Projek KuberWêreld het oor die afgelope ongeveer twaalf jaar, miljoene mense in die mins-geëvangeliseerde wêreld bereik met die Evangelie
van Jesus Christus deur middel van die internet en digitale media. Gedurende 2020 en 2021 alleen, het ons 7,31 miljoen mense bereik deur ons Facebook advertensies. Gedurende die middel van 2021 het Facebook egter ons advertensierekening gesluit -- waarskynlik as gevolg van volgehoue weerstand vanuit Moslem, Boedistiese en Hindoe lande oor die afgelope jare.
Projek KuberWêreld en sy susterprojekte bestaan uit minstens sewe webblaaie wat oor 'n verskeidenheid bronne beskik wat alles gaan oor die uitdra van die Evangelie van Jesus Christus na die wêreld en die maak van dissipels. Hierdie kosbare evangelisasie- en dissipelskapbronne is van onskatbare waarde vir enige sendingbediening. Ek wil graag hierdie bronne oorgee aan ‘n bediening wat dit vrugbaar kan gebruik in diens van die
Evangelie.