|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die digitale media 'n
Projek van Scripture Educational Programs Julie/Aug 2023 Nuusbrief |
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus
Christus |
Mat 6:33: "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." |
Die
Bybel se fokus vir die Christen: “Soek eers die Koninkryk van God ..., en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word
...” Kan
'n mens regtig hierdie belofte op sigwaarde neem? Wérk dit so? Hierdie is een van die kragtigste, maar ook mees kontroversiële waarhede in die Woord van God. Hierdie uitspraak van Jesus is van fundamentele belang vir die kind van God en die Kerk se fokus! Hierdie is die onderwerp van ‘n hele boek, maar ek wil graag ‘n paar gedagtes met jou deel. Die Here het weereens die waarheid van hierdie uitspraak aan my kom bevestig nadat Hy my deur ‘n skool van ‘bankrotskap’ gestuur
het. Mat
6:33 definieer wat elke Christen en gemeente se fokus moet wees. Vir hierdie belofte om in jou en my lewe, en die lewe van ‘n gemeente te realiseer, moet ons twee dinge omtrent hierdie belofte verstaan: 1. Wat en waar is die Koninkryk van God, en wanneer sal dit kom? 2. Wat beteken dit om die Koninkryk van God te soek? Vervolg onder. |
Ons YouTube-kanaal steek die 100,000 merk verby In diepe verootmoediging en dankbaarheid teenoor die Here, berig ons dat die Here elkeen van Sy Koninkryksinstrumente (gebeds-, finansiële- en sendingbetrokkenes) die afgelope maand gebruik het om die Evangelie van Jesus Christus deur middel van Facebook en YouTube die wêreld in te stuur. Die video,
How To Know Who God Is, is op Facebook deur Koninkryksfokus geadverteer waar 88,165 persone met die advertensie bereik is. Daar was 2,289 reaksies op die advertensie. |
Ons YouTube-kanaal het gedurende Julie 137,096 besoeke bygekry en het tot op datum 172,946 ‘kyke’ gehad. Die video, ‘How To Know Who God Is’, het 49,434 ‘kyke’ gehad.
Aan die Here al die eer! Volgens YouTube, is Indië en Venezuella ons hoogste kyker-lande. Venezuella word beskou as ‘n Christelike land, maar waarvan 71% Rooms Katoliek is. Dit is interessant om te weet dat Indië die land is met die hoogste onbereikte bevolking ter wêreld. 1.2 Biljoen uit ‘n bevolking van 1.4 biljoen word beskou as onbereik met die Evangelie. Volgens statistieke is daar 2,135 mensegroepe in Indië onbereik met die Evangelie. Van die ander mins-bereikte lande wat
ons deur YouTube bereik, is Pakistan, Bangladesh, Shri Lanka en die Verenigde Arabiese Emiritate.
Waarom moet ons betaalde advertensies op YouTube plaas om ons doelwit te bereik? Miskien wonder jy, waarom moet ons betaalde advertensies op YouTube plaas om ons doelwit te bereik, terwyl sommige deur natuurlike groei hulle teikenmark bereik, en selfs deur YouTube betaal word? Die antwoord hierop is kortliks, omdat ons videos nie primêr geskep word vir hulle wat dit graag wil sien of hoor nie, maar juis vir hulle wat die boodskap nog nie gehoor het, of wil hoor nie. YouTube se kruipers soek 'subscribers'
of volgelinge. Ons videos word nie geskep om volgelinge te trek nie. Ons wil juis hulle bereik aan wie YouTube nie ons videos sal bekendstel nie. Die volgelinge wat ons wel kry, is dié handjievol wat deur die boodskap aangeraak word. Maar ons doelwit is juis om nie-volgelinge te bereik. As een van ons uitreikvideos groot getalle volgelinge sou kry, sal dit ‘n teken van een van twee dinge wees – of herlewing het uitgebreek, of ons het die verkeerde groep mense
bereik. |
Vervolg vanaf eerste paragraaf. 1. Wat en waar is die Koninkryk van God, en wanneer sal dit kom? |
Die
antwoord in ‘n neutedop. In die
