Waarom haat God egskeiding ...?
Ons lees in Mal 2:16: “Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, ...” Egskeiding is ’n resultaat van die sondeval en daarom deel van die vloek
van sonde. God haat alle sonde, maar waarom sou die Here egskeiding uitsonder in hierdie stelling? ... Waarom haat God egskeiding met so ‘n passie? Omdat die huwelik ‘n beeld is van die Christen se verhouding met Jesus Christus.
Die verbond — die boodskap van die Christenhuwelik
Die dag toe jy gered is, toe jy tot bekering gekom het, toe jy jou hart vir die Here Jesus gegee het, het jy ‘n verbond met God gesluit om aan Hom getrou te
wees tot die dood toe! ... As jy nie toe so ‘n verbond met God gesluit het nie, moet jy dit so gou as moontlik doen, want daarsonder sal jy nooit die vervulling met die Heilige Gees smaak en die volle liefde van God in ‘n intieme verhouding met Hom beleef nie! Lees gerus: The Secret Of The
Covenant.
Dit is presies dieselfde toe jy en jou huweliksmaat getroud is. As jou belofte aan hom of haar om getrou te bly tot die dood toe, nie eg was nie, sal jy ook
nie die vervulling van jou man of vrou smaak en die volle liefde van hom of haar in ‘n intieme verhouding beleef nie — omdat daar wantroue tussen julle sal bestaan....
Konflik en seer in die huwelik
Konflik in die huwelik is onvermydelik en elke huwelik beleef dit. ... Onopgeloste konflik het seer tot gevolg, en onopgeloste seer lei tot bitterheid.
...
In die vallei van gebrokenheid
Daar mag ‘n situasie in jou huwelik ontstaan waar dit vir jou voel jy kan nie meer so voortgaan nie — jy het by die end van jouself gekom — jou huwelik is by
‘n doodloopstraat. ...
Bevryding van die vloek van egskeiding
Is daar bevryding van die vloek van egskeiding? Verseker! Daar is egter slegs EEN oplossing ...
Die wonder van versoening
Net soos Goddelike liefde uitgestort word in die hart van 'n sondaarmens wat met God versoen word deur die Verbond van geloof in Jesus Christus -- net so word
Goddelike liefde uitgestort in die hart van 'n versoende kind van God vir sy of haar huweliksmaat deur 'n terugkeer na die huweliksverbond.
Die geheim van versoening is die Evangelie — die wonder van die Evangelie is versoening -- en die geheim van die Evangelie is die Verbond!
...
Lees gerus die volledige artikel by hierdie skakel – en deel dit met iemand anders – dit is absoluut relevant vir elke huwelik en skets die Evangelie van Jesus Christus klokhelder.