|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die digitale media 'n Projek van Scripture Educational Programs Junie/Julie 2023 Nuusbrief |
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus
Christus |
Mat 24:14: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom." |
Wanneer sal die hele wêreld met die Evangelie bereik word? Mense vra my nog steeds, wat is daai drie strepe op jou hand? Dis hoe ek graag onthou wil word -- die oom met die strepe op sy hand. Dit is die simbool van my verbintenis om myself beskikbaar te stel om 'n instrument in die hand van die Here te wees om Sy Groot Opdrag te help voltooi, en die Evangelie te help neem na die drie biljoen mense in die wêreld wat nie vrye toegang daartoe het nie. Projek KuberWêreld se fokus is die
eindstreep – die bereiking van elke volk, stam en taal, met die Evangelie. Al kan ons alleen slegs ‘n klein bydrae maak tot hierdie doel, kan ons almal saam die doel bereik. Hierdie storie vervolg onderaan.
‘Auto-translate’ – nog ‘n voorbeeld van hoe ons die tegnologie gebruik om die hele wêreld met die Evangelie te help bereik
Deur middel van die onderskrifte (‘Subtitiles’) van ‘n video, kan ons die Evangelie aanbied in enige van die wêreld se meerderheidstale. Die onderskrifte skryf die volledige klankbaan in geskrewe formaat onderaan die video. Google se Auto-translate is in 133 tale van die wêreld op YouTube beskikbaar. Die Auto-translate funksie kan die onderskrifte op die video outomaties in die taal van die kyker vertaal. In die onderstaande foto is die onderskrifte in Arabies. |
Hoe
gaan ons dit regkry om die Bybel as die Woord van God tot elke mens op aarde se beskikking te stel? Jy het reggeraai -- digitaal – in skrif, in klank, of visueel -- op ‘n selfoon! Ons is, onder andere, tans besig met digitale Bybelverspreiding -- deur die maak van videos wat die Bybel as die Woord van God bekendstel. Ons nuutste video is getiteld, ‘Four Criteria To Know Who God Is And Where To Find Him’. Soos u
kan sien aan die onderkant van die titel, moedig ons die kyker aan om die onderskrifte in sy of haar eie taal te lees. Aan die einde van die video (van 2.5 minute) verskaf ons die skakel na YouVersion Bible App se webblad toe. Ons moedig ook kykers aan om die Bybel in hulle eie taal af te laai op hulle selfoon. Ons het hierdie video 27 Junie op YouTube gepubliseer met 'n promosieveldtog, en op die tydstip toe hierdie nuusbrief uitgestuur is, (30 Junie), was daar 17,876 'kyke'. Die drie lande met die meeste 'kyke' is Venezuela, Turkye en Indië. Soos ons meer ondervinding op YouTube opdoen wil ons wil egter graag meer mins-bereikte lande teiken, al sal dit minder resultate tot gevolg hê. Ons
wil versigtig wees om nie statistieke na te jaag ten koste van ons doelwit om die onbereikte wêreld te teiken nie. Baie dankie aan elke gebeds- en finansiële ondersteuner wat dit vir ons moontlik maak. Aan die Here al die eer! |
Die
Here maak nuwe deure oop Vriende, dit is in nederige dankbaarheid teenoor die Here dat ons bekendmaak dat die Here besig is om Sy visie vir die onbereikte wêreld steeds deur Projek KuberWêreld uit te voer. Danksy addisionele finansiële ondersteuning wat ingekom het, het die Here vir ons groter deure begin oopmaak. Een van ons doelwitte is om met ander sendingaksies en -bedieninge saam te werk wat ‘n visie vir die onbereikte wêreld het. Ons is dankbaar om saam met Ds Chris Visser en sy
bediening, Koninkryksfokus / Kingdom Focus, te kan werk. Koninkryksfokus, fokus op die Moslem- en onbereikte wêreld, en beskik oor ‘n aantal Facebookblaaie en sosiale media groepe waarin Ds Chris die Evangelie met Moslems en andere regoor die wêreld deel. Hierdie skakel sal jou lei na: Invitation to join our Group: Pray for Internet-Evangelism to Muslims. Gaan loer gerus hier en kyk bietjie waarmee hy alles besig is. Soos u reeds weet, het Facebook, tot groot frustrasie, Projek KuberWêreld se advertensierekening gesluit as gevolg van
