Die rede waarom digitale uitreiking die pad vorentoe is vir wêreldsending (Berig heel onder) Projek KuberWêreld
Nuusbrief Junie/Julie 2024
"Hoe kan hulle
Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?" Rom 10:14,15 |
|
|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die digitale media 'n Projek van Scripture Educational Programs |
Die Evangelie word die wêreld ingestuur op YouTube met die hulp van elke gebeds- en finansiële ondersteuner en betrokke gemeente |
|
|
Hierdie drie videos is die afgelope maand op YouTube gebruik vir uitreike. Finding Purpose And Meaning het gedurende Junie 16,969 besoeke ontvang (totale aantal besoeke 58,480 met 400 'likes' en 22 'dislikes'); Is Your Faith Worth Dying For? -- 12,565 besoeke (totale aantal besoeke 31,514 met 366 'likes' en
31 'dislikes'); en Ten Reasons Why You Can Trust The Bible As God's Word -- 14,890 besoeke (totale aantal besoeke 57,493 met 768 'likes' en 47 'dislikes'). Aan die Here al die eer! Die mees onpopulêre boodskap 'Is Your Faith Worth Dying For?' het ons hierdie afgelope maand gebruik om uit te reik op beide YouTube sowel as op Facebook. Dit is opmerklik dat hierdie video wesenlik minder besoeke gehad het vir dieselfde begroting as die ander twee videos. Mense wil nie van die dood en hel hoor
nie. Dit is negatief – dit is 'doodspraak'. |
Dit mag ons egter nie daarvan weerhou om die 'onpopulêre' videos te promofeer nie. Ons missie is juis om hulle te bereik wat die Evangelie nie kan of wil hoor nie! Soos in verlede maand se nuusbrief genoem, is die 'dislikes' eerder 'n indikasie in watter mate ons die mins-geëvangeliseerde
wêreld bereik as die 'likes'. Dit is waarom ons nie op natuurlike groei staatmaak nie, maar die Evangelie deur betaalde advertensies die wêreld instoot.
Ons Facebook uitreik hierdie afgelope maand Ons fokus op die mins-geëvangeliseerde wêreld hierdie afgelope maand op Facebook het weereens, onder andere, die volgende lande ingesluit: Indië, Pakistan, Afghanistan, Bangladesh, Nigerië en Somalië, wat van die lande is waar die wêreld se grootste onbereikte groepe woonagtig is. Ons advertensie van die 'Is Your Faith Worth Dying For' video op Facebook is deur 151,966 persone gesien, waarvan 2,411 op die skakel na die video geklik het. Aan die Here al die eer!
Weereens baie dankie aan Nita Orsmond wat hierdie maand se Facebook uitreik gefasiliteer het. Hierdie is die skakel na haar Facebookblad.
Jóú sosiale media uitreik hierdie maand |
Besoek gerus ons YouTube-kanaal en gebruik van hierdie videos om uit te reik na jou eie familie- en vriendekring. Skep vir jou 'n WhatsApp uitreikgroep op jou foon en deel twee of drie keer per maand 'n video met jou 'sendingveld'. Of pos 'n video op jou Facebookblad of ander sosiale media
-- en bereik so jou Jerusalem, Judea, Samaria en 'uiteindes' van die wêreld met die Evangelie. |
|
Twee nuwe videos is gepubliseer Die
onderstaande twee nuwe videos is op YouTube gepubliseer vir private toegang. Daar is enkele wysigings wat ons wil aanbring voor dit vir publieke toegang beskikbaar gemaak word. Maar jy kan solank daarna gaan kyk as jy wil. |
Ander bedieninge wat kragtig deur die Here gebruik word |
|
|
Die verhale van bedieninge regoor die wêreld wat kragtig deur die Here gebruik word, gaan voort om my te inspireer om God te vertrou vir ‘n kragtige werking van Sy Gees en vir die mobilisering van die Kerk om die Groot Opdrag van Jesus Christus te help
voltooi. |
Lees bietjie die onderstaande berig van World Missionary Press wat ek raakgelees het van iemand op een van die WhatsApp groepe waarop ek is: “After concluding my time in Arizona, I flew to Indiana, to visit World Missionary Press, Inc. WMP is Inspiring! They have 60 full time staff & over 300
volunteers a month producing over 11 million Gospel booklets a month, sending out 6 container shipments a month. WMP have 86 national coordinators worldwide, Of which our Literature4Africa is one. WMP have produced over 2.6 billion Gospel booklets in 251 languages so far! It was also a privilege to join WMP staff and volunteers in observing the National Day of Prayer.”
|
Na 14 jaar (en op 75-jarige ouderdom) is ek nog steeds die enigste voltydse werker by Projek KuberWêreld. Inagnemende die resultate wat ons hierbo berig, dink net wat God kan doen deur Projek KuberWêreld as ons die ondersteuning van Christene en die Kerk in Suid-Afrika kan verkry; en ons kan, soos World
Missionsary Press, bekostig om ‘n kantoor van 60 -- nee, kom ons wees realisties -- 5 voltydse personeel te onderhou. |
|
Die Here is besig met iets! |
Ek het hierdie afgelope maand verskeie ontmoetings gehad met ander sendelinge en kinders van die Here wat ons passie vir wêreldsending en digitale uitreiking deel en wat 'n behoefte het aan samewerking, spanwerk, netwerking -- en die ondersteuning deur kinders van die Here en die Kerk in Suid-Afrika. Is die
Here besig met iets groter as wat ons sien?
