Die Geheim Van Die Twee Lewensbronne Projek KuberWêreld Nuusbrief Nov/Des 2024
Rom 7:19-8:2: (19) " Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. (20) Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. (21) Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie
wil doen, is die kwaad by my aanwesig. (22) Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; (23) maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. (24) Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? (25) Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde. (1) Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (2) Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.” |
|
|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur digitale media 'n Projek van Scripture Educational Programs in samewerking met Aksie
1:8 |
- Die Geheim van die Twee Lewensbronne
- Projek KuberWêreld stuur die Evangelie die wêreld in na 198,258 persone op YouTube en Facebook gedurende November
- 'n Interessante verskynsel
- Die misleiding van 'n 'Kunsmatige Intelligensie' Jesus
- Wanneer God nie antwoord nie – ‘n
Persoonlike getuienis
|
Die Geheim van die Twee Lewensbronne Die geheim van die
Christelike lewe wat baie belydende Christene nie verstaan nie, is die geheim van die twee lewensbronne – ‘n fisiese en ‘n geestelike. Die twee woorde wat die Bybel herhaaldelik gebruik om hierdie twee lewensbronne te beskryf, is die woord “vlees” en “Gees” – soos onder andere in Rom 8:1,2 hierbo. Die woord “vlees” (“sarx” in die Grieks) beteken die natuurlike liggaam, fisiese of aardse lewe. Sommige vertalings vertaal dit op sekere plekke met “sondige natuur”. Sommige Christene dink dat die Christelike lewe slegs ‘n verandering in lewenswandel is – ‘n bekering van sonde. Alhoewel dit wel die eienskap van Christelike lewe is, is dit nie die bron daarvan nie. Andere dink weer dat die Christelike lewe slegs ‘n geloofsaanvaarding is van Jesus Christus se
plaasvervangende geregtigheid. Alhoewel dit ook waar is, is dit ook nie die bron van Christelike lewe nie. Die bron van Christelike lewe is geestelike lewe – en daarom het Jesus vir Nikodemus gesê in Joh 3:3: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Wedergeboorte is nie 'n simboliese ding of slegs iets wat êrens in die verlede met my gebeur het nie – dit is ‘n hele nuwe lewensbron wat aan my toegevoeg word deur
die Heilige Gees wat binne in my kom woon! Die geheim van die Christelike lewe is die bron daarvan, naamlik, geestelike lewe! Terwyl meeste Christene saamstem dat wedergeboorte die begin van geestelike lewe is, verstaan baie nie wat dit beteken om in of deur die Gees te wandel nie. Dit
beteken dat my hele lewe moet beheer en gedryf word deur my geestelike lewe. My geestelike lewe verander my waardes, begeertes, begrip en sieninge van ‘n aardse perspektief na ‘n ewigheidsperspektief. My geestelike lewe verander my aardsgebondenheid na ewigheidsgebondenheid.
Die Christelike lewe is nie ‘n saak van moets en moenies, en mag en magnies nie. Dit is ‘n saak van wie in beheer is van my lewe en deur watter lewe ek gedryf en beheer word – die Heilige Gees en my geestelike lewe, of my fisiese of aardse lewe en sondige natuur. Daar is egter ‘n
diep geheim in hierdie waarheid opgesluit wat baie Christene nie verstaan nie, naamlik, dat die Christen twee lewensbronne en nature het – ‘n geestelike en ewige, sowel as ‘n fisiese, aardse of vleeslike en tydelike – en hierdie twee lewensbronne is in ‘n stryd gewikkel om heerskappy. Romeine hoofstuk 7, soos hierbo aangehaal, beskryf hierdie konflik meesterlik. Die geheim van ‘n oorvoedige en oorwinnende Christelike lewe hang af van watter lewe in beheer is van my hart – van my Wil, Intellek en
Emosie. Hierdie geheim word beskryf in Romeine hoofstuk 8 en elders. |
Ons stuur die Evangelie die wêreld in via digitale media -- op YouTube en Facebook
Ons buig weereens in diepte dankbaarheid teenoor die Here dat ons ‘n instrument in Sy hand kon wees om die Evangelie die wêreld in te dra via digitale media. Die onderstaande drie videos het 96,405 kyke op YouTube ontvang gedurende November,
