nuuskierig is om te weet wat hierdie Een Ding is, gaan loer solank op die webblad by die skakel op die foto.
Huidige Aktiwiteite
- Beplanning van die struktuur en organisasie van die Operasie Een Ding visie en Projek
KuberWêreld met die oog op die EEN DING.
- Voorbereiding en beplanning om Projek KuberWêreld se digitale bronne tot beskikking van gemeentes en ander bedieninge te stel deur die Operasie Een Ding visie.
- Produksie van mobilisasie- en bekendstellingsbronne (videos en webblaaie) vir die Operasie Een Ding
visie.
- 'n Digitale Uitreik Opleidingsprogram vir gemeentes en individue.
- Beplanning en produksie van nuwe digitale uitreikbronne en -programme.
Ons het in die verlede reeds baie oor die Operasie Een Ding visie gedeel, maar as u dalk wonder waaroor Operasie Een Ding presies gaan, sal ons in die nabye toekoms meer besonderhede bekendmaak.
Ons is absoluut
afhanklik van u gebedsondersteuning.
Bid asseblief saam met ons vir Goddelike krag en leiding op die pad vorentoe. Bid ook asseblief saam dat die Here vir ons nuwe finansiële bronne sal oopsluit om effektief te kan uitreik na die mins-geëvangeliseerde
wêreld.