|
Bereik
die Wêreld met die Evangelie deur die Internet Oktober/November 2022
Nuusbrief |
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus
Christus |
Rom 11:4,11
"... Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. ... Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely." |
Is Facebook se dae
getel?
Die wêreld is besig om vinnig te verander – ek hoef jou nie op voorbeelde hiervan te wys nie. AL, let wel, AL hierdie veranderinge draai rondom EEN DING, naamlik om die wêreld en die Kerk voor te berei vir die wederkoms van Jesus Christus, waarvan die bereiking van elke volk, stam en taal met die Evangelie, bo-aan God se agenda
vir die Kerk is! Op die Operasie Een Ding webblad maak ons onder andere die volgende stelling: “Ons glo dat die digitale eeu waarin ons leef deur God bestem is om Sy Kerk se
afspraak met die nasies te volbring ...!” Soos jy weet, is Projek KuberWêreld die afgelope meer as tien jaar
besig om die Evangelie na die Onbereikte Wêreld te neem deur Facebook, omdat Facebook die mees effektiewe en ekonomiese sosiale media was (en steeds is?) om hierdie lande te bereik. Maar hierdie afgelope maand het belangrike nuus omtrent Facebook gebreek, naamlik, Facebook
COLLAPSING! Offices CLOSED as Meta in FREEFALL!!! Deur Dr Steve Turley. Ek haal vir jou dele van Dr Turley se aanbieding aan: |
|
“Mark Zuckerburg and Meta are in absolute free fall. Users are leaving, revenues are down and their stock value
keeps falling. Offices are being closed, layoffs abound, and Zuckerberg’s wealth is beginning to evaporate. As it turns out, millions and millions of users in the United States and Canada have closed their accounts and dumped Facebook."
"In fact Generation Seniors and Millennials laughed at it. They barely even acknowledged Facebook’s existence and
as a result advertisers are taking their business elsewhere ... and of course there are the inevitable layoffs – thousands of them." "Reports are that as much as 15 percent of Meta’s workforce will be getting ‘pink slips’ in the next few weeks. ... It is nothing less than a titanic train wreck of colossal proportions.”
“So what’s happening here, why is this once titan amongst big tech giants imploding? You know the answer. I think
every single one of you knows the answer to this. In fact the answer has a nice little refrain to it ... “Get Woke – Go Broke.” That's exactly what happened to Meta and they left trail after trail of it.”
“When Facebook banned President Trump from their platform almost immediately Facebook saw 34 Billion Dollars wiped
out of their market valuation. They were financially crushed with their pathetically Woke act of ‘Cancel Culture.’ ..."
"And then of course you have the rediculously Woke culture at Meta .... For example, last week Cheryl Sandberg,
the CEO of Meta for well over the last decade, she left the company ..... But what was really behind that disaster besides managerial incompetence, is her incessant and vile Wokeness. .... That is the person who is running Facebook – that is the person who is in charge of deciding what you can post and what you can’t."
