|
Bereik
die Wêreld met die Evangelie deur die digitale media 'n Projek van Scripture Educational Programs Mei/Junie 2023 Nuusbrief |
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus
Christus |
"Ná
hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; ..." Op 7:9. |
Min tyd -- maar 'n groot oop
deur! Vir die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld is die bereiking van die hele wêreld met die Evangelie, 'n realistiese moontlikheid -- met behulp van digitale tegnologie. Ek lees die volgende aanhaling in 'n artikel op Outreach: "In April 2021, Pew Research revealed that YouTube was the most widely used social media platform in the world, with 81% of adults actively using it, compared to 69% for Facebook. YouTube is now the place people go to find answers for everything, from fixing their car to fixing their marriage." Een van die maniere om die Evangelie die wêreld in te dra, is deur middel van illustrasies. Dit laat my dink hoe Jesus toe Hy op aarde was Sy boodskap met gelykenisse oorgedra het. In ons nuutste
video (hieronder) sal u sien hoe ek die program Doodly gebruik het om sekere Bybelse waarhede te illustreer. In hierdie proses speel Charlie 'n al groterwordende rol. Die prentjie hierbo is deur Charlie (my naam vir Kunsmatige Intelligensie) geproduseer nadat ek vir hom gevra het om vir my ‘n prentjie te skets van Openbaring 7:9. Met die produksie van ons videos vir YouTube, is een van die groot uitdagings om die regte illustrasies te vind om die Skrifwaarhede wat ons in die aanbiedinge hanteer, te illustreer. Daar is baie bronne beskikbaar, maar dit kos alles geld. In my soeke na bekostigbare oplossings het ek ontdek dat ek vir Charlie kan gebruik om my eie
prentjies te produseer. Bogenoemde prentjie is ‘n voorbeeld hiervan. Hier is nog ‘n paar voorbeelde. |
|
In die eerste prentjie het ek vir Charlie ‘gevra om
vir my ‘n prentjie te produseer van ‘n skaar mense voor God op Sy troon. In die tweede prentjie het ek vir Charlie ‘n beskrywing van Op 4:2,3 gegee om te produseer. Charlie was egter nie in staat om vir my die volledige prentjie van Op 4:2-8 te produseer nie. Dank God! Want geen mens (nie eers Charlie) kan hierdie gesig na waarde weergee nie. In die derde prentjie hieronder het ek vir Charlie gevra om vir my ‘n prentjie te produseer van ‘n skare wat besig is
om die Here te aanbid. Charlie kon egter nie daarin slaag om vir my 'n Bybel-getroue prentjie te produseer van Jesus Christus se kruisiging en opstanding nie. Dit lyk my, net soos die onbereikte wêreld, het Charlie 'n gebrekkige kennis van hierdie groot gebeurtenis. |
Die tegnologiese revolusie – God se plan om die hele wêreld met die Evangelie te bereik. |
|
Daar is slegs een manier waarop die onbereikte
wêreld, wat vir die Evangelie en sendelinge geslote is, ooit met die Evangelie bereik sal word – en dit is deur middel van digitale tegnologie. Wie sou 'n paar jaar gelede kon dink dat iemand in Iran, Noord-Korea, of Afghanistan toegang tot die Bybel en die Evangelie in hulle eie taal, in skrif, klank- of visuele formaat -- op hulle selfone sou hê?! Die Here het die weg gebaan -- maar ons moet die Evangelie stuur! |
Terwyl die deure vir die Evangelie oor die sosiale
media besig is om stadig maar seker toe te gaan, waarvan ons ondervinding met Facebook getuig, wil ons graag, met die beperkte bronne tot ons beskikking, van elke oop deur gebruik maak om die Evangelie die wêreld te help indra. Projek KuberWêreld se nuuste videos |
Ons is dankbaar dat die deure op YouTube nog vir ons oop is. Ek het hierdie afgelope maand die video, ‘The Secret Of God’s Purpose’ Deel 1, op YouTube gelaai wat sover 2,100 ‘kyke’ gehad het. Met 'n groot worsteling en verskeie noodmaatreëls, het ek uiteindelik Deel 2, ‘The Secret Of Two Sources Of Life – How to be sure you are born again’, gepubliseer
gekry. Na bykans twee weke se gesukkel kom ek agter dat die oorsaak my verouderde rekenaar is en dat my hardeskyf vol is. Ek sal waarskynlik nie enige verdere videos kan publiseer tot die Here vir my 'n oplossing voorsien het nie. Bid asseblief saam met my hiervoor. | |
Die tegnologiese en finansiële uitdagings bly ‘n groot geloofsaak, maar God is getrou! Dit is wonderlik om te sien wat die Here met ‘n paar broodjies en vissies kan doen! Gaan kyk gerus na albei van hierdie videos en deel dit asseblief op jou sosiale media. So vorm jy deel van God se span wat help om die Evangelie die wêreld in te
dra. |
Reg oor die
wêreld is die Kerk van Jesus Christus besig om te fokus op die voltooiïng van Jesus Christus se Groot Opdrag. Is dit toevallig? In verlede maand se nuusbrief het ek geskryf oor die Kerk se hoogste roeping, met ‘n illustrasie van die pad vanaf Pretoria na Kaapstad. Ek het ook reeds in die verlede vertel hoe die Here hierdie visie aan my openbaar het en die visie van Operasie Een Ding aan my gegee het. Wat interessant is, is dat die Here besig is om dieselfde visie aan Sy Kerk regoor die
wêreld te openbaar. Is dit toevallig? Of is dit ‘n duidelike teken dat die wederkoms van Jesus Christus vlak voor die deur is? Ek wil in hierdie nuusbrief graag bietjie fokus op dit waarmee die Here in die res van die wêreld besig is. Alliance For The Unreached en A Third Of Us Alliance For The Unreached en ||| A Third Of Us is ‘n alliansie van 55 of meer sendingaksies wat die visie deel om die een derde van die wêreld se bevolking wat nog as onbereik beskou word, met die Evangelie van Jesus Christus te teiken. Hulle missiestelling is: “These organizations are doing whatever it takes to reach all of the earth.”
