|
Bereik die Wêreld met die Evangelie deur die Internet
November/Desember 2021 Nuusbrief
|
Wees gegroet in die aloorwinnende Naam van Jesus Christus
|
'n Versameling van webtuistes gelaai met boodskappe, artikels en bronne -- met 'n geskiedenis van, en potensiaal om Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die
uiteindes van die aarde met die Evangelie van Jesus Christus te bereik. (Han 1:8)
|
Ek het gedurende November 'n besoek afgelê by sendingvennote en groot was my verbasing toe hulle my vertel dat hulle op my boek, When Revival Tarries, wat ek
in 2012 op die internet gepubliseer het, afgekom het deur Google. Ek het nie eers onthou dat die boek nog op die internet beskikbaar was nie. Dit het daartoe gelei dat ek die boek self weer begin lees het en hierdie paragrafie in die inleiding het my getref:
"The turning point in my ministry came on the 29th September 2010, when I led my first convert to Jesus Christ on the
internet — a man from India — through a program I had created on the internet.
Over the first one and a half years since then and at the time of writing, I have led 266 people to Jesus Christ with
this particular program over the internet, with a further 262 seeking souls having placed their names on my prayer list ..."
Elf jaar later is daar weer 'n keerpunt.
Projek KuberWêreld soek 'n vennoot
In vorige nuusbriewe het ons berig dat Projek
KuberWêreld gedurende 2020, 3.54 miljoen mense met die Evangelie bereik het en gedurende die eerste vier maande van 2021, 3.77 miljoen, waarna Facebook ons advertensierekening gesluit het -- waarskynlik as gevolg van weerstand vanuit Moslem, Boedistiese en Hindoe lande.
Terwyl ek steeds daarvan oortuig is dat die pad vorentoe in vennootskap(pe) te vind is, word ek al hoe meer bewus daarvan dat die tyd min raak om
die stokkie oor te gee. Wanneer ek tot sterwe kom (wat enige tyd kan wees) sal al hierdie kosbare bronne en jare se werk op die internet onherroeplik verlore wees, tensy daar iemand of ‘n bediening te voorskyn tree om dit oor te neem.
Met bogenoemde as agtergrond wil ek graag in hierdie nuusbrief ‘n oorsig gee van my groter bediening, Scripture Educational Programs, waarvan
Projek KuberWêreld ‘n belangrike deel uitmaak. Hiermee wil ek u dan graag oproep om saam met my te bid vir ‘n vennootskap wat hierdie bediening sal kan oorneem wanneer die Here se tyd daar is.
Scripture Educational Programs bestaan uit minstens sewe webblaaie wat oor 'n verskeidenheid bronne beskik wat alles gaan oor die uitdra van die
Evangelie van Jesus Christus na die wêreld en die maak van dissipels. Hierdie kosbare evangelisasie- en dissipelskapbronne is van onskatbare waarde vir enige sendingbediening. Ek wil graag hierdie bronne oorgee aan ‘n bediening wat dit vrugbaar kan gebruik in diens van die Evangelie. Bid asseblief saam met my dat die Here iemand of ‘n bediening sal opwek om hierdie internetbronne oor te neem sodat dit behoue kan bly, en gebruik kan word vir die uitdra van die Evangelie totdat Jesus Christus weer
kom.
|
Die Scripture Educational Programs webblad bevat al die Engelse bronne en skakels na Engelse bronne wat Projek KuberWêreld gebruik om uit te reik na die wêreld.
Op die Bronnebladsy word ook al die skakels aangedui na die Help Me Find God webblad, wat ons hoof
uitreikblad is na die ongeëvangeliseerde wêreld.
Wanneer jy die skakel op die skermgrepe hierbo en en hiernaas volg, neem dit jou na die SEPrograms
Ministry oorsigbladsy toe, wat 'n kort beskrywing gee van elke bladsy op die webblad. Hiernaas is 'n skermgreep van die oorsigbladsy.
| |
Die Help Me Find God webblad is ons hoof uitreikblad na die ongeëvangeli-seerde wêreld. Hierdie webblad bevat die uitreikboodskappe sowel as die aas- en landingsbladsye wat gebruik word om die Evangelie van Jesus Christus uit te dra na die ongeëvangeliseerde wêreld. Volg die skakel na die oorsigblad.
