Hiermee bid ek jou en jou gesin ‘n geseënde en voorspoedige nuwe jaar toe, maar meer as dit. Ek het vir die Here gevra om vir my ‘n spesiale nuwejaarsgebed vir jou te gee en hierdie is die gebed wat Hy op my hart kom druk het.
Dit is my gebed dat die Here aan jou ‘n vars openbaring mag gee van Sy hemelse en Goddelike doel, plan en roeping vir jou lewe. Mag jy die volheid van God se plan, doel en roeping vir jou lewe vind en beleef gedurende 2024.
Die betekenis hiervan vir jou mag wees om die wonder van wedergeboorte en redding te smaak. Of dit mag beteken om die vrymakende, heiligmakende en oorwinnende krag van ‘n Heilige Gees-beheerde lewe te ervaar. Of dit
mag beteken om die vervulling en vreugde te smaak om deur God gebruik te word as instrument om Sy skeppingsdoel en verlossingsplan vir die wêreld te help
uitvoer deur jou roeping. Hierdie is God se drievoudige plan vir elke mens -- ook vir jou!
Indien jy meer hieroor wil uitvind, besoek gerus ons webblad, Hoe Om Jou Ware Doel En Roeping In Die Lewe Te Vind, of deel hierdie boodskap met iemand wat dit moet hoor.