God se plan vir die wêreld word in die Bybel geopenbaar te midde van vier sleutelgebeure, tewete, die skepping, die sondeval, die eerste koms van Jesus Christus, en die tweede koms van Jesus Christus.
Die belangrikste gebeurtenis wat binnekort moet gebeur is die wederkoms van Jesus Christus!
God is besig om ‘n
nageslag en familie vir Homself, en ‘n bruid vir Sy Seun te verwek na Sy beeld — deur hulle te versamel uit elke volk, stam en taal in die wêreld deur die Evangelie van bekering, wedergeboorte en die inwonende, lewe-wekkende Heilige Gees; Sy beeld wat verlore gegaan het met die sondeval in hulle lewens te herstel deur heiligmakende dissipelskap; hulle toe te rus en te gebruik as Sy getuies en instrumente hier op aarde om Jesus Christus se Groot Opdrag aan die nasies te volbring; met die doel om
hulle met die wederkoms van Christus en die bruilof van die Lam met Hom te verenig in ‘n ewige liefdesverhouding -- om in ewigheid saam met Hom te heers en regeer oor die skepping.
Stuur die Here Christen Afrikaners Amerika
toe?
Nee! Hy stuur ons na die uiteindes van die aarde toe - op ons laptops en selfone, en met ons beursies en gebede!
Han 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Han 8:1: “... En daar het in dié tyd ‘n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en
almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.”
Het jy al ooit gewonder waarom die Here hierdie herlewing in Jerusalem kom beëindig het en die Christene oor die wêreld verstrooi het? ... Jy het
reggeraai!
Die Here het die Afrikaner gebruik om die Evangelie na Afrika te bring -- nou wil Hy die Afrikaner gebruik om die Evangelie na die uiteindes van die aarde te neem. Is jy en jou gemeente beskikbaar? Of moet Hy Han 8:1 in
werking stel om Sy doel te bereik?
Die grootste gawe wat die Here aan Christene en die Kerk van ons dag gegee het is digitale tegnologie! Mag die Here ons oë oopmaak vir ons roeping -- en die geleenthede tot ons
beskikking!