Wat is die simptome van 'n ewigheidsfokus in die lewe van 'n Christen?
'n Ewigheidsfokus is die primêre teken van geestelike lewe. 'n Ewigheidsfokus is die waterskeiding tussen vormgodsdiens en geestelike lewe.
'n Ewigheidsfokus het 'n lewende wederkomsverwagting en -verlange tot gevolg. Waar daar geen wederkomsvisie is nie, is daar ook
nie 'n ewigheidsfokus nie.
'n Ewigheidsfokus het onvermydelik ook 'n fokus op die voltooiïng van Jesus Christus se Groot Opdrag en die bereiking van die onbereikte wêreld tot gevolg. Die wederkoms van Jesus en die voltooiïng van die Groot Opdrag hou verband met mekaar want die wederkoms van Jesus
Christus sal nie plaasvind voor die Bruid verteenwoordigend is van elke volk, stam en taal nie.
Waarom het ons herlewing nodig?
Omdat die Kerk van ons tyd 'n groter aardse fokus as ewigheidsfokus het. Omdat die Kerk van ons tyd meer bekommerd is oor aardse probleme as oor verlore siele en God se ewigheidsdoel en -plan met die Kerk.
Omdat die Kerk van ons tyd 'n gebrekkige wederkomsverwagting en -verlange het.
Omdat die Kerk van ons tyd 'n gebrekkige visie het vir die voltooiïng van Jesus Christus se Groot Opdrag.
Omdat bogenoemde faktore simptomaties is van vormgodsdiens en 'n gebrek aan geestelike lewe en -toewyding. Ewigheidsfokus is die werk van die Heilige Gees. Geen mens kan 'n ewigheidsfokus opwek deur menslike metodes nie. Daarom het ons herlewing nodig.
Wat is die geheim van persoonlike herlewing?
Die geheim van persoonlike herlewing is 'n algehele oorgawe van
my hele lewe tot God se beskikking om Sy hemelse doel en plan in en deur my lewe tot uitvoering te bring. Lees gerus hierdie boek; Absolute Surrender deur Dr Andrew Murray. Dit kan
gratis afgelaai word by hierdie skakel.