ons (“offensiewe”) blootstelling van die Evangelie aan die Moslem- en ander nie-christelike wêrelddele oor die jare. Die Here het egter deur middel van Koninkrysfokus vir ons ‘n nuwe deur oopgemaak op Facebook, en kon Projek KuberWêreld vir die eerste keer in ongeveer twee jaar, weer betaalde advertensies op Facebook plaas. Ons advertensies saam met Koninkryksfokus op Facebook het gedurende Junie ongeveer 97,674 persone bereik. Daar was ongeveer 14,268 interaksies/reaksies op die advertensies. Alhoewel dit slegs ‘n handjievol mense is wat eindelik na die videos kyk, is dit heel normaal. Ons fokus is nie op die massas nie, maar op die 'hongeriges'! Noordelike Afrika, die Midde-Ooste en Suid-Oos-Asië was ons teikengebiede, waaronder Indië, Afghanistan en Pakistan van die groter teikenvelde was. |
'Ons'
YouTube kanaal groei
Ons YouTube advertensieveldtog hierdie maand, het eers ‘n paar dae gelede afgeskop weens tandekry-probleme. Ons is egter nederig dankbaar teenoor die Here dat Hy dit vir ons finansieel moontlik gemaak het om, tot en met hierdie skrywe, 35,850 'kyke' op ons YouTube kanaal te kry. Ek vra asseblief u voorbidding vir die promosieveldtogte sowel as die produksie van die videos. Dit is die Heilige Gees wat mense trek en oortuig. Ook die produksie van die videos vra Heilige Gees-inspirasie, -wysheid en baie geduld. Baie dankie aan elke gebeds- en finansiële ondersteuner wat deur die Here gebruik
word om hierdie deure vir ons oop te maak. Dit is hoekom ek altyd praat van 'ons' -- al is ek net een. Elke gebeds- en finansiele ondersteuner is deel van 'ons' bediening. |
5. Die probleem van ongeletterdheid word oorbrug met digitale tegnologie in visuele- en/of klankformaat. “Recognized by the Guinness Book of World Records as the most-translated film in history, the JESUS film has been dubbed into more than 2,000 languages.” 6. Baie sendingorganisasies het reeds op die tegnologiebus geklim, met groot sukses. ‘n Nuwe bewustheid en beweging regoor die wêreld is besig om die klem te plaas op die voltooiïng van die Groot Opdrag en die bereiking van die onbereiktes met die Evangelie. Voorbeelde hiervan is Vision
2033, illumiNations, Faith Comes By Hearing, Alliance For The Unreached, ||| A Third Of Us, en Amsterdam 2023. 7. Engels is besig om as wêreldtaal teen rasseskrede toe te neem, terwyl minderheidstale besig is om te sterf teen ‘n tempo van een elke twee weke. https://languageconservancy.org/language-loss/ Wanneer sal Jesus Christus se Groot Opdrag voltooi wees? As ons hierdie antwoord weet, weet ons wanneer om Jesus Christus se wederkoms te verwag. Jesus Christus kom om Sy kinders en Sy
Bruid te haal -- en die Bybel leer vir ons dat Sy kinders en Bruid verteenwoordig sal word deur elke nasie, volk, stam en taal. (Op 5:9 en 7:9.) Dit wil voorkom of hierdie laaste groep onbereikte mense die moeilikste is om te bereik met die Evangelie. Die deure vir die Evangelie is reeds besig om stadig maar seker toe te gaan oor die sosiale media, ter voorbereiding vir die verskyning van die Antichris. Alhoewel God nie die Kerk se opdrag namens haar sal uitvoer nie, weet ons ook dat die Here Homself aan groot getalle Moslems en mense van ander godsdienste regoor die wêreld openbaar op buitengewone maniere.
Daar is talle berigte van Moslems en andere regoor die wêreld wat getuig dat hulle deur drome en op bonatuurlike wyses 'n ontmoeting met Jesus Christus gehad het. Ons lees in Op 14:6: "En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke." |
|
Sal jy saam met ons op die trein klim
na die uiteindes van die wêreld? Sal jy finansieel betrokke raak by hierdie groot visie? Geen gereelde maandelikse bydrae is te klein nie! Klik op die foto vir ons bankbesonderhede. |
Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking, of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind. |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler |
|
|