Terwyl ons digitale vlerke na die Onbereikte Wêreld op YouTube en Facebook tans geknip is weens tekort aan fondse, vlieg ons Afrikaanse webblaaie na soekendes op Google
Ons Afrikaanse webblaaie het tot op datum 52,322 besoeke in totaal ontvang, waarvan 1,513 gedurende April aangeteken is. Alhoewel dit wissel, staan die aantal unieke besoekers op ongeveer 80% aangesien sommige besoekers meer as een webblad besoek. Eerste besoekers maak ongeveer 60% van die totaal uit. Dit beteken dat ongeveer 20% van alle besoekers weer terugkeer om
meer te lees. Meeste eerste besoekers vind ons artikels en webblaaie op Google deur natuurlike soeke. Die grootste vreugde kom egter wanneer 'n nuwe persoon inteken op ons 'Groeigebedslys', wat beteken dit is iemand wat die Here Jesus Christus as Verlosser aangeneem het. Aan die Here al die eer!
Gaan
kuier gerus bietjie op ons onderstaande webblaaie.
Hierdie is ons Afrikaanse Uitreikplatform