eerste plek, is die Koninkryk van God daar waar Hy regeer. Alhoewel die Koninkryk van God in elke kind van God se hart kom woon met wedergeboorte, sal die vervulling van die Koninkryk van God in die wêreld plaasvind met Jesus Christus se wederkoms. Daarom moet die wederkoms van
Jesus Christus elke Christen en gemeente se hoogste verlange, doelwit en strewe wees. | |
Die Evangelie en die wederkoms van Jesus Christus is
onafskeidbaar aan mekaar verbind. Daarom is die verkondiging van die Evangelie die Kerk se primêre taak. Die Koninkryk van God geld slegs waar Jesus Christus as Koning heers. Die wederkoms van Jesus Christus is die vervulling van God se doel en plan met die skepping en die Koninkryk van God. 2. Wat beteken dit om die Koninkryk van God te soek? Die antwoord in ‘n
neutedop. |
|
Om die Koninkryk van God te soek, beteken om met
volle oorgawe -- gees, siel en liggaam -- oorgegee en verbind te wees tot die Koninkryk van God en Sy heerskappy, in en deur my lewe. Dit beteken om ten volle oorgegee en verbind te wees tot God se wil, plan en roeping vir my lewe soos dit tot openbaring kom in Sy Woord . By implikasie beteken dit dat as daar ‘n area in my, of my gemeente se lewe is wat ek/ons terughou vir God, of buite die geopenbaarde wil en plan van God beweeg, geld die belofte van Mat 6:33 nie
vir my of ons nie. |
Ek weet dit klink radikaal. Maar ek kan persoonlik
daarvan getuig. As ek terugkyk oor my lewe, omstandighede en finansies oor die afgelope 35 jaar vandat die Here my as voltydse sendeling geroep het, sien ek die prentjie glashelder. Ek weet presies waar ek gefouteer het -- deur my eie planne te beraam, in plaas van te fokus op God se plan en roeping vir my lewe! Dr Oswald Smith het ook gewonder of die belofte van Mat 6:33, regtig waar is. Lees gerus sy merkwaardige getuienis by hierdie skakel. (Baie Christene wil nie meer hierdie verhaal hoor nie, want hulle dink
Oswald Smith se ondervinding was ‘n uitsondering en dit werk nie meer so nie. Regtig?) Wat het die belofte van Mat 6:33 en die Koninkryk van God met wêreldsending te doen? |
|
As ons verstaan dat die wederkoms van
Jesus Christus die vervulling van God se doel en plan met die skepping is, bring dit ons by die vraag, wat is die belangrikste taak van elke gemeente en kind van God, in afwagting op Jesus se wederkoms? Jy het reg geraai! Om ‘n instrument in die hand van die Here te wees om die hele wêreld met die Evangelie te help bereik. |
Waarom? Want die Bruid van Christus sal
verteenwoordig word deur elke volk, stam en taal – en die wederkoms van Jesus Christus sal nie plaasvind voor Sy skeppingsdoel voltooi is nie! Dit is immers ook die inhoud van Jesus se Groot Opdrag aan elke kind van God – gaan en verkondig die Evangelie aan al die nasies. Dit is ook een van die primêre funksies van die Heilige Gees in die kind van God, sowel as 'n gemeente se lewe: “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in ... ... ... en ...”
(Jy’s alweer reg!) Han 1:8. Verlang jy na 'n vars werking van die Heilige Gees in jou persoonlike lewe of gemeente? Lig jou fokus. Behalwe vir gebed, begin by Han 1:8. Kan dit wees dat Han 1:8 omgekeerd ook waar is: 'Wees My getuies tot aan die uiteindes van die aarde -- en julle sal die krag van die Heilige Gees ontvang.'? Ek dink so. Ek ervaar dit persoonlik soos klokslag. Een van die sekerste resepte vir geestelike doodsheid, is geestelike
kortsigtigheid en -selfbelang. ('Spiritual myopia'.) |
|
Sal jy saam met ons op die trein klim
na die uiteindes van die wêreld? Sal jy finansieel betrokke raak by hierdie groot visie? Geen gereelde maandelikse bydrae is te klein nie! Klik op die foto vir ons bankbesonderhede. |
Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking, of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind. |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler |
|
|