"In short, Facebook is basically morally keeling over, having sold it’s soul to left-wing Wokeness it’s imploding under the weight of it’s own absurdities. It claims to be a social media platform for everyone, but censors opinions that offend them ...." "It does appear that we are really entering into a Post-Woke, Post-Cancel Culture age. And if there were one thing we’re becoming increasingly sure about that age, it doesn’t look like Facebook will be part of it” |
In vorige nuusbriewe het ek vertel hoe Facebook ons webblaaie geblokkeer het en uiteindelik ons
advertensierekening gesluit het. Ek kan nie help om te wonder of hierdie dinge besig is om met Facebook te gebeur omdat Facebook God se plan teenstaan deur die deure toe te maak vir die Evangelie na die Onbereikte Wêreld nie. Ek kan nie help om te dink aan die gesegde, ‘Die mens wik, maar God beskik’, nie. Facebook is nie meer beskikbaar vir die plan waartoe God vir Mark Zuckerberg geroep het nie! (Ek het in die verlede hieroor geskryf in my nuusbriewe.) Maar God het steeds ‘n plan – en Hy sal Sy plan uitvoer met of sonder Facebook, en sonder my en jou samewerking! Die groot vraag is – is ek en jy
beskikbaar vir God se plan – is ek en jy deel van God se plan? |
Is die Here besig om ‘n nuwe deur oop te
maak? |
Die vraag is nou, is daar ‘n ander sosiale media wat Facebook se rol kan oorneem, of is die Here dalk besig met
iets anders? Weet jy wat sien ek? Ek sien dat Facebook besig is om sy ‘anti-woke’ ondersteuners in die westerse wêreld te verloor. Die vraag is, wie gaan oorbly? Gaan dit nie onder andere juis die 10/40-venster en derde-wêreld lande se mense wees wat oorbly op Facebook nie? Gaan dit nie onder andere juis die Moslem- Hindoe, Boedistiese en kwasie-christelike wêreld wees wat oorbly op Facebook nie? Nog ‘n vraag is, sal die inploffing van Facebook en die vertrek van Cheryl Sandberg as CEO, dalk ‘n verandering in die toepassing van Facebook se regulasies en standaarde meebring? Sal die deur dalk weer
oopgaan vir Projek KuberWêreld en sal Facebook dalk weer ons advertensierekening oopsluit? Net tyd sal sal die antwoorde meebring. Intussen moet ons voortgaan op die pad waarop die Here ons lei. Die pad vorentoe Ek is egter oortuig daarvan dat Facebook twee keer sal dink in die toekoms voor hy iemand se rekening sluit of sensuur toepas, want dit kan tot sy finale ondergang lei. Ek is steeds oortuig dat die pad vorentoe is vir elke gemeente, en elke kind van die Here wat ‘n Facebook rekening het, om hierdie deur na die Onbereikte Wêreld tot die Here se beskikking te stel om die wêreld met die Evangelie te help bereik. Is jy beskikbaar? Lees meer hier. Elon Musk het so pas Twitter oorgeneem en die
hele wêreld is aan die gons oor die implikasies hiervan. Waarom is Twitter nie 'n beter sosiale medium om die onbereikte wêreld met die Evangelie te bereik nie? Die antwoord in kort is omdat Twitter nie die ideale medium is vir die sendingvelde wat ons teiken nie. Wat beteken ‘Wokeness’? Ten slotte, miskien wonder jy ook soos ek gewonder het, wat beteken ‘Wokeness’? Volgens Wikipedia beteken ‘Wokeness’, "alert to racial prejudice and discrimination ... Beginning in the 2010s, it came to encompass a broader awareness of social inequalities such as sexism, and has also been used as shorthand for American Left ideas involving identity
politics and social justice, ...". Wat hierdie definisie nie sê nie maar wat onder andere geïmpliseer word, is
dat Bybelgefundeerde moraliteit en Evangeliese waarhede as diskriminerend, verdelend en onderdrukkend beskou word. (Dit is ook die dryfkrag agter die Kultuur van Uitskakeling (Cancel Culture) wat selfs in sekere Christelike kringe as ‘geestelik’ beskou word.) |
My definisie van Wokeness is egter, ‘passing the buck’ -- om die fout vir jou probleem by iemand anders te soek. Wokeness is niks anders nie as ‘n manifestasie van die karakter van sonde wat so treffend vir ons in Genesis 3 beskryf word. In Gen 3:11-13 lees ons: “En (God) sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? En die mens antwoord: Die vrou wat U
gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet. Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.” (Beklemtoning my eie.) Die geheim en krag van die Evangelie lê juis in hierdie waarheid opgesluit: my probleem is nie die gevolg van iemand anders se sonde nie – dit is die gevolg van my eie sonde! Dit is hoekom ware bekering so ‘n moeilike saak vir die mens is – omdat ons van
nature nie ons eie sonde raaksien nie, maar die skuld vir ons probleem op iemand anders projekteer. Van nature is ons almal Fariseērs! Die oplossing vir Fariseërisme is nie Wokeness nie, maar bekering. Wanneer ‘n mens die volgende ontdekking maak, vind ware bekering plaas: “It is not my brother – it is me, oh Lord, standing in the need of grace!” |
Hierdie bediening is afhanklik van die vrywillige finansiële ondersteuning van kinders van die Here wat ons visie deel. Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën! Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder
vind. |
Opregte Jesus-liefde Elmer Grobler |
|
|