| |
|
Die Projek KuberWêreld webblad is 'n uitreik-instrument in die hand van Afrikaanse Christene om die Evangelie uit te dra vanaf jou plaaslike omgewing tot aan die eindes van die aarde. Die webblad bevat al die instrumente en bronne wat jy nodig het om 'n wêreld-sendeling te wees. Volg die skakel na die tuisblad.
|
|
Die Leef In Oorwinning webblad bevat Afrikaanse boodskappe, artikels en skakels na bronne om die Evangelie na Afrikaansprekendes uit te dra en dissipels te maak. Die tuisblad bevat die inhoudsopgawe sodat dit maklik is om na 'n boodskap of artikel te soek wat gepas is vir die teikenveld. Volg die skakel na die
tuisblad.
|
|
Die Operasie Een Ding webblad is 'n mobiliseringsprojek om Christene en gemeentes te mobilseer vir wêreldsending en in die besonder die uitdra van die Evangelie na die onbereikte wêreld. Hierdie projek is nog dormant en wag vir die regte vennoot om te kan loods. Volg die skakel na die tuisblad.
|
|
Jaag Na Die Doel is 'n joernaalblad wat artikels bevat met die hoofdoel om 'n visie vir die Evangelie, Jesus Christus se Groot Opdrag en die bereiking van die onbereikte wêreld aan Christene en die Kerk oor te dra. Volg die skakel na die tuisblad.
|
|
Die Vind Jou Doel webblad
is 'n dissipelskapprogram wat uit drie dele bestaan met die volgende onderwerp: Hoe om jou ware doel en roeping in die lewe te vind. Volg die skakel na die tuisblad.
|
'Fearing Christ's return as a Christian'
‘n Artikel in The Chirstian Post, Fearing Christ’s return as a Christian deur Robin Schumacher, het my oog
gevang die afgelope maand. Hierdie artikel beskryf meesterlik die konflik in die kind van God se hart wanneer ons verlang na Jesus Christus se wederkoms. Hier is enkele paragrafies uit die artikel:
Scripture testifies to the fact that, as believers, we
should be “looking for the blessed hope and the appearing of the glory of our great God and Savior, Christ Jesus” (Titus 2:13) and “awaiting eagerly the revelation of our Lord Jesus Christ” (1 Cor. 1:7).
The Bible’s words on this subject send a strong shiver down my spine. The reason is, if you’re like me, you know people who the puritan Matthew
Mead calls “The Almost Christian.” They count themselves as believers when in reality their house is built on the sand (Matt. 7:26-27).
They think that because of who they are (like Israel) or what they’ve supposedly done (works salvation) they will be welcomed by God into His
kingdom. But in a horrifying turn of events, their house of cards will collapse, and “destruction will come upon them suddenly like labor pains upon a woman with child, and they will not escape” (2 Thess. 5:3).
Today, as always, there are two types of people in the world: those with their judgment behind them and
those with their judgment ahead of them. While I still hope for Christ’s return each day, I also have great fear for those who don’t know Jesus but think they do.
Die Projek KuberWêreld webblad is ontwerp om die "think they do"
Christene met die ware Evangelie te bereik -- en dit is tot jou beskikking!
Ek vra om verskoning vir gebroke
skakels
Ek vra om verskoning vir die gebroke skakels in die artikel, 'Wanneer God nie antwoord nie', in die vorige nuusbrief. Gebroke skakels is onder andere die gevolg wanneer Facebook ons webblaaie blokkeer. Dan moet ek die webblaaie onder 'n nuwe adres publiseer wat tot gevolg het dat al die skakels in artkels en ander webblaaie wat na die oorspronklike webblad verwys, gebreek word. Dit is
'n nagmerrie om al hierdie skakels op te spoor en te verander, en gebroke skakels is onvermydelik. Ek sal dit waardeer as u my sal in kennis stel wanneer u op 'n gebroke skakel afkom.
|
Baie dankie!
Hierdie bediening is afhanklik van die vrywillige finansiële ondersteuning van gemeentes en kinders van die Here wat ons visie deel. Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier vir Projek KuberWêreld help om die Evangelie uit te dra na al die nasies. Baie dankie aan elke medewerker wat betrokke is in gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning, digitale uitreiking of mobilisering. Mag die Here u ryklik seën!
Indien u of u gemeente ‘n bydrae wil maak, kan u die skakel na ons bankbesonderhede hieronder vind.
|
|
|