hoofsaaklik in die 10/40-venster lande van die wêreld hierbo. Die volgende videos is gebruik vir uitreike: |
'The Secret Of God's Purpose - Part 1', het 29,605 kyke gedurende November ontvang. Die video het ‘n totaal van 73,883 kyke tot dusver ontvang. |
'The Secret Of God's Purpose - Part 2' het 25,894 kyke gedurende November ontvang. Die video het ‘n totaal van 75,596 kyke tot dusver ontvang. |
'The Secret Of God's Purpose - Part 3' het 40,906** kyke gedurende November ontvang. Die video het ‘n totaal van 88,697 kyke tot dusver ontvang. ** Sien ''n Interessante Verskynsel' |
Op die fotos hiernaas kan u die resultate van ons Facebook uitreik sien. Die boodskap is uitgestuur na 101,853 persone op Facebook. Baie dankie aan Nita Orsmond wat ons help met uitreike op haar Facebook uitreikblad. Besoek gerus haar Facebookblad by hierdie skakel
en haar uitreikblad by hierdie
skakel. |
|
|
Aan die Here al ons dank en eer vir die resultate! Dankie ook aan elke gebeds- en finansiële ondersteuner en medewerker wat dit help moontlik maak. Bid asseblief dat die saad wat gesaai is in harte sal ontkiem en groei. 'n Interessante verskynsel Die tempo van reaksies op elke uitreik bou op hoe langer die uitreik duur. Met ander
woorde, die aantal kyke wat ons ontvang die laaste paar dae van die uitreik is baie meer as die eerste paar dae. Elke keer wanneer ons 'n uitreik eindig, begin ons volgende maand weer met 'n opbouproses tot ons die maksimum potensiaal vir die promosiebegroting bereik. Ons YouTube uitreike loop vir slegs twee weke, en ons Facebook uitreike vir slegs een week per maand weens begrotingsbeperking. Sê nou net ons kon bekostig om ons uitreike aaneenlopend te finansier ... Die laaste dag van ons YouTube uittreik in November het ek die promosiebedrag van Deel 3 met R200 verhoog, wat 'n addisionele ongeveer 7,000 kyke gedurende een dag tot gevolg gehad het. Dit beteken teoreties dat vir elke addisionele R200 wat ons bo en behalwe ons huidige begroting ontvang, ons 'n addisionele 7,000 persone op YouTube met die
Evangelie (met hierdie video) kan bereik. Dink net, wat kan gebeur as 'n addisionele 100 persone vir Projek KuberWêreld met R200 per maand sou ondersteun ...! Ons vra ook spesiale gebed vir ons 2025 begroting, waarvoor ons die Here
opnuut moet vertrou. Ons uitreikbegroting vir 2024 sal in Desember uitgeput wees, wat beteken dat ons vlerke op YouTube en Facebook geknip sal word tot die Here weer voorsien.
|
"AI-Powered Jesus Set to Chat With People at Switzerland's St. Peter's Chapel"
“En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, ...” 2 Thes 2:11
Terwyl ons hard besig is om die Evangelie by elke volk, stam en taal uit te bring met behulp van digitale tegnologie, is die Satan hard besig om die tegnologie te gebruik vir sy werk van misleiding! Alhoewel die KI-Jesus die jongste misleiding is, is die MI-Jesus al eeue aan die werk. Die MI-Jesus is die Menslike Intelligensie Jesus. Dit is die beeld van Jesus wat baie vir hulleself skep -- dit is die 'ander Jesus'. Paulus het al van die 'ander Jesus' gepraat in 2 Kor 11:3,4. Die fundamentele oorsaak van die 'ander
Jesus'-dwaling, is 'n gebrek aan begrip van die twee lewensbronne wat ons hierbo bespreek het. As jy meer wil lees, volg hierdie skakel: 'n Ander Evangelie -- 'n Ander Jesus. |
Wanneer God nie Antwoord nie – ‘n Persoonlike Getuienis |
Wanneer God nie antwoord nie ... In verlede maand se
nuusbrief het ek ‘n uittreksel gepubliseer uit die artikel, Wanneer God nie Antwoord nie. Hierdie is ‘n onderwerp waarmee elke Christen regdeur sy of haar geestelike lewe worstel – selfs nadat die Here sommige gebede op ‘n kragtige wyse beantwoord het. Hierdie onderwerp bly steeds relevant in my eie lewe. Daar is sekere belangrike gebede in my eie lewe, wat ek met my hele hart glo dat dit binne die Here se wil is, wat steeds onbeantwoord
bly. Terloops, ek het al na so baie boodskappe geluister en boeke gelees oor gebed, dat ek al daardie waarhede uit my kop ken, maar daar was 'n ‘missing link’ – daar was iets weg wat ek nie raakgelees of -gehoor het nie. Wat was hierdie 'iets'?
