Wat is die rede vir hierdie buitengewone reaksie?
Wat hierdie reaksie verbasend maak, is dat mens sou verwag dat die meerderheid kykers waarskynlik van ander gelowe is. Die meeste besoeke kom uit Indië, met 'n bevolking van meer as 1,4 biljoen mense, waarvan 80% Hindoes, 14% Moslems en 2,3% Christene is. Daar is 2,135 onbereikte groepe in Indië. Wat kan mens nou aflei van die groot aantal 'likes' wat hierdie video gekry het? Een van die afleidings kan wees dat die vraag hierbo 'n belangrike vraag is wat mense in
Indië vra. Met ander woorde, dat daar 'n groot soeke bestaan na wie God is en waar om Hom te vind.
Die ander moontlikheid is egter dat baie van die 'likes' deur Christene gemaak is wat na die video gekyk het as 'n blyk van ondersteuning van die boodskap. Is dit belangrik? Ja, verseker -- vir
twee redes. Die eerste is dat dit soekendes (van ander gelowe) aanmoedig om na die video te kyk. Maar die tweede is dat die Here besig is met 'n buitengewone werk in Indië. Daar is nie alleen 'n buitengewone werking van die Heilige Gees besig om in Indië plaas te vind nie, maar die Here is besig om die Kerk in Indië te gebruik om hulle buurlande met die Evangelie te bereik -- sien die kaart en
video hieronder. Ek wil jou graag aanmoedig om na die video hieronder te kyk.
Wat van die 'dislikes'?
Het die 237 'dislikes' enige betekenis? Mens kan aanvaar dat die 'dislikes' persone verteenwoordig wat diep gewortel is in Indoeïsme, Islam of ander gelowe. Maar raai wat -- dis veral hulle wat ons met die Evangelie wil bereik. Hulle moes na die video gekyk het om aan die einde tot 'n 'dislike'
gevolgtrekking te kom. Hulle mag nie van die boodskap hou nie -- maar die saadjie is gesaai -- en niks is vir die Heilige Gees onmoontlik nie. Die hoeveelheid 'dislikes' bevestig die trefkrag van die video.