Visielose Christene
'n Ewigheidsvisielose Christen is 'n Christen wie se visie
gefokus is op die heining. Die heining stel die grens voor tussen die aardse en ewige lewe. Vir solank iemand vaskyk teen die grens van sy aardse bestaan, sal hy of sy 'n gebrekkige ewigheidsvisie hê. Vir hierdie Christen draai die hele Christelike lewe rondom homself, sy eie gesin, gemeenskap, behoeftes, politiek en leefwêreld. Hy kan nie verder sien as die heining van eiebelang nie. Hierdie Christen het geen visie van God se groter plan vir die wêreld en die Kerk, die vervulling van die
Groot Opdrag en Jesus Christus se wederkoms nie.
Die geheim om Goddelike visie te verkry is verligte oë van die verstand -- en die geheim van verligte oë van die verstand is 'n verstand (intellek, emosie en wil), wat ten volle onder die beheer van die Heilige Gees geplaas word.