Wanneer God Nie Antwoord Nie Projek KuberWêreld Nuusbrief Okt/Nov 2024
“Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle
sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.” Mat 7:7,8 |
|
|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur digitale media 'n Projek van Scripture Educational Programs in samewerking met Aksie
1:8 |
- Wanneer God nie antwoord nie
- Projek KuberWêreld stuur die Evangelie na 340,000 mense oor die wêreld met behulp van digitale media
- Spesiale
wêreldsendingnuus
|
Het jou gebed in God se gemorspos vakkie beland? Het jy al die ervaring gehad dat jy vir mense skryf of boodskappe stuur en dit in hulle gemorspos vakkie beland? Of het andere se boodskappe al in jou gemorspos vakkie beland? Het jy al ernstig tot die Here gebid oor 'n saak en Hy het jou nie geantwoord nie? Dit mag wees dat jou gebed in God se gemorspos vakkie beland het — maar ek wil jou verseker, God se ‘gemorspos filters’ maak nooit ‘n fout nie! Dit is egter ‘n feit dat ‘n enorme aantal gebede in God se ‘gemorspos vakkie’ beland eenvoudig omdat dit ‘spam’ is. Wanneer ek op sosiale media sien waarvoor mense alles vir gebed vra, dink ek God se ‘gemorspos vakkie’ is tjok en blok vol! God antwoord slegs gebede wat binne die raamwerk van Sy ewigheidsplan vir die mens, die Kerk en
die wêreld is! Daarom sê Jak 4:3: “As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.” (NAV) God beantwoord
slegs gebede wat volgens Sy wil is, en Sy wil word geopenbaar in Sy ewigheidsplan vir die mens, die Kerk en die wêreld. Om meer hieroor te lees, volg gerus die volgende skakels: ‘God se Skeppingsdoel vir die
Mens’, ‘Die Bruid van Christus - Feit of Fobie?’ en ’God se Doel en Plan vir jou Lewe’. Die belangrike vraag is egter, het God se antwoord op jou gebed dalk in jóú ‘gemorspos vakkie’ beland? Vervolg
onder |
Die Evangelie is na 79,121 mense oor die wêreld gestuur op YouTube gedurende Oktober
Ons buig weereens in diepte dankbaarheid teenoor die Here dat ons ‘n instrument in Sy hand kon wees om die Evangelie uit te dra na 79,121 mense hoofsaaklik in die 10/40-venster lande van die wêreld deur middel van ons videos op YouTube. Die volgende videos is gedurende Oktober gebruik vir
uitreike: |
'Four Criteria To Know Who God Is And Where To Find Him', bly steeds die mees populêre video en het 31,946 kyke gedurende Oktober ontvang. Die video het reeds ‘n totaal van 265,929 kyke
ontvang. |
‘How To Find God’s Purpose For Your Life’ het 23,514 kyke gedurende Oktober ontvang. Die video het ‘n totaal van 46,398 kyke tot dusver ontvang. |
‘Finding Purpose And Meaning In A Broken World’ het 23,701 kyke gedurende Oktober ontvang. Die video het ‘n totaal van 82,135 kyke tot dusver ontvang. |
Die Evangelie is na 265 383 mense in verskeie lande van die wêreld gestuur op Facebook gedurende Oktober
|
Die bostaande drie videos en die 'Help Me Find God' webblad is gedurende Oktober op Facebook gepromofeer na lande in die 10/40 venster. Ons advertensies is deur 265 383 persone gesien, waarvan 3 207 geklik het op die skakel na die videos en webblad. Loof die Here!. Baie dankie aan Nita Orsmond wat ons help met uitreike op haar Facebook uitreikblad. Besoek gerus haar Facebookblad by hierdie skakel en haar uitreikblad by hierdie skakel. Aan die Here al ons dank en eer vir die resultate van ons uitreike! Dankie ook aan elke medewerker, finansiële- en gebedsondersteuner wat dit help moontlik maak. Bid asseblief dat die saad wat gesaai is in harte sal ontkiem en groei.