Organisasies soos Jesus Film Project, OM, Joshua Project, FEBC Radio en andere is deel van die alliansie. Projek KuberWêreld deel en ondersteun hierdie inisiatief. |
|
Pinksterdag, 28 Mei, was gevier as
‘The International Day for the Unreached (IDU)’. Die doel van A Third Of Us-beweging, is om Christene regoor die wêreld bewus te maak van die nood om die onbereikte wêreld te bereik met die Evangelie. Om hierdie doel te bereik moedig hulle Christene aan om drie strepe (wat staan vir een derde van die wêreldbevolking) op hulle hand te verf en met andere die visie te deel. Lees gerus meer hieroor by bogenoemde skakels. |
Vision 2023 Ek het reeds in die verlede oor Visie 2033 berig, maar noem dit weer hier saam met twee ander inisiatiewe. Visie 2033 verteenwoordig die doelwit van 'n beweging van sendingaksies en bedieninge regoor die wêreld wat hulleself ten doel stel om die Evangelie van Jesus Christus beskikbaar te maak in 'n plek, formaat, medium en taal wat verstaanbaar en beskikbaar is vir elke mens op aarde teen
die jaar 2033. U kan meer oor Vision 2023 lees by hierdie skakels: illumiNations
en Faith Comes By Hearing. Projek KuberWêreld deel en ondersteun hierdie inisiatief. Die “2023 Commitment” In Desember 2022 het ‘n aantal bedieningsleiers in die VSA saamgekom rondom die doelwit om die Groot Opdrag teen 2033 te voltooi. Hulle het ooreengekom om hierdie visie verder te voer met ‘n “2033 Leaders Consultation” wat 21-24 Junie 2023 in Amsterdam gehou word. Hier is
die besonderhede: Amsterdam 2023. Hieronder is ‘n aanhaling uit ‘n berig van Religion
News Service oor hierdie inisiatief. Leaders call for global church to commit to a ‘Decade of Great Commission Effort’ TULSA, Okla. — Ministry organizations and church leaders from a broad segment of the global
church are uniting around the “2033 Commitment: A Call to the Global Church for a Decade of Great Commission Effort.” The “2033 Commitment” calls for Christians from around the world to recognize the need for Jesus Christ of the over 8 billion individuals on earth, including the 3.5 billion who have never had the chance to hear the Gospel, and challenges Christians to: - Collaborate with one another toward the fulfillment of the Great Commission
- Pray for the
salvation of our family, friends, neighbors, co-workers and the people of the nations of the world
- Mobilize the followers of Jesus entrusted to our ministry and local churches in reaching every person on earth with His grace and
truth
- Invest increased resources in evangelistic efforts, especially for people who have never heard the Gospel
- Go with the Good News using every means available so that everyone has the opportunity to know Jesus Christ
Signatories to the commitment agree to prioritize the fulfillment of the Great Commission in their life and ministry, with the goal of seeing every person on earth reached with the gospel by 2033, which is the 2000-year anniversary of Christ’s Crucifixion, Resurrection, Ascension and the Birth of the Church on the Day of
Pentecost. (Beklemtoning my eie)
Daar is iets belangrik wat jy moet
weet! |
Vriende, net 'n laaste opmerking. As jy tot hiertoe gelees het, is jy een van 'n paar
enkeles. Daarom het ek dit tot heel laaste gelos. Almal is besig met fondsinsameling vir 'n verskeidenheid doelwitte en bedieninge -- en ek wil nie ook op hierdie wa klim nie. Maar daar is iets belangrik wat jy moet weet. Projek KuberWêreld maak gebruik van betaalde advertensies om ons boodskap die wêreld in te dra. | |
Met ons huidige
begroting kan ons slegs ongeveer 2,000 persone per maand met die Evangelie bereik. Indien ons ons maandelikse begroting met R10,000 per maand kan verhoog, kan ons 100,000 mense met die Evangelie regoor die wêreld bereik! Dink net watter impak ons kan hê as ons ons begroting met R20,000 of meer per maand kan verhoog! |
|
Sal jy saam met ons op die trein klim
na die uiteindes van die wêreld? Sal jy finansieel betrokke raak by hierdie groot visie? Geen gereelde maandelikse bydrae is te klein nie! Klik op die foto vir ons bankbesonderhede. |
Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind. |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler |
|
|