Ek het begin soek na hierdie 'iets'. Die
gevolg was dat die Here begin het om ‘n Bybelse waarheid aan my oop te breek wat ek gedink het ek verstaan, maar nooit doelgerig in my lewe toegepas het nie. .... (Lees die besonderhede
hier.) God antwoord my gebed ... Twee dae later het ek ‘n interessante ondervinding gehad. Toe ek in my kombuis kom om ontbyt te eet, vind ek dat ‘n muis my ontbytkos bygekom het en alles lê verstrooid in my ontbytkosrak. Ek is toe winkel toe hier naby my buite die stad om ander ontbytkos te koop, maar die winkel het nie voorraad gehad van dit wat ek soek nie. Ek moes toe
noodgedwonge verder ry na ‘n winkel ‘n paar kilometer verder. Daargekom het hulle ook nie vooraad van die betrokke item nie. Vir gesondheidsredes moet ek egter hierdie item kry en ek ry toe nog ‘n paar kilometer na ‘n ander winkel ongeveer 20 minute se ry vanaf my woonplek. Daargekom het hulle ook nie voorraad nie – die produk is klaarblyklik uit voorraad by die produsent. Redelik gefrustreerd is ek op die punt om die winkel te verlaat, toe ‘n jongman – duidelik uit ‘n arm gemeenskap – my
voorkeer en vir hulp vra om kos te koop vir hulle gesin.
Nie nog dit ook nie! - dink ek: 'Ek kan nie eers (ontbyt)kos vir myself kry nie, en boonop het ek reeds my eerste en volle tiende plus my addisionele geloofsoffer vir die maand gegee en het bo en behalwe dit, ook reeds twee spesiale bydraes gemaak vir barmhartigheid wat my begroting vir die res van die maand in die uitdagingskategorie plaas. Bo en
behalwe dit het my (15 jaar oue) motortjie se ABS-remstelsel pas ingegee en hulle kwoteer my R28,000 (wat ek nie het nie) net vir die part, sonder arbeid. Eintlik moes ék iemand voorgekeer het om mý te help, as dit nie was vir die feit dat die Here na 35 jaar as 'n sendeling sonder 'n salaris, my nog nooit in die steek gelaat het wanneer ek my eerste en volle tiende vir Hom gegee het nie!'
Onmiddellik
besef ek die Heilige Gees is besig om my gebed te beantwoord en ek sê vir die jongman om te gaan kry wat hulle gesin nodig het. Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, neem van my besit en ek sien die hand van God werksaam in my lewe! Terwyl ek terug ry huistoe, skilder die Heilige Gees die prentjie vir my. God stuur ‘n muis om my ontbytkos op te vreet .... en sorg dat elke winkel uit voorraad is om my by die regte plek op die regte oomblik te kry! Daar is iemand anders wat honger is!
Maar Hy het ‘n groter plan! Hy is besig om my gebed te beantwoord met ‘n boodskap ... vir elke Christen! Die Here wil jou gebed ook antwoord ... Dit is net moontlik dat jy wat hier lees deel is van God se plan om my gebed te beantwoord. Is daar ‘n ‘muis in jou spens’? Is jy hoofsaaklik besig om jou begroting te laat klop? Is jou begroting beskikbaar vir die Heilige Gees om Sy plan vir die bereiking van die wêreld met die Evangelie in en deur jou lewe tot uitvoering te help bring? Daar is iemand anders in die onbereikte wêreld wat honger is –
honger vir die Evangelie wat hulle nog nooit gehoor het nie! Hoe kan die Here jou gebruik? Wat het die Here oor jou pad gestuur om jou gebed te beantwoord? Wat hou jy terug vir God? Het die Heilige Gees volle beheer van jou lewe (insluitend jou finansies en begroting) sodat Hy jou
gebed kan beantwoord? Jy kan die Here met jou begroting en finansies vertrou as jou lewe ten volle aan Hom toegewy is. Lees die volledige
artikel hier.
|
Klim saam met Projek KuberWêreld op die 'Bereik Die Wêreld' vlug na die uiteindes van die
aarde
Sal jy
en jou gemeente saam met ons op die Bereik Die Wêreld vlug klim na die uiteindes van die aarde? Sal jy deur gebed, digitale uitreiking, of finansiële ondersteuning betrokke raak by hierdie groot visie? Klik op die foto vir ons bankbesonderhede of maak 'n donasie op SnapScan. |
|
Baie dankie Baie dankie aan elke persoon of gemeente wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking, of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak deur EFT, volg die skakel na ons bankbesonderhede. |
|
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler
|
|
|