Hoe sal ons weet wanneer Jesus se Groot Opdrag voltooi is?
Op die oppervlakte wil dit voorkom of Jesus met die Groot Opdrag bedoel het dat alle mense tot bekering moet kom - dat die hele wêreld gered moet word. Daar staan immers in 1 Tim 2:3,4: “Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat
wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” Joh 3:16 sê dan ook uitdruklik: “Want so lief het God die (hele) wêreld gehad ...”
Toe ek bogemelde artikel geskryf het, was my gevolgtrekking soos volg: "Dus, hoe sal ons weet wanneer Jesus se Groot Opdrag voltooi is? Wanneer daar ‘n Evangeliese getuienis - ‘n gemeente, en minstens ‘n deel van die Bybel (of in druk, of in audio)
- in elke volk, taal, stam, en nasie bestaan." Ek het egter sedertdien my definisie van die voltooiïng van die Groot Opdrag soos volg aangepas:
Die Groot Opdrag sal voltooi wees wanneer die Bruid van Christus verteenwoordigend is van elke volk, stam en taal; en elke mens op aarde toegang tot die Evangelie van Jesus
Christus kan verkry in 'n verstaanbare taal en medium as hy of sy wil.
In Rom 1:18,19 lees ons: "Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid
onderdruk, omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar." (Beklemtoning my eie.) Geen mens sal dus ooit 'n verskoning hê dat hy of sy nie geweet het nie. God laat Hom vind deur
elke mens wat na Hom soek. Nogtans het Jesus Christus aan die Kerk opdrag gegee om die Evangelie aan elke nasie, volk en stam uit te dra. (Mat 24:14 hierbo.)
Wanneer sal Jesus se Groot Opdrag voltooi wees?
Uit die aard van die saak kan niemand hierdie vraag presies beantwoord nie, maar dit verhoed ons nie om 'n doelwit te stel nie. 'n Belangrike doelwit is dus om die Bybel of minstens 'n gedeelte daarvan te vertaal in 'n taal wat elke mens op aarde
kan verstaan. Hierdie doelwit word tans nagestreef deur 'n groep Bybelvertalers deur 'n projek genaamd "I Want To Know". Die volgende is 'n aanhaling vanuit die onderstaande webblad:
Ten of the world’s leading Bible translation agencies recently launched the “I Want to Know” campaign, which aims to “make God’s Word accessible to all people by 2033”.