Terwyl berigte van kerklike verval en gebrek aan sendingvisie onder Christene en die kerk in die breë besig is om onrusbarend toe te neem, het ek ook bemoedigende ontmoetings gehad met leraars wat ons visie deel. Kan ons die Here vertrou vir 'n sendingherlewing te midde van geestelike verval? Ek glo die Here
is besig met iets. Ek glo die Here is besig om 'n waterskeiding te maak tussen kulturele Christendom en hulle wat Sy Groot Opdrag ernstig opneem. Jesus Christus is haastig om terug te kom -- maar daar is EEN DING wat Sy
wederkoms vertraag -- Sy bruid is nog nie verteenwoordigend van elke volk, stam en taal nie! (Op 5:9; 7:9; 14:6) |
Sê nou maar net ... Sê nou
maar net ons kon, met ondersteuning van kinders van die Here en Sy Kerk, dit bekostig om doelgerig op elke onbereikte groep in die wêreld gelyktydig te fokus deur middel van digitale tegnologie. Hoe lank sal dit neem voor die Evangelie op een of ander manier tot elke volk, stam en taal se beskikking is? Twee of drie jaar? Vyf jaar? Sal jy saam met ons bid vir 'n deurbraak van die Heilige Gees? Sal jy saam ons bid dat die Heilige Gees 'n vuur in die Kerk aan die brand sal steek om elke volk, stam en taal met die Evangelie te help bereik en Jesus se Groot Opdrag te help voltooi? |
Die rede waarom digitale uitreiking die pad vorentoe is vir wêreldsending |
Die meeste onbereikte sendingvelde van die wêreld is ontoeganklik vir buitelandse sendelinge. Digitale tegnologie maak dit egter moontlik om die Evangelie in hierdie sendingvelde in te dra waar die Here plaaslike persone gebruik om hulle eie mense met die Evangelie te bereik. Die onlangse nuusberig hiernaas
vertel hoe Turkye 9 buitelandse sendelinge verban het as gevolg van 'sendingaktiwiteite'. |
|
Hier is nog 'n huidige voorbeeld: ‘Illegal Christian activities’: Iran sentences tourist to 10 years in prison for possessing New Testament. Ek het op ChatGPT gaan navraag doen oor die sosiale media platforms wat in Iran (wat geslote is vir die Evangelie) beskikbaar is (om die Evangelie die land in te
neem). Hierdie is die antwoord wat ek ontvang het. Several social media platforms are restricted in Iran, meaning they are officially blocked and cannot be accessed without using circumvention tools such as VPNs (Virtual Private Networks) or proxies. The most notable
restricted platforms include: - Facebook: Blocked since 2009, following the disputed presidential election and subsequent protests.
- Twitter: Also blocked in 2009, Twitter remains inaccessible without the use of
VPNs.
- YouTube: Blocked since 2009, Iranians use alternatives like Aparat or access YouTube through VPNs.
- TikTok: While not as widely adopted before being restricted, TikTok is also inaccessible without
VPNs.
- Telegram: Despite its popularity, Telegram was blocked in 2018 following widespread protests. Many users still access it via VPNs.
- Clubhouse: Clubhouse faced
restrictions due to the open nature of discussions, particularly on political topics.
These restrictions are part of broader government efforts to control the flow of information and monitor online activity within the country. However, many Iranians still find ways to access these platforms using
various circumvention tools. |
Gevolgtrekking: Alhoewel meeste sosiale media platforms ontoeganklik is in Iran (en sommige ander onbereikte sendingvelde), vind 'n minderheid steeds toegang tot die Evangelie deur sosiale media, wat op hulle beurt deur die Here gebruik word om die
Evangelie onder hulle eie mense te versprei. |
Klim saam met ons op die EEN DING trein na die uiteindes van die aarde deur digitale media |
|
|
Sal jy en jou gemeente saam met ons op die EEN DING trein klim na die uiteindes van die
wêreld? Sal jy deur gebed, digitale uitreiking, of finansiële ondersteuning betrokke raak by hierdie groot visie? 'n Gereelde maandelikse bydrae van so min as R100, kan soveel as 1,700 mense per jaar met die Evangelie bereik. Klik op die foto vir ons bankbesonderhede. |
|
Baie dankie aan elke persoon of gemeente wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in
gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking, of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler |
|
|