Terwyl Projek KuberWêreld nie
tans kan adverteer nie weens gebrek aan ondersteuning, gebruik die Here ander bedieninge om die Evangelie die wêreld in te dra. Global Media Outreach se bediening is baie dieselfde as die van Projek KuberWêreld. Hulle is net baie groter en geniet die ondersteuning van baie Amerikaanse kerke, Christene en finansiële bronne. Loof en prys die Here vir hierdie bediening!
Sedert 2004 was daar reeds meer as 2 biljoen besoeke op hulle Evangeliese webblaaie en sedert 24 Februarie 2022 toe Rusland die Oekraïne
binnegeval het tot en met 7 Maart 2022 ('n tydsbestek van 12 dae), was daar 12,819 mense wat aangedui het dat hulle Jesus Christus as Verlosser aangeneem het in die Oekraïne alleen. Deur die leiding van die Heilige Gees en die ondersteuning van die Kerk was GMO op die regte tyd op die regte plek (op die internet)!