Wanneer die Here jou kandelaar wegneem ...
Terwyl ek besig was om op die Here te wag vir die inhoud van hierdie nuusbrief, het ek tot 'n skokkende ontdekking gekom. Die Here lei my na 'n artikel wat ek in 2017 geskryf het met die titel, Hoe Om Die Stem Van God Te Hoor. Die artikel gaan oor ‘n boodskap wat ek gehoor het wat my diep geraak het. Behalwe vir die boodskap, het ek die stem van God gehoor! Die teks van oordenking was Op 2:4,5: "Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer
nie."
Terwyl ek nou weer hierdie artikel lees, besef ek dat die waarskuwing van Op 2:4,5 waaroor hierdie artikel gaan, ‘n paar maande na die oorspronklike skrywe oor my gesin in vervulling gegaan het. Die Here het die kandelaar van ons gesin verwyder toe my huwelik en
ons gesin verbrokkel het. Ek het nooit besef toe ek hierdie artikel geskryf het, dat dit so ‘n letterlike profetiese impak sou hê nie. Dank God dat Hy nie die kandelaar van my bediening verwyder het nie!
Ek sien
egter dat die verwydering van die kandelaar in vervulling gegaan het (en besig is om te gaan) in die lewens van menige Christene, gemeentes en bedieninge reg rondom my -- meesal sonder dat hulle dit besef!
Wat is jou
kandelaar?
Wat is die kandelaar waarvan Op 2:4,5 praat? Die Nuwe Vertaling gebruik die woord, 'lamp' i.p.v. 'kandelaar'. Dit is nie jou redding nie -- dit is jou getuienis. Dit is jou Goddelike lewensdoel. Dit is jou hemelse en Christelike roeping hier op aarde. Dit is
waarvoor God jou wil gebruik in hierdie wêreld. Die Here het ‘n spesiale en unieke Koninkryksroeping vir elkeen van Sy kinders en vir elke gemeente — dít is jou en jou gemeente se kandelaar of lamp!
Hoe om die stem van God te
hoor
Staan jy of jou gemeente se kandelaar op die punt om weggeneem te word? Het jy of jou gemeente julle getuienis verloor? Is jy nog bruikbaar en vrugbaar in diens van God? Is jy op die plek waar die Here jou wil en kan gebruik om die wêreld met die Evangelie te
bereik?
Hoor jy en jou gemeente nog die stem van die Here? Ek
nooi jou hiermee om die artikel, 'Hoe Om Die Stem Van God Te Hoor', te lees by hierdie skakel.