Is die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag ‘n bereikbare doelwit?
(Vervolg van
bo)
Daar bestaan veel verwarring onder Christene met betrekking tot die definisie van, redes, en oplossing vir
die voltooiïng van die Groot Opdrag. Vir baie lyk dit na ‘n onbegonne taak waaraan ek as individu, enkele gemeente of bediening min kan doen.
Is die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag ‘n bereikbare doelwit? Sal die Kerk dit ooit regkry om die Groot Opdrag te voltooi? Wat moet ons doen om die doel te bereik?
Die groot vraag is, wanneer sal die Groot Opdrag voltooi wees?
- Wanneer daar ‘n kerk of gemeente binne bereikbare afstand vanaf elke mens op aarde bestaan?
- Wanneer elke persoon op aarde die Evangelie gehoor het?
- Wanneer elke nasie, taal- en mensegroep ten volle geëvangeliseer is?
- Wanneer die Evangelie tot beskikking is van elke mens op aarde in ‘n verstaanbare taal, formaat en bereikbare plek of medium?
Die antwoord in ‘n neutedop
Die antwoord is laasgenoemde -- en hierdie is ‘n bereikbare doel. Nie een van die eerste drie scenarios sal ooit gebeur sonder ‘n bonatuurlike ingryping van God nie! Die Groot Opdrag van Jesus sal voltooi wees wanneer die Evangelie tot beskikking is van elke mens op aarde in ‘n verstaanbare taal, formaat en bereikbare plek of medium.
Die Here het aan die Kerk ‘n instrument gegee om die Groot Opdrag te help voltooi, naamlik, die digitale tegnologie en -media. Die enigste manier waarop ons hierdie doelwit kan bereik is met behulp van die digitale tegnologie en
-media.
Die digitale tegnologie en -media is aanvullend tot ander bestaande bedieninge – nie 'n substituut
daarvoor nie. Maar ons primêre fokus moet wees om die Evangelie die hele wêreld in te dra. Dit sal nog 2,000 jaar of langer neem om die hele wêreld met die Evangelie te bereik slegs deur sendelinge uit te stuur, leraars op te lei en gemeentes te plant; maar met behulp van die digitale tegnologie en -media staan ons reeds op die drumpel om die doel te bereik. Lees gerus, ‘Wanneer sal die Hele Wêreld met die Evangelie bereik word?’.
Hiermee doen ek ‘n beroep op gemeentes, sendingbedieninge en individue om saam met Projek
KuberWêreld te werk deur met behulp van die digitale tegnologie en -media die Evangelie te help uitdra die hele wêreld in.
Soos ek reeds telke male in die verlede berig het, het Facebook, Projek KuberWêreld se advertensierekening gesluit, maar deur samewerking kan ons hierdie probleem oorbrug.