|
Die grootste nuusgebeure in die wêreld gedurende 2024 tot op datum
Ek het vir ChatGPT gevra, wat is die grootste nuusgebeure in die wêreld gedurende 2024 tot op datum? Die antwoord was as volg: - Conflict in the Middle East
- Sudanese Civil War
- Myanmar Crisis
- Economic Turmoil and
Tech Industry Layoffs
- Climate Change Impact
My perspektief is egter heeltemal anders! Die grootste nuus van 2024 is gladnie in die media berig nie! Die grootste nuus is: Die Jesus Film sal binnekort beskikbaar wees in tale wat deur 99% van die wêreldbevolking verstaan word! Die volgende aanhaling kom uit Jesus Film Project News van 16 Oktober 2024: |
Mission 865™ is a Jesus Film Project® initiative to translate the JESUS film into the heart language of unreached people groups with 50,000 or more speakers—and some smaller languages as determined. This represents 99% of the world. Currently, 674 of the 865 languages have been
completed! |
|
Vriende, hierdie is die wonderlikste en grootste nuus wat ek nog ooit gehoor het – 99% van die wêreldbevolking gaan binnekort toegang hê tot die Evangelie in a taal wat hulle kan verstaan, visueel, en op ‘n selfoon! Ek spring op en af van opgewondenheid! Is jy ook opgewonde? Waarom is dit sulke GROOT nuus? Omdat dit twee dinge beteken: - Wanneer die Bruid van Christus verteenwoordigend is van
elke volk, stam en taal, is die Groot Opdrag besig om in vervulling te gaan.
- Die vervulling van die Groot Opdrag is die belangrikste teken wat in vervulling moet gaan voor die wederkoms van Jesus Christus sal plaasvind. Die wederkoms hang nie af van die vervulling van eindtydse profesieë nie — die vervulling van eindtydse profesieë hang af van die vervulling van die Groot
Opdrag.
|
Vervolg van bo Het God se antwoord op jou gebed
dalk in jóú ‘gemorspos vakkie’ beland? |
Hoeveel boodskappe het jy al van God ontvang waarop jy nie gereageer het nie? Dit is ongelukkig so dat daar ‘n oorweldigende hoeveelheid gemorspos en “scams” na ons toe kom in die naam van “God” en ”Jesus”, en baie van ons het al ons geestelike “spam filters” so hoog gestel dat daar dikwels belangrike
boodskappe van God in ons geestelike gemorspos vakkies beland. Ons het geestelik so stomp geword van al die “spam” dat ons dikwels die stem van die Here nie hoor nie! |
|
Om God se boodskap te kan hoor moet ek ‘n gees van onderworpenheid, nederigheid en verootmoediging hê. “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” (Jak 4:6.) God praat dikwels nie deur belangrike, beroemde, begaafde of welsprekende persone nie — maar deur
eenvoudige, nederige, ongekwalifiseerde, toegewyde boodskappers. God het heel dikwels vir jou en my ‘n boodskap deur die persoon van wie ons dit nie wil hoor nie, as minder belangrik beskou, of wat nie volgens ons kwalifiseer as God se boodskapper nie. As daar hoogmoed in ons
hart is, sal ons God se boodskappe aan ons nie hoor nie. Dit sal tussen ons geestelike gemorspos beland. Lees die volledige artikel hier. |
Klim saam met Projek KuberWêreld op die 'Bereik Die Wêreld' vlug na die uiteindes van die
aarde
Sal jy en jou gemeente saam met ons op die Bereik Die Wêreld vlug klim na die uiteindes van die aarde? Sal jy deur gebed, digitale uitreiking, of finansiële ondersteuning betrokke raak by hierdie groot visie? 'n Gereelde maandelikse bydrae van so min as R100, kan soveel as 1,700 mense per jaar met die Evangelie bereik. Klik op die foto vir ons bankbesonderhede of maak 'n donasie op
SnapScan. |
|
Baie dankie Baie dankie aan elke persoon of gemeente wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking, of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak deur EFT, volg die skakel na ons bankbesonderhede. |
|
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler
|
|
|