Tot op datum van skrywe, het YouTube
aangedui dat daar 1,932 ‘views’ vir die eerste video, 1,781 vir die tweede, en 1,240 vir die derde was, nadat ons hulle deur middel van betaalde advertensies bekendgestel het. Die top drie kykerlande was Venzuella, Turkye en Indië. Met 'n groter begroting is dit moontlik om spesifieke mins-geëvangeliseerde lande te teiken. Ons vertrou dat die Here dit in die toekoms sal moontlik maak.
YouTube se algoritmes gebruik die aantal ‘views’, ‘subscribes’, ‘likes’, sowel as ‘comments’ vir die plasing en
aanbeveling van videos wat die natuurlike groei van ‘n kanaal bepaal. Omdat Projek KuberWêreld se videos Evangeliese uitreiking is, sal, uit die aard van die saak, slegs diegene wat deur die boodskap geraak word en geredde Christene, wat ‘n klein minderheid van die kykers is, die videos ‘like’ en op die kanaal ‘subscribe’. Om dit anders te stel ...
Ons boodskap is juis bedoel vir diegene wat dit nie wil, of anders kan hoor nie.
Die gevolg hiervan is
dat natuurlike groei van die kanaal grootliks beperk is. Dit beteken dat ons die Evangelieboodskap deur middel van betaalde promosies moet uitdra. So was dit ook die geval met Facebook. Hierdie is egter ‘n GROOT geleentheid vir die Kerk van Jesus Christus in Suid Afrika om ‘n beduidende rol te speel in die uitdra van die Evangelie na die hele wêreld op ‘n bekostigbare wyse. Die groot vraag is, sal ons hierdie geleentheid benut? Is hierdie doelwit deel
van ons prioriteitslys?
As ons Projek KuberWêreld se maandelikse begroting verdeel deur die aantal ‘views’ wat ons hierdie maand gekry het, beteken dit dat ons een persoon met die Evangelie bereik het vir elke R2,80. Wat ‘n uitstekende belegging!
Global Media Outreach se resultate
Ek vertel graag vir jou van die werk van Global Media Outreach (GMO) wat basies dieselfde bediening het as Projek KuberWêreld. Hulle dra ook die Evangelie deur middel van
digitale media die wêreld in. Kyk bietjie na hulle resultate, Hierdie kom uit hulle nuusbrief van 1 Maart 2023. Meer as ‘n miljoen persone het hierdie enkele video gesien